Renate Barnard gaan Dinsdag, ná ʼn uitmergelende hofgeding wat nege jaar geduur het, uiteindelik die uitspraak van haar regstellendeaksiesaak teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ontvang.
Alles vir die sleutelwoord "polisie"
Twee JHB-winkelsentrums beroof
Twee winkelsentrums in Johannesburg is Maandag beroof, het die polisie in Gauteng gesê.
Baba uit Mpuma-hospitaal ontvoer
‘n Pasgebore baba is die naweek uit die Rob Ferreira-hospitaal in Nelspruit, Mpumalanga ontvoer.
Uitenhage-polisieman skiet vrou, homself
ʼn Polisieman het Sondag sy vrou, ook ʼn polisiebeampte, by hul huis in Uitenhage in die Oos-Kaap doodgeskiet, waarna hy glo selfmoord gepleeg het.
Tienermeisie vas ná moord op pa
‘n 17-jarige meisie is in Lichtenburg in Noordwes in hegtenis geneem in verband met die moord op haar pa.
Raadslid in hof oor moord op tienerseun
ʼn Raadslid van die Madibeng-munisipaliteit in Noordwes het Donderdag saam met haar seun en nog ʼn verdagte in die Ga-Rankuwa-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn tienerseun.
Nóg ʼn slagoffer van kamma-polisie
Nóg ʼn slagoffer van twee mans wat in ʼn wit Citi Golf in Pretoria rondry en hulself as polisiebeamptes voordoen en dan voetgangers van kontant beroof, het hul storie met Maroela Media gedeel.
AfriForum verkla Mantashe en Duarte by die polisie oor OB
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag strafregtelike klagtes teen Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, sowel as Jesse Duarte, die adjunk sekretaris-generaal, aanhangig gemaak.
Vrou vasgebind, dood in huis aangetref
‘n Vrou van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is met haar hande en voete vasgebind, dood in haar huis aangetref.
Boer skiet verdagtes in sy huis
ʼn Boer van Schweizer-Reneke in Noordwes het Woensdagoggend op vier mans losgebrand nadat hulle op sy plaas oortree en sy skoonma met ʼn vuurwapen aangehou het.
‘Polisie’ bedrieg jongman met moordslenter
Twee mans wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, het Dinsdag glo ʼn jong man van Pretoria van R6 450 beroof nadat hulle hom as ʼn ‘moordverdagte’ in hegtenis wou neem.
Man voor Kaapstad-hof doodgeskiet
ʼn Man is Maandagmiddag dood en twee ander is beseer na ʼn skietery buite die Bishop Lavis-landdroshof in Kaapstad.
Solidariteit nader arbeidshof oor SAPD se diensbillikheidsplan
Die vakbond Solidariteit het vandag gesê hy gaan die arbeidshof nader ten einde toestemming te kry om met die polisie oor hul diensbillikheidsplan te onderhandel.
Polisie skiet vyf rowers dood
Die polisie het Vrydag vyf transitorowers in Bloemfontein in die Vrystaat doodgeskiet.
Rooftog by Centurion Mall
Die iStore-winkel in Centurion Mall in Gauteng is Vrydag van meer as R1 miljoen se goedere beroof.
Durban-metropolisielid skiet glo vriendin dood
ʼn Lid van die eThekwini-metropolisie is in Durban in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vriendin.
Seun (13) voer glo babahondjie vir veghonde
Diereliefhebbers is met afgryse vervul nadat ʼn 13-jarige seun in Vredenburg in die Wes-Kaap glo ʼn babahondjie vir twee veghonde gevoer het.
Polisie ondersoek video van ‘bendeverkragting’ ná matriekdans
Die polisie en die KwaZulu-Natalse departement van gemeenskapsveiligheid ondersoek ‘n video wat glo wys hoe ‘n hoërskoolmeisie na ‘n matriekdans deur ‘n groep mans verkrag word.
Drie in hof na hulle glo bejaarde verkrag, vermoor
Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n 83-jarige vrou verkrag en vermoor het, het Woensdag in die Tiyani-landdroshof in Limpopo verskyn.
Inbraak by Krejcir se huis; gesin vasgebind
Die polisie het bevestig dat daar Woensdagoggend by die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir se huis in Bedfordview, Johannesburg ingebreek is.