‘n 33-jarige pa van Limpopo het homself aan die polisie oorgegee na die brutale moord op sy tweejarige dogtertjie.
Alles vir die sleutelwoord "polisie"
Agtste verdagte vas oor komplot om Krejcir-ondersoekers te vermoor
‘n Agtste verdagte is in hegtenis geneem in verband met die beweerde komplot om twee ondersoekbeamptes in die Radovan Krejcir-saak te vermoor.
‘Rower’ geskiet in mislukte rooftog
‘n Vermeende rower is Maandagoggend tydens ‘n mislukte rooftog by ‘n Shoprite-winkel in Soweto geskiet en gewond.
Skoolseun geskors oor hy glo meisies betas
‘n Skoolseun van Orange Farm gaan geskors word weens bewerings dat hy sewe skoolmeisies seksueel aangerand het, het die departement van onderwys Vrydag gesê.
Foto’s: Drie vas ná reuse-wapenvonds
‘n Man, sy vrou en hulle huishulp is in hegtenis geneem nadat die polisie meer as 300 vuurwapens, ammunisie en plofstof by ‘n huis in Norwood, noord van Johannesburg, gevind het.
Weermag, polisie ondersoek sjebien-berigte
Die weermag sê hy ondersoek ‘n beweerde konfrontasie tussen die polisie en van sy soldate in Oudtshoorn nadat soldate glo tydens ‘n klopjag by ‘n sjebien in hegtenis geneem is.
Video: ‘Silwer Mercedes-bende’ slaan weer toe
Die polisie is op soek na ‘n groep rowers genaamd die “Silwer Mercedes-bende” wat glo verbind word met kapings en huisrooftogte in verskeie buurte in Johannesburg. Daar is ‘n video by die berig gelaai wat wys hoe die bende ‘n huis beroof.
‘Polisiemanne’ beroof juwelierswinkel in Kaapstad
ʼn Juwelierswinkel is Dinsdag in Groenpunt, Kaapstad, beroof deur rowers wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het.
Vrou se liggaam in veld gevind
Die liggaam van ‘n vrou is Maandag in ‘n veld naby die Despatch-polisiestasie in Port Elizabeth gevind.
Bejaarde met tuinvurk aangeval
Die polisie in die Wes-Kaap is op soek na ‘n man wat glo ‘n bejaarde vrou van George met ‘n tuinvurk aangeval het.
Agt vas na hulle glo seuns aanrand
Agt mense is in die Vrystaat hegtenis geneem nadat hulle glo vier seuns van diefstal beskuldig het en hulle aangerand het.
Pa sit lewenslank na hy dogter verkrag
‘n Man van KwaZulu-Natal is lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy sy 13-jarige dogter verkrag het.
Kabeldief doodgemaak in KZN
‘n 28-jarige kabeldief is dood aangetref langs ‘n pad in Kwandengezi, KwaZulu-Natal.
Veiligheidswag in Alberton doodgeskiet
‘n Veiligheidswag wat vir ‘n subkontrakteur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) gewerk het, is Vrydagoggend in Alberton doodgeskiet.
Polisiebrutaliteit-video: Beampte ontslaan
Ao. David Alexander Gunn (43), een van die polisiebeamptes wat in Kaapstad afgeneem is terwyl hulle ʼn naakte man aangerand het, is uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens ontslaan.
Polisie-hoë bestuur glo dronk, bots teen drie voertuie
Lt. Thokozani Zungu (31), speurdertakbevelvoerder in Witrivier, Mpumalanga, het Maandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur, die versuim om by ʼn ongelukstoneel te stop en dronkbestuur.
Vier in arres ná huisroof
Vier mans is Maandag in Durban, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle ‘n huis beroof het.
Man in motor doodgeskiet
ʼn Man is Maandagmiddag in sy motor doodgeskiet tydens ʼn rooftog in Bloemfontein in die Vrystaat.
Man vas vir moord op polisieman, familielid
ʼn 38-jarige man het homself aan die polisie oorgegee nadat hy Dinsdagaand ʼn polisiebeampte en ʼn familielid van die beampte in Ladysmith in KwaZulu-Natal doodgeskiet het.
Polisiebeampte, familielid doodgeskiet
ʼn Polisiebeampte en ‘n familielid van hom is in Ladysmith in KwaZulu-Natal doodgeskiet.