Die regsgeding volg nadat Trump se broerskind glo saam met die New York Times gewerk het om sy belastingrekords uit sy prokureur se kantoor te smokkel.
Alles vir die sleutelwoord "Amerika"
Pa dagvaar skool ná onnie kind se hare sny
Die pa het opgemerk dat daar ʼn hap uit die een kant van sy dogter se dik en welige hare gesny is.
Soektog na VSA-vrou wat padlangs verdwyn
Die vrou se familie het onraad vermoed toe haar verloofde alleen met die paartjie se kampeerwa terug huis toe is.
Beweerde 9/11-meesterbrein weer in hof
Die verhoor word ná twee jaar hervat, etlike dae voor die 20ste herdenking van die 9/11-terreuraanvalle.
Kitsvloede in die VSA eis reeds 44
Kleuters en bejaardes is onder diegene wat gesterf het nadat hulle in kelders vasgevang was.
New Orleans in donkerte ná orkaan
Orkaan Ida het Louisiana Sondag bereik en ʼn maksimum windsnelheid van 153 km/h opgelewer. Dit is dalk die sterkste orkaan nóg in dié gebied.
Vlieërbranderplankryer sterf ná hy huis tref
Die man het nie eens die water bereik nie omdat die wind te sterk was en hom in ʼn teenoorgestelde rigting geneem het.
Biden kry verslag oor oorsprong van Covid-19
Dele van die verslag kan in die komende paar dae al aan die publiek bekend gemaak word.
Afrigters aangekla ná leerder van hitte-uitputting sterf
Paramedici het die tiener twee keer probeer bybring, maar haar liggaam was glo so warm dat haar hart dadelik weer gaan staan het.
Man vermoor suster se verkragter in tronk
Die voorval het etlike ure nadat die twee in die Airway Heights- korrektiewe sentrum in Washington ontmoet het, plaasgevind.
Só ontvou gebeure tydens Pentagon-skietery
Die man het die oggend uit die bus op die busplatform by die Pentagon geklim en ’n polisiebeampte met ’n mes aangeval.
Polisieman doodgeskiet by Pentagon
Die betrokke beampte is per ambulans na die George Washington University-hospitaal geneem waar hy aan sy skietwonde beswyk het.
Pentagon gesluit ná skietvoorval
Die busplatform waar die skietery plaasgevind het, is ’n belangrike ingang van die Pentagon wat daagliks deur duisende personeellede gebruik word om die gebou binne te gaan en te verlaat.
Man vas wat glo gestremde vrou dae in bakkie los
Toe die vrou eindelik hospitaal toe geneem is, kon verpleegpersoneel haar nie uit die voertuig kry nie omdat haar vel aan die sitplek vasgekleef het.
Ma verdrink kinders om hulle te ‘beskerm’
Die kinders se pa beweer die ma was sielkundig onstabiel en hy het vroeër in die hof gesê dat sy ʼn gevaar vir die kinders inhou.
Amerika se grenskrisis ‘n onstuitbare tsoenami
Soos ‘n onstuitbare tsoenami het mensemassas uit Sentraal-Amerika ingestroom in reaksie op Biden se beloftes van oneindige gunste en gawes, wetende dat Amerika oop is vir sake, skryf Rhoda Kadalie vanuit die VSA.
Oudpolisieman skuldig bevind aan moord op George Floyd
Die jurie het ná sowat 11 uur lange beraadslaging die 45-jarige Chauvin skuldig bevind aan al drie aanklagte teen hom.
Trump se nalatenskap moet anderkant sy persoon gesoek word
Trump se nalatenskap gaan oor die volgende paar jaar deur twee dinge beïnvloed word.
Biden: Hart en siel vir eenheid in die VSA
“Vandag is ʼn geskiedkundige dag gevul met hoop. ʼn Dag van demokrasie.”
Biden benoem sy kandidaat vir prokureur-generaal
Regter Merrick Garland is vyf jaar gelede ʼn setel in die hooggeregshof deur die Republikeine geweier.