Die Mpumalanga-polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle by te staan in hul ondersoek na ʼn voorval waar ʼn jong sakeman van Hazyview en sy gesin in hul huis aangeval en sy pa doodgeskiet is.
DA soek antwoorde oor Guptas se militêre voertuig
Die DA het gesê hulle sal van die minister in die presidensie, Jeff Radebe, verwag om die Guptas verantwoordbaar te hou.
Twee mans kritiek ná botsing teen perde, donkie
Twee mans van Krugersdorp is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hulle Sondag in die vroeë oggendure teen ʼn donkie en twee perde gebots het.
Die tonge klap (wéér) oor Trump en Melania
Die Amerikaanse presidentsegpaar, Donald en Melania Trump, is vandeesweek wéér in die sop.
Jhb-vrou dood, man kritiek ná motor in hul inploeg
Die egpaar was minute vroeër in ʼn klein botsing betrokke, en het daarom van die pad afgetrek en uit die motor geklim.
ANC-jeugliga ontwrig Ahmed Kathrada-gedenkdiens
Die ANC-jeugliga het Sondagaand erge ontwrigting by die gedenkdiens van die ANC-strydros, Ahmed Kathrada, in KwaZulu-Natal veroorsaak
Drie soek ná selfoonwinkel-rooftog
Een van die mans, wat ʼn sak by hom gedra het, het aan ʼn winkelassistent gevra om hom te help voor hy vir die assistent die versteekte wapen in die sak gewys en aangedring het op elektroniese toestelle in die winkel.
TV-ankervrou hoor man is dood wyl sy nuus lees
Die TV-ankervrou het vir tien minute ná die skokbesef wel die nuus voltooi voor sy in trane uitgebars het.
Pta-vrou (32) byna dood tydens maraton
Die Pretoriase vrou het in die middel van die maraton siek begin voel, op ʼn sypaadjie gaan sit en toe skielik inmekaargesak. ʼn Verpleegster wat in die omgewing was, het dadelik kardiopulmonêre resussitasie (KPR) begin toepas.
Leeu val 11-jarige aan; gesinslid stoei glo met dier
Die leeu het volgens gerugte in die huis ingekom en die 11-jarige seun aan sy nek gegryp. Een van die gesinslede het daarna glo die leeu van die seun afgestoei.
[Foto’s] Noue ontkoming toe nóg ʼn Ford Kuga vlam vat
Die motor is glo voorheen deur Ford ondersoek en as veilig geklassifiseer. Die man was net-net uit die motor toe hy aan die brand geslaan het.
Polisie vra hulp ná verdagtes uit tronk ontsnap
ʼn Grootskaalse polisiesoektog is Saterdag van stapel gestuur nadat vyf verhoorafwagtende verdagtes uit die Secunda-gevangenis ontsnap het.
[Video en foto’s] Calvinia juig oor reënval
“Jesus het ons gebede gehoor – ons dien ʼn gróót God. Ek prys hom vanaand!” Só het Burre Burger, ʼn inwoner van Vredendal, op Facebook…
Verkragter vas ná hy aan die slaap raak
ʼn 27-jarige man is Saterdag in hegtenis geneem vir die verkragting van ʼn 25-jarige vrou toe hy ná die verkragtingsmisdaad aan die slaap geraak het.
Gesin rasend ná pa vermis raak
“Die polisie en ondersoekspanne het sy spore en ʼn paar persoonlike items gevind, maar nog nie verdere leidrade nie. Ons is rasend van bekommernis – sy vrou en kinders ook. Ons bid dat hy net verdwaal het; bid is immers al wat ons kan doen.”
[Foto’s] Drie vas vir ses wilde diere in motor
Die Oos-Kaapse man het aan die K9-ondersoekeenheid gesê hy is laat vir werk en oorskry daarom die spoedgrens, maar ʼn ondersoek na stampgeluide in die kattebak het nagenoeg ses wilde diere opgelewer.
Wees versigtig as jy van OR Tambo reis, waarsku polisie
Die polisie in Gauteng het Saterdag lede van die publiek gewaarsku om ekstra waaksaam te wees wanneer hulle vanaf die Internasionale Lughawe OR Tambo in Kempton Park reis.
Vier op pad na begrafnis in ongeluk
Vier vroue, onder wie een bejaarde, is in ʼn ongeluk beseer toe die motor waarin hulle op pad was na ʼn begrafnis, in ʼn ongeluk betrokke was.
Motorfietsryer se been deurboor
ʼn Motorfietsryer se been is Saterdag deur stukke van sy motorfiets deurboor nadat hy in ʼn botsing betrokke was.
Polisie, gemeenskapsleiers in Limpopo ontmoet oor misdaad
Die polisie en gemeenskapsleiers in Limpopo het beraadslaag om saam misdaadsvoorkomingstegnieke te ontwikkel.