Die kommissie sal uiteindelik sy verslag moet saamstel sonder die inset van oudpres. Jacob Zuma – maar die adjunkhoofregter sê genoeg getuienis is aangehoor om dit te doen.
Alles vir die sleutelwoord "Jacob Zuma"
Zuma in ‘goeie bui, soos altyd’
Die oudpresident se seun Edward het intussen gesê hy is bereid om te sterf om te verhoed dat sy pa tronkstraf uitdien.
Zondo-kommissie: Zuma-uitspraak stuur belangrike boodskap
Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping is vol lof vir die Konstitusionele Hof wat oudpres. Jacob Zuma 15 maande tronkstraf opgelê het vir minagting van ʼn bevel om voor die kommissie te verskyn.
Tronkstraf vir Zuma: ANC ‘bestudeer’ uitspraak
Partye het uiteenlopend gereageer op die Konstitusionele Hof se uitspraak.
Zuma: Dis land uit of tronk toe
Die uitspraak kan wel dinge vir pres. Cyril Ramaphosa warm maak, sou Zuma nie vir sy tronkstraf aanmeld nie.
Hoogste hof lê Zuma 15 maande tronkstraf op vir minagting
Die Konstitusionele Hof is Suid-Afrika se hoogste hof – daar is dus geen hoër gesag op wie die oudpresident hom nou kan beroep nie.
Zuma hoor vandeesweek lot in hoogste hof
Zuma moes in Februarie vanjaar ingevolge ʼn bevel voor die kommissie getuig het, maar het nooit opgedaag nie.
Nóg ʼn vet regsrekening vir Zuma
Die oudpresident moet nou self opdok vir die regskoste van sowat R10 miljoen.
‘Onskuldig’ – Zuma pleit op aanklagte teen hom
Regter Piet Koen het Zuma vandag gevra om self te antwoord op hoe hy op die aanklagte pleit, “gegewe die belangrikheid” van waarmee hier te doen is.
Verskeie hoës by Zuma-verhoor
Oor die afgelope 20 jaar is die saak al tallose kere uitgestel terwyl Zuma ʼn string aansoeke ingedien het om die aanklagte teen hom te laat vaar.
Zuma is regspan kwyt
Dít kort voor Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales se verhoor eindelik volgende maand sou begin.
Zuma: ‘Ek is ʼn gevangene van die Konstitusionele Hof’
Die oudpresident herhaal weereens dat hy gereed is om tronk toe te gaan, maar maak uiteindelik geen aanbeveling oor ʼn gepaste straf soos wat hoofregter Mogoeng Mogoeng versoek het nie.
Zuma moet geld vir regskoste terugbetaal
Die appèlhof het bevind dit is “asemrowend vermetel” van Zuma om te verwag dat die staat vir sy regskoste moet betaal.
Zondo vs Zuma: JZ speel wéér slagoffer-kaart
Oudpres. Jacob Zuma het Donderdag in ʼn agt bladsy lange verklaring uitgevaar oor die “subjektiewe regbank” en “politieke veldtog” teen hom.
Kommissie soek ‘straf, nie verskyning’ vir Zuma
Die Zondo-kommissie se regspan voer aan Zuma se versuim om te getuig is ʼn poging om aanspreeklikheid te ontduik.
Minagting-saak teen Zuma Donderdag aangehoor
Zuma staan nie die aansoek teen nie en het geen aanduiding gegee dat hy aan die hofverrigtinge gaan deelneem nie.
ANC se topses vergader met Zuma
Ace Magashule, die sekretaris-generaal van die ANC, het gesê die topses van die ANC het Maandag met oudpres. Jacob Zuma vergader.
Datum vir Zuma-verhoor oor minagting vas
Die Zondo-kommissie het die hof gevra om Zuma twee jaar tronkstraf op te lê weens minagting van die hof.
Zondo se ‘desperaatheid ongekend’ – Zuma-stigting
Die stigting voer aan wetgewing maak nie voorsiening vir die twee jaar tronkstraf waarvoor die kommissie vra nie.
Verhoordatum vir saak teen Zuma, Thales
Zuma was nie in die hof toe die verhoordatum bekend gemaak is nie.