Dié dorp se eie rioolaanleg is heeltemal onafhanklik van Eskom en maar een van verskeie drome wat nou reeds ’n werklikheid geword het.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Boer se broer vind hom leweloos voor huis
Gideon Swart se Nissan-bakkie was klaarblyklik die enigste item wat die vermeende moordenaar(s) gebuit het.
Kate sal eie spore as nuwe prinses van Wallis trap
Catherine, prinses van Wallis, soos sy nou amptelik heet, is natuurlik terdeë bewus van die simboliek en status wat haar ontslape skoonma aan dié titel gegee het, maar kenners meen sy sal nuwe betekenis aan dié eretitel gee.
Verhoor kom vir ‘finansier’ van volksmoord in Rwanda
Felicien Kabuga staan tereg op aanklagte van volksmoord en misdade teen die mensdom vir sy beweerde rol in die slagting van byna ʼn miljoen mense.
Beurtkrag dié week nog met ons
Eskom ervaar steeds uitdagings met diesel van sy verskaffer en dit beperk die beskikbaarheid van diesel in grootmaat vir die Ankerlig- en Gourikwa-oopsiklusgasturbines.
112 operasies later: ‘Ek het vrede gemaak’
As negejarige dogtertjie moes Mari Jansen van Vuuren (38) van vooraf leer kruip en loop ná ʼn ernstige motorongeluk haar met permanente beserings gelaat het.
Vrou dood ná haaiaanval by Plett
Strande in die gebied is intussen gesluit.
DA veg voort vir beskerming van eiendomsreg
Die DA het reeds twee wysigings aan die Onteieningswetsontwerp voorgestel, wat volgende week oorweeg sal word voordat die finale weergawe daarvan vir aanneming oorweeg word.
Sewe dood in botsing reg van voor
Verskeie provinsiale departemente van gemeenskapsveiligheid, asook die verkeerspolisie het met die aanvang van Erfenisnaweek motoriste gemaan om waaksaam op die paaie te wees aangesien verkeer swaarder as gewoonlik is.
Maande ná moord en nog geen antwoorde
“Almal gaan aan asof my ma nooit bestaan het nie.”
Vreeslose ystervrou van Welkom trap diep spore
Daar is min dinge waarvoor Dulcie Harris se hande verkeerd staan en nie eens ʼn gewapende rower stuit dié Vrystaat-ystervrou nie.
Top- Russiese generaal vervang te midde van referendums
“Dinge beweeg al hoe meer daarna om die Sowjetunie te herstel.”
Lydenburg-trokdrywer gou in die hof
Twee mense is Vrydag dood toe ʼn wegholvragmotor se remme na bewering ingegee het en die voertuig kilometers ver deur die dorp geploeg het.
Trok saai verwoesting in Lydenburg
Minstens tien motors is deur die wegholvragmotor beskadig terwyl twee mense, ʼn jong egpaar, in die voorval dood is.
Handvol walvisse oorleef stranding in Australië
Nagenoeg 230 loodswalvisse het Woensdag aan die Weskus van Tasmanië uitgespoel.
Twee vas wat glo 16 in taverne moor
Nadat een van die verdagtes vasgetrek is, het hy die polisie na een van sy medepligtiges gelei.
Nóg ʼn urinevoorval by US
Die jongste voorval kom skaars twee maande nadat Theuns du Toit (19) permanent uit dié universiteit geskors is nadat hy op sy medestudent Babalo Ndwayana se besittings in die Huis Marais-manskoshuis geürineer het.
Leeu ontsnap tydens beurtkrag
“Die leeuwyfie het glo in die nag, tydens beurtkrag, daarin geslaag om uit die omheinde reservaat te ontsnap.”
‘Kokkedoor’ is terug met ’n splinternuwe voorskoot
Wanneer dié unieke reeks volgende jaar van die spensrak afgehaal word, trek dit ’n nuwe braaivoorskoot as Kokkedoor Vuur & Vlam aan.
Minister toe nie oor seksuele teistering vervolg
Die klaer in die saak het volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) uitdruklik gesê dat sy nie met die saak wil voortgaan nie.