As buitestaander ontstel die kultuur van “vrye teuels”- en die “geen grense”-opvoeding van kinders in Amerika my geweldig. Die langtermynuitwerking daarvan is kommerwekkend, en wanneer jy faal, kan die Amerikaanse droom maklik in ʼn Amerikaans nagmerrie vir almal verander, skryf Rhoda Kadalie.
Hoe China ’n wêreldmag geword het
Daar is so baie wat Suid-Afrika van dié land kan leer sonder dat hy hom aan China verpand en uitverkoop, skryf Org Potgieter.
Podlitiek: Skisofrenie in die staat, IVP-leierskap en spraakvryheid
Die Podlitiek-span ontleed die skisofrenie in ons staat en kyk na die IVP se nuwe leier, asook spraakvryheid.
Verbanning in die naam van Mandela
Die land kan nie weer ’n sensuurraad bekostig nie, selfs nie al funksioneer sodanige raad nou onder die naam Nelson Mandela-stigting nie, skryf Kallie Kriel.
Soedan: hoop op uiteindelike demokrasie?
Die ooreenkoms is ’n sukses, maar die groot toets kom in by die nakom daarvan. Volgehoue druk en internasionale monitering sal nodig wees sodat die militêre leiers nie weer terugval in die vuilspel uit al-Basjir se tyd nie.
#JongStemme: Die Suid-Afrikaner
Want hier is die eerlike waarheid: Ek wil nie kies tussen ’n Afrikaner wees en ’n Suid-Afrikaner wees nie.
G7-beraad lewer geen resultaat
Terwyl die G7 juis ontstaan het uit die behoefte van groot, magtige lande om sekerheid te help skep, het vanjaar se G7-beraad eerder bygedra tot groter internasionale politieke onsekerheid.
Die vlag en Steve – verstandig of aspris?
Om ’n analogie te trek: Daar is geen enkele wet op aarde wat my verbied om vuil, al stinkende en in vodde geklee by ’n deftige dinee op te daag nie. Geen hof sal my skuldig bevind en my beboet of tronk toe stuur nie. Maar is dit verstándig?
Die NGV en die verhaal van twee hospitale
Hierdie hospitale – die een privaat en die ander ʼn staatshospitaal – is naby mekaar geleë, en tog kon my belewenis van albei nouliks meer uiteenlopend wees. As ek by Charles Dickens kan leen, dit was “ ’n verhaal van twee hospitale”.
‘Ons Oranje, blanje, blou’: Dit gaan oor vryheid
In die afgelope 25 jaar het ek ook nooit die ou Suid-Afrikaanse vlag vertoon nie. Ek het ook nie ʼn behoefte daaraan gehad nie. Ek en ander Afrikaners verstaan en erken die groter konteks van die land, wat insluit historiese pyn en vernedering vanuit ons eie geskiedenis. Die afgelope week het ek my egter gevang dat ek neurie: “Ons Oranje, Blanje, Blou.”
Kan regering keer dat SA oor fiskale afgrond stort?
SA het verlede maand nog ’n somber waarskuwing oor die haglike toestand van sy staatsbeheerde instellings ontvang, toe die nasionale tesourie aankondig Eskom benodig oor die volgende twee fiskale jare finansiële steun ter waarde van R59 miljard om te verseker dat die kragvoorsiener ’n lopende saak bly, skryf Jana van Deventer.
Ope brief: Jansen het gehelp om dié nuwe kultuur te skep
Die enigste manier om so ’n kultuur op universiteite te voorkom, is dat universiteitsbesture moet ophou dans na die pype van betogers en politici en moet begin om waardes van wedersydse erkenning en erkenning onder studente te bevorder.
Vir moedertaal en vaderland
Ons is geharde pioniers wat nog altyd in die aangesig van uitdagings letterlik berge kon versit. Dit is tyd dat ons dít weer onthou.
Totalitarisme bekruip jou soos Raka
Wat jou koue rillings moet gee, is dat so ʼn uitspraak gevier word deur sekere dele van Suid-Afrika, en dat daar nou ywerig aangedring word op nóg simbole wat verban moet word.
Ek salueer hulle
Ek was nooit in ʼn skermutseling met die vyand nie, maar daar was duisende wat wel was. En nou sorg niemand vir hulle nie. Ek salueer hulle en ek is nie bang om dit te sê nie!
Italië se populistekoalisie aan die einde van die pad
Of Salvini sy momentum buite die regering en sonder die pos as minister van binnelandse sake (wat hom soos ’n handskoen gepas het) sal behou, is ’n ope vraag.
Twee plus twee is nie vyf nie
Hierdie is ’n gevaarlike plek om te wees. Daar is nie ruimte vir individue nie – slegs onderdane wat die regering klakkeloos napraat. Hulle is selfs bereid om ons private lewens te infiltreer om te verseker dat niemand die narratief ondermyn nie.
Ou vlag verban: Dís waaroor dit eintlik gaan
Ons moenie naïef wees en blindelings aanvaar dat hierdie kwessie oor die een of ander regstegniese dispuut gaan nie. Dit is die uitvoer van ’n totalitêre, Afro-nasionalistiese, ideologiese stryd waarvan die doel is om teenstrydige menings te vernietig en ons almal tot die politieke idees van die regerende elite te konformeer.
Gerugte oor globale resessie voortydig
Dat ʼn volgende ekonomiese krisis of resessie heelwat lande oor die volgende paar maande kan tref, is so, maar daar is min rede om te glo dat ʼn groot, globale krisis soos in 2008 en 2009 weer op die horison is, skryf Jaco Kleynhans.
Nederlandse fabel is Suid-Afrikaanse riller
Deur ons vingers in die talle krake en barste te hou, wil ons Suid-Afrika veilig en suksesvol maak. Maar dan moet dit ʼn Suid-Afrika wees waar Afrikaners hul kundigheid kan aanwend tot voordeel van Suid-Afrika en nie as gevolg van regstellende aksie daarvan ontneem word nie.