“In dié onsekere tyd waarin ons leef – veral te midde van die Covid-19-pandemie en die inperking wat daarmee gepaard gaan – is dit belangrik om te weet dat ons die begin van lente en ’n nuwe begin met só ’n projek kan vier. Om vanjaar ’n boom te plant gee vir ons moed vir die toekoms.”
kykNET kondig dorp van die jaar vir 2020 aan
Dié Oos-Kaapse dorp se naam word nou by ’n gesogte lysie van wenners ingesluit.
Orgaanskenking is die geskenk wat lewens red
Augustusmaand is orgaanskenkingsbewustheidsmaand. Vir almal wat nie geskrik het vir hierdie lang woord met só ’n diep betekenis nie, vertel Tersia Smit (65) haar verhaal van oorlewing danksy ’n 16-jarige sterwende meisie se familie se besluit om haar organe vir siek mense te skenk. Sarie Marais-Nell berig.
Storie van hoop begin met net ’n bank en ’n bed
“Niks kon egter my geloof knak nie, want dit was al wat ek gehad het.”
Gratis e-boek wil jonges inspireer
“Die boek spreek tot die hart van tieners en studente. Die hoofkarakters se gedagtes gee ook ouers en onderwysers ʼn blik op die emosies waarmee jongmense worstel.”
Foto’s: Afrikaanse Taalmonument ’n wetenskapsfiksie-ster
In die foto’s verskyn die monument as “The Gate” in die tweede episode van die 12de seisoen van dié BBC-reeks.
Pta-skole maak harte oop met skenkings van blikkies, baadjies
“Dit was sommer skielik weer ʼn grys en koue oggend – jy voel dit sommer so aan jou lyf en vir matrieks is dit ʼn gedoente om met kaal voete skool toe te kom, maar hulle het die geleentheid aangegryp om tasbare hoop in ʼn vreemde jaar te skep.”
Dankbaarheid, die kers in jou donkerte
Die Wes-Kaapse tak van Helpende Hand het gedurende die inperkingstyd tussen 200 en 350 versoeke per maand vir kos ontvang.
Pot soek ʼn deksel: Kies nou die maat vir wie jy wil skryf
Is jy dalk een van dié persone se pasmaats? Loer na wie hulle op soek is, besluit op wie se boodskap jy graag wil reageer en laat weet ons dan vir wie ons jou brief moet stuur.
Ontslaan ná 40 dae op suurstof weens Covid-19
“As daar een ding is wat die lewe my geleer het, is dit dat God waarlik bestaan.”
Geslagsgeweld: ‘Met elke tree sê ek nee’
“Dit is hoekom ek stap; ek stap nie meer net vir myself nie, maar vir elke ander oorlewende wat ʼn platform nodig het om hulle seer te verwerk.”
Ouma en Oupa, ek mis julle!
Verlang jy ook na jou ouma en oupa? Stuur vir hulle ‘n pakkie!
Storiebus na Namakwaland – ʼn stokkie in die wiel sal ons nie keer!
Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons reeds ʼn nuwe datum het vir 2021 wanneer Maroela Media se Storiebus deur Namakwaland gaan ry. Ons loop ongelukkig 2020 se pragtige blommeseisoen mis, maar ons weet verseker: ons gaan volgende jaar weer die blommeland besoek nie en ons gaan almal sommer BAIE meer stories hê om te vertel!
‘Die Impak’: ’n kykie na Covid-19-pandemie deur ’n Christelike lens
Die mees onlangse aktualiteitsreeks, “Die Impak”, bied stories vanuit die staat van inperking, vertellings van hoop en die invloed van Covid-19 op Suid-Afrika. Die reeks plaas lig op dié donker onderwerp en toon aan hoe Covid-19 die breë Suid-Afrikaanse samelewing beïnvloed.
’n Prinsespop elk vir vier besonderse meisies
Toe Schlebusch die Sara-pop aan die meisie in Krauseville gegee het, het sy hoorbaar na haar asem gesnak. Nog ’n keer toe sy hoor dat haar pop se naam “prinses” beteken. Sy kon nie wag om Sara vir haar boetie te wys nie en haar ma het gesê die spesiale pop kan nou saans by haar slaap.
Kry jouself in rat vir die laaste skof van 2020
René Arendse, die motiveringsdiva, het met Maroela Media gesels oor wat om te maak om die laaste helfte van 2020 met avontuurlus en gemotiveerdheid aan te pak.
Sak en as is te duur vir ons
Ons is nou in Suid-Afrika in ’n spreekwoordelike storm. Nog nooit het so iets ons getref nie. Ons “skip” is besig om te breek en te sink. As ons almal deur die geloof, met die oog gevestig op Jesus Christus, begin doen wat ons hand vind om te doen, kan ons weer opstaan en aangaan.
Jong man begin karwas tydens inperking: ‘Nou is dit my toekoms’
Hy kon nie tydens die landwye inperking werk nie, so hy het vinnig aan ʼn nuwe plan gedink om geld te verdien, wat só suksesvol geword het dat hy dit nou heeltyds gaan aanpak.
Noodverligting op pad na Noord-Kaap
Kimberley, Griekwastad, Hopetown, Strydenburg, Britstown, Victoria-Wes, Loxton, Carnarvon en Williston gaan met hierdie uitreikprojek besoek word. Vroeër die jaar is Vaalharts, Warrenton, Christiana, Postmasburg, Douglas, Kuruman en Kathu reeds besoek.
Eerste ronde van eerste FAK Geskiedenisolimpiade beïndruk
Honderde leerders van oor die land het Dinsdag aanlyn aan die FAK se eerste Nasionale Afrikaanse Geskiedenisolimpiade deelgeneem.