Verskeie DA-LP’s het op voorwaarde van vertroulikheid aan Maroela Media gesê hulle staan op die punt om te bedank; dis net ʼn kwessie van tydsberekening.
Alles deur die skrywer Jan-Jan Joubert
Opvolger vir Maimane: Só lyk die opsies
Die besluit van sowel Mmusi Maimane as Athol Trollip om op dieselfde dag onderskeidelik as leier en nasionale voorsitter van die DA te bedank, het die party in die volgende van sy huidige reeks onophoudelike krisisse gedompel.
DA-aankondiging onbepaald uitgestel
Die DA het die openbare aankondiging wat na verwagting Mmusi Maimane se bedanking as DA-leier openbaar sal maak, onbepaald uitgestel terwyl die vergadering daarvoor by die DA-kantoor in die Johannesburgse voorstad Bruma voortsloer.
Gaan Mmusi Maimane vandag bedank?
Mense wat sedert Sondag met Maimane gepraat het, het sy bui as “mismoedig” bestempel.
Wetswysigings wil proses van pleegsorg vergemaklik
Die regering is op die punt om ʼn wysigingswetsontwerp op kinders by die parlement in te dien wat groot veranderings aan pleegsorg in Suid-Afrika sal behels.
EFF oorweeg toekomsrol in koalisies
Na verstaan word, is daar tans geen aptyt hoegenaamd binne die EFF-leierskap om met die ANC saam te werk nie.
Mashaba-bedanking toon DA-verknorsing
Zille se oorwinning was ten spyte van Maimane en agt van die nege provinsiale leiers se openbare steun aan Trollip.
Resensie: DEURnis – ʼn Ervaring vir die fynproewer
DEURnis is grootliks ʼn teaterervaring vir die fynproewer wat nie eng dink nie, maar oop is vir nuwe avontuur.
Dís hoe SA voortaan energie sal opwek
Net meer as die helfte van die land se elektrisiteit sal voortaan deur steenkool opgewek word. Wind- en hirdo-elektrisiteit sal nagenoeg ʼn kwart van Suid-Afrika se krag verskaf.
Wet oor grondonteiening teen Maart gefinaliseer
Die nuwe parlementêre ad hoc-komitee oor die verandering van art. 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, het Vrydagoggend vergader om die tydraamwerk vir die proses daar te stel.
DA se hoofamptenaar bedank
Hy het bedank kort voor ʼn verslag oor die toekoms van die party, waarin die afskaffing van sy pos na berig word blykbaar aanbeveel is, voor die DA se federale raad moes dien.
Parlement se top-amptenaar ná betaalde skorsing afgedank
Mgidlana, sekretaris van die parlement, het om al die verkeerde redes geskiedenis gemaak.
Parlement roskam kabinet oor wetgewing
Die regering se gesloer om te voldoen aan bevele van die Konstitusionele Hof rakende die wysiging van wetgewing het die parlement nou genoop om in te gryp en letterlik die reg in eie hande te neem.
Landboukomitee maan teen te min entstof
Die parlementêre portefeuljekomitee oor landbou het die departement van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming vandag gewaarsku dat meer entstof teen dieresiektes, en spesifiek perdesiekte, verskaf moet word in belang van Suid-Afrika se landbousektor.
Verkiesing moontlik in Schweizer-Reneke
Inwoners van die Mamusa-munisipaliteit in Noordwes, wat Schweizer-Reneke, Amalia en Glaudina insluit, gaan moontlik eersdaags na die stembus nadat die LUR vir samewerkende regering in Noordwes, Gordan Kegakilwe, gevra het dat die huidige raad ontbind moet word.
Staatskoerant sal duidelikheid bring vir verpleegstudente – minister
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het onderneem dat duidelikheid oor die lot van voornemende verpleegstudente teen vandag in ʼn kennisgewing in die staatskoerant verskaf sal word.
SAUK se posisie verbeter, hoor parlement
Die SAUK se geldbestuur het dermate verbeter dat hulle van ʼn vrywaringsoudit na ʼn gekwalifiseerde oudit kon vorder.
NVG vorder stadig maar seker met Gupta-vervolgings
Daar is stadige maar besliste vordering met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se optrede teen staatskapers, het die nasionale direkteur van openbare vervolging, adv. Shamila Batohi, Dinsdag in die parlement gesê.
Verpleegstersopleiding in gedrang weens minister se gesloer
Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, sal Woensdagoggend in ‘n leeukuil instap wanneer hy die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid sal toespreek en vrae beantwoord rakende die opleiding van verpleegsters.
DA – Nóg ʼn mosie van wantroue aan vooraand van verkiesing
Aan die vooraand van ʼn potensieel verdelende interne verkiesing vir die DA is ʼn interne mosie van wantroue in ʼn leiersfiguur van die party net-net afgeweer deurdat dit verbied is. Dit terwyl ʼn paneel wat die DA se toekomsopsies moet ondersoek, aanbeveel het dat partyleier Mmusi Maimane bedank.