Steyn het die Suid-Afrikaanse rekord met ’n paar sekondes misgeloop.
SA’ner laat ’n wêreldrekord al drawwend spat
Rupert van Vuuren hardloop 384 marathons in ’n kalenderjaar om ’n Engelsman se rekord te verbeter; alles ten bate van liefdadigheid. En hy is nog nie klaar nie.
Oud-atletiekbaas (87) kry twee jaar tronkstraf
Volgens die hof het sy optrede die waardes van atletiek en die sport se stryd teen dwelmmisbruik ondermyn.
Simbine mik vir vier in ’n ry
Die Tuks-atleet is vanjaar nog onoorwonne by internasionale byeenkomste nadat hy ook gisteraand die 100 m-item in Switserland gewen het.
Tientalle oorsese universiteite vry na jong Pretoriase atletieksensasie
“God het soveel mense op die regte tyd en plek in my lewe gebring wat bygedra het tot die atleet wat ek vandag is.”
Atletiekster oorwin Covid-19-hekkie
“Ek was baie gelukkig dat ek nie van die ernstige Covid-19-simptome gehad het nie – ek het net ’n aanhoudende en knaende kopseer gehad.”
Tannie se Comrades-goud inspireer ’n marathon-ster
“Dit het my weliswaar ’n sterker persoon gemaak, tog het dit my elke keer sielkundig geknak as nóg ’n dokter of spesialis gesê dat hulle nie weet wat fout is nie.”
LJ van Zyl oor wêreldatletiek in die tyd van Covid-19
Die voormalige hekkieskampioen LJ van Zyl meen die afsonderingstydperk hou voor- én nadele vir atlete in.
SA’ner hardloop sy tweede volle Comrades op trapmeul
“Vanjaar se virtuele Comrades was beslis iets anders gewees. Dit is ’n splinternuwe konsep en ek glo dit is hier om te bly. Soveel mense sien nie kans om die ‘regte’ wedloop aan te durf nie, maar wil steeds graag deel wees van die aksie.”
Gerda Steyn se Comrades midde Covid-19
“Deesdae kan ek nie my hardloop-loopbaan sonder die Comrades indink nie. Dit is nie net ’n resies nie, dit is ’n lewenskeuse en dit verander jou lewe vir altyd.”
Gemasker en gereed vir aksie
Twee van Tukkies se verspringatlete, Jovan van Vuuren en Helene Peens, het die week in die strate van Pretoria-Oos geoefen. Maar om met ’n masker te oefen is ongetwyfeld ’n aanpassing.
SA hamergooi-koning praat oor roemryke loopbaan
“Ek het ’n persoonlike verhouding met die Here en dit is al wat vir my saak maak. My geloof is die belangrikste aspek van my lewe,” sê Chris Harmse wie se vertonings van hom nie net ’n legende in die hamergooi-sirkel maak nie, maar ook in geloofskringe.
Comrades volg virtuele roete; organiseerders skryf ope brief
“Ons is nie perfek nie, maar ons doen alles binne ons vermoë om die beste van ’n slegte situasie te maak. Ons werp alles in die stryd om ons geliefde wedloop vir die volgende 99 jaar suksesvol aan te bied.”
Video: Jong Amerikaanse atletieksensasie laat oë weer rek
En om 80 plastiekkoppies in perspektief te plaas: Dit is ’n sprong van 7,11 m wat hy met gemak regkry.
Geen Comrades-marathon vanjaar nie
Dit is die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog dat organiseerders genoop word om só ’n drastiese stap te neem.
Jy word nie maklik ’n Springbok in rugby én atletiek nie
Dis hoekom daar nog net drie Suid-Afrikaners was wat vir die Springbokke rugby gespeel het en ook die land op die atletiekbaan verteenwoordig het.
Man pak Ultra-Trail Drakensberg-wedloop tuis aan
As ultramarathon-atleet het hy al reg oor die wêreld naam gemaak. “Ek het gereeld gedurende die wedloop aan die ander drawwers gedink wat iets soortgelyks binnenshuis moet aanpak. Nou dít verg baie moed.”
SA marathon-legende draf 160 km in sy agterplaas
“Wat my die meeste van die uitdaging geboei het, is die sielkundige stryd; hoe klop ’n mens daardie vervelige eentonigheid? Maar dit was beslis een van die taaiste dinge wat ek nóg aangepak het.”
Comrades-marathon amptelik uitgestel
Volgens die Comrades-marathonvereniging moet die marathon egter voor ʼn sekere tyd plaasvind anders sal dit vir die eerste keer sedert die Twee Wêreldoorlog gekanselleer moet word.
Blikkies, maar hy kan hardloop!
Die blitsige Laeveldse samaritaan help minderbevoorregtes deur ’n skenking van een blikkie kos te vra vir elke tree wat hy tydens sy balkon-marathon gegee het. En hy het 49 902 treë gegee.