Maimane moet ook verduidelik watter afslag hy op die huur daarvan ontvang.
Alles deur die skrywer Jan-Jan Joubert
DA dien klagtes in teen Gupta-maatskappye
Die maatskappye het deur die bank voordelige handelsposisies bekom deur voor te gee hulle is klein maatskappye met ’n groot mate van swart Suid-Afrikaanse aandeelhouding.
Woluitvoere na China herstel
Woluitvoere na die belangrike Chinese uitvoermark is herstel nadat die regering ingegryp het.
Speaker in die pekel oor spioene se oorsig
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, kan eersdaags in die hof in ‘n beskuldigdebank staan weens die parlement se versuim om ‘n oorsigkomitee oor die land se spioene en intelligensiedienste daar te stel.
Parlement nader aan reëls om OB mee te verwyder
Die parlement behoort teen aanstaande maand nuwe reëls in plek te hê om leiers van artikel 9-instellings wat nie die mas opkom nie, mee te verwyder, nadat goeie vordering met die opstel van sulke reëls vanoggend in die parlementêre reëlskomitee gemaak is.
Mboweni erken probleme in munisipaliteite
Die minister van finansies, Tito Mboweni, het toegegee dat die nasionale tesourie verskeie probleme ondervind om munisipaliteite te help om hul finansiële bestuursprobleme op te los, ten spyte van die gebruik van peperduur tegniese adviseurs.
Spesiale kabinetsvergadering takel ekonomiese groeiplan
Mboweni se idees steun sterk op die markekonomie en het reeds kritiek uit die geledere van Cosatu, die EFF en die populistiese groepering van die ANC ontlok.
Parlement hoor van aanslag op Afrikaans
Sy het gesê Afrikaans se spore loop diep in die land, maar dat die ANC-regering se optrede die taal onder druk plaas.
Drempel van R100 000 vir politieke skenkings wink
Die wetsontwerp staan in die omgang as die Paia-wetsontwerp bekend.
DA verloor twee wyke in tussenverkiesings
Die Demokratiese Alliansie het vandeesweek nog twee wyke in tussenverkiesings afgestaan.
Meer as R1 miljard vir bevegting van geweld teen vroue bewillig
Die regering het ‘n bykomende sowat R1,1 miljard bewillig vir die bekamping van geslagsgeweld, het pres. Cyril Ramaphosa in die parlement aangekondig.
Fisieke konfrontasie ontsier parlementêre debat
Toe Malema deur die DA-banke stap, het ʼn woordewisseling tussen hom en die Oos-Randse DA-LP Ghaleb Cachalia ontstaan, waarop Malema gesê het Cachalia moet “voertsek”.
Regering verwerp besware teen seksonderrig op skool
Reginah Mhlauli meen die bohaai oor die beweerde “omvattende seksonderrig” is ʼn mediamaaksel en berus grootliks op vergissings, verkeerde inligting en oningeligtheid.
Regering vorder met oordra van eiendomsreg
Die regering maak betekenisvolle vordering met die oordrag van private eienaarskap deur titelaktes aan mense wat op staatsgrond of in staatsbehuising woon.
Pypleiding en rioolwerke vir Bloemhof, Schweizer vorder
Daar was goeie nuus in die parlement gister vir inwoners van Bloemhof, Schweizer-Reneke en omgewing in Noordwes.
Lugbesoedeling: Waar in SA kan jy sien wat jy inasem?
Die departement van omgewingsake het vanoggend in die parlement ʼn voorlegging gedoen oor die stand van lugbesoedeling in Suid-Afrika, en die drie gebiede met die vuilste lug in die land uitgewys.
Skoonmaak van Vaalrivier vorder stadig maar seker
Ter sprake is die herstel en instandhouding van 44 pompstasies en die drie groot rioolwerke by Leeuwkuil, Rietspruit en Sebokeng. Sisulu het reguit gesê die krisis het ontstaan omdat die Emfuleni-stadsraad sy plig versuim het om voorkomende instandhouding te doen.
Slegte nuus vir Noordwes-dorpe uit hofbevinding
‘n Hofuitspraak in die Noordwes-hooggeregshof in Mahikeng beteken potensieel slegte nuus vir agt munisipaliteite in Noordwes wat tans onder administrasie geplaas is.
Misdaadsyfer nie rooskleurig, erken minister
Die misdaadsyfer in Suid-Afrika is nie rooskleurig nie, het ʼn teleurgestelde genl. Bheki Cele, minister van polisie, vanoggend in die parlement erken.
Grondonteiening: Só lyk die pad vorentoe
Die parlementêre ad hoc-komitee wat artikel 25 van die Grondwet moet wysig om onteiening van grond sonder vergoeding te vergemaklik, het gister vir die eerste keer sedert Mei se verkiesing vergader en ʼn pad vorentoe asook ʼn werkwyse uitgestippel.