Die meeste verantwoordelike kommentators sal bitter bly wees as die raskwessie die dag nie meer ‘n agendapunt sal wees nie – wanneer die norme van die volkereg neerslag sal vind en nie as dekmantel van rassisme verdink word nie.
Nuuskommentaar: Ras, kwotas en die blinde sambok
Dat die Suid-Afrikaanse regering uitsonderlik rasbehep is – tot so ‘n mate dat dit die grens van rassisme toets en selfs onkant speel – is lank nie meer ‘n geheim nie.
Nuuskommentaar: Groot oorwinning vir Transnet-pensioenarisse
Soms is daar tog fantastiese nuus. Die nuus gister dat die Noord-Gautengse hooggeregshof beslis het dat ‘n klasaksie teen Transnet en twee van sy pensioenfondse ingestel kan word, is so ‘n geval.
Nuuskommentaar: Plaasmoorde, vrot munisipaliteite en AfriForum se 100 000
Dit is trouens ‘n skrikwekkende gedagte waar die land kon gewees het as dit nie vir burgerlike instellings was nie, skryf Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Nesskop van Maroela Media
Al ooit gewonder hoe Maroela Media se nuuskommentaar saamgestel en verwerk word? Lees ook hoe die omgewing waarbinne Maroela funksioneer, binne drie jaar drasties verander het, waaronder ‘n deurlopende migrasie van nuusverbruikers na die kuberruim.
Nuuskommentaar: Nou moet gekyk word na stakings en reg om te werk
Hoewel die Wet op Arbeidsverhoudinge in sy titel aandui dat dit oor arbeidsverhoudinge gaan, word die fokus op arbeidsverhoudinge eers as sesde doelwit in die doelstellinge van die wet genoem.
Nuuskommentaar: Het Zuma afgetree?
Dit is maklik om tot die gevolgtrekking te kom dat ‘n voorspelling wat al ‘n paar jaar lank kom, dat die ANC moeg raak vir die verleentheidskeppende Zuma en hom tot ‘n seremoniële staatshoof wil reduseer, en dat Ramaphosa vir alle praktiese doeleindes ‘n uitvoerende eerste minister word, nou baie na aan bewaarheid is.
Nuuskommentaar: Links, regs, links regs… vir Afrikaans
Die Hoër Onderwys Transformasienetwerk (HETN) het die Puk-studente wat gister ‘n optog gehou het om aan te dring op hul grondwetlike reg vir onderrig in Afrikaans, “regs” genoem. Die vakbond Solidariteit het sy steun aan die studente toegesê, terwyl die HETN Solidariteit, AfriForum en die AWB ook as regs beskryf het.
Nuuskommentaar: EFF = Everything for Free
Julius Malema se Economic Freedom Fighters blink miskien nie uit met hul vlak van parlementêre deelname in die Suid-Afrikaanse politiek nie, maar hoe om die media-kalklig te steel; dit kan hulle goed doen.
Nuuskommentaar: Hang hulle!
Sowat 90% van die respondente in Maroela Media se jongste Klikbek-peiling meen die doodstraf is die antwoord op misdaad in Suid-Afrika. Dis nie ‘n verrassing nie, as in ag geneem word dat dit in die konteks gevra is van die dood van ‘n vierjarige wat kilometers ver buite ‘n gekaapte motor gesleep is. Ook op Facebook het die vraag enorme reaksie ontlok.
Nuuskommentaar: Transnet-pensioenarisse en plaasmoorde
Herman Toerien oorweeg die goeie nuus oor plaasmoorde en die slegte nuus oor die Transnet-pensioenarisse.
Nuuskommentaar: SA ‘n beter plek as die wêreld?
Die groot gevaar is om mense deurlopend kunsmatig buite konteks met mooi stories tot ‘n vlak van euforie te voer, maar die grootste uitdaging is natuurlik dat elkeen sy bydrae, hoe gering ook al, moet lewer om van Suid-Afrika ‘n beter plek te maak.
Nuuskommentaar: As daar oorlog is…
Die moontlikheid dat ‘n Maleisiese passasiersvliegtuig met byna 300 mense aan boord oor die separatiste-besette gebied in die Oekraïne naby die Russiese grens neergeskiet is, toon dat daar niks romanties aan geweld is nie. Onskuldiges byt dikwels die spit af.
Nuuskommentaar: My vriend is jou vyand
Herman Toerien neem internasionale betrekkinge onder die loep in die lig van die Israel/Hamas-situasie.
Nuuskommentaar: Zuma-kabinet skitter in sy afwesigheid
In verhouding met sy bevolking, is die Zuma-kabinet net so groot soos die ganse Amerikaanse Kongres, wat die senaat en Huis van Verteenwoordigers insluit. Dit is nog vroeg, maar dit lyk of hierdie kabinet eerder die wind vang omdat hulle nie die regte dinge doen nie, as om die land se talryke probleme op die regte manier aan te spreek.
Nuuskommentaar: Resep vir struggle-uitsaaiwese en kluitjies
Soos sake nou staan, weet die kliënt omtrent net dat hy met sy lisensiegeld ‘n verrassingspakkie aanskaf. Hy weet wat hy nié op TV gaan kry nie – byna geen regstreekse sport nie, bitter min Afrikaans, bitter min kykbare programme waarvan die grootste gros wat daar wel is, in elk geval eers na gewone mense se slaaptyd uitgesaai word.
Nuuskommentaar: Het “Innibos-Afrikaners” Botman doodgemaak?
“Is dit nie dalk ‘n baie wye sprong om Afrikaanssprekendes, wat graag hul grondwetlike regte sonder ‘n krieseltjie haatspraak of rassisme wil uitoefen, sommer verantwoordelik te hou vir prof. Russel Botman se dood nie?” vra Herman Toerien.
Nuuskommentaar: De Kock, Derby-Lewis en Die Stem
Daar is belangrike verskille, en daar is belangrike ooreenkomste. Onder die ooreenkomste is beide se versoeke vir vergifnis. Onder die verskille tel die tydsberekening van die dade, en die persepsies oor opdragte – en meer spesifiek, onwettige opdragte.
Nuuskommentaar: SA se Goebels-generaal?
Die permanente aanstelling van Hlaudi Motsoeneng as bedryfshoof van die SAUK is kommerwekkend. Dit eis opnuut groot waaksaamheid van alle rolspelers – politieke partye en burgerlike instellings, om wawyd wakker te loop om te voorkom dat die SAUK ‘n volwaardige ANC-verlengstuk word.
Nuuskommentaar: Die Stem en dooie varke – die gevaar van veralgemening
Die kuber-gifpenne, en hier en daar ook in ‘n koerant, is die afgelope week in oordaad ingespan.