Die nuutaangestelde minister van elektrisiteit beplan onder meer om elkeen van Eskom se kragstasies te besoek om hul prestasie na te gaan.
Alles deur die skrywer Tania Heyns
Vrees vir pasiënte se lewe midde staking
By ’n Bloemfonteinse hospitaal spook ’n handjievol verpleegsters om kritieke pasiënte aan die lewe te hou terwyl stakers voortgaan om te intimideer.
Ingekrimpde BBP ‘nie einde van die wêreld’
Die ekonomie het in die vierde kwartaal van 2022 tot laer as voorpandemievlakke getuimel. Minstens een ekonomoom sien egter lig in die tonnel.
Nuwe adjunkpresident vir SA; ander pos vir Dlamini-Zuma
Suid-Afrikaners het onder meer ’n nuwe minister van sport, toerisme, vervoer én samewerkende regering en tradisionele sake.
R120 m om hospitale 11 maande lank van krag te voorsien
Die Wes-Kaapse departement van gesondheid het in die eerste 47 dae van 2023 meer aan brandstof vir kragopwekkers bestee as in April, Mei én Junie verlede jaar.
Polisie glo traag om op betogings te reageer
Die VF Plus in Noordwes sê dié provinsie se polisie was nié voorbereid op Maandag se beplande staking van die vakbond Nehawu nie.
Herstelwerk aan parlementskompleks op dreef
Die nuutaangestelde projekbestuurder wat oor die projek sal toesig hou, is Maandag bekendgestel.
Jy kan nie eis as ál die ligte afgaan
Verskeie groot versekeringsmaatskappye het reeds aangedui dat hulle geen versekeringseise in die geval van ’n algehele ineenstorting van die nasionale kragnetwerk sal aanvaar nie.
Ses kinders tussen slagoffers in gru-ongeluk
Een van die taxi’s het skoolkinders vervoer toe die ongeluk vanoggend in die omgewing van Motetema plaasgevind het.
15 sterf in Limpopo-ongeluk
Verskeie beseerdes was teen laatoggend nog in die wrak van die taxi vasgekeer.
Jong Affie hol ses rekords los
Die 14-jarige Emil Els is soos ʼn pyl uit ʼn boog en laat die een rekord ná die ander op die atletiekveld spat.
Nie nodig vir slapelose nagte oor gryslys
Kenners meen wel dit is kommerwekkend dat die Suid-Afrikaanse regering skynbaar min gedoen het om te verhoed dat Suid-Afrika op die gewraakte internasionale gryslys beland.
Ramaphosa kry bloedneus in hoogste hof
“Ramaphosa is nou grondwetlik en polities diep in die moeilikheid.”
‘Geen geld’ vir belastingverligting op sekerheidsuitgawes
“Indien ek my sin gehad het, het ek die geld gegee,” sê min. Enoch Godongwana.
Ramaphosa se woorde oor beurtkrag ‘verdraai’
Dís wat pres. Cyril Ramaphosa glo bedoel het toe hy gesê het die regering is nie grondwetlik verplig om Suid-Afrikaners van elektrisiteit te voorsien nie:
Bejaarde op kleinhoewe vermoor
Die man se vrou is Maandagaand in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal vervoer.
Afrikaans stééds nie inheemse taal
Afrikaans sal “mettertyd, waarskynlik in die eerste helfte van hierdie jaar,” as inheemse taal erken word, aldus die minister.
Ramaphosa nie té bekommerd oor gryslys
“Ons weet wat ons moet doen om van die gryslys af te kom,” paai pres. Cyril Ramaphosa.
Eskom koester ook e-motor-droom
Die sukkelende kragverskaffer droom daarvan om sy hele vloot teen 2040 met elektriese voertuie te vervang, maar ’n kenner meen die tydsberekening is swak.
Sigaret-smokkelary naby grenspos oopgevlek
Die sigarette is glo op die plaas versteek in afwagting om dit na verskillende bestemmings in die land te vervoer.