Altesaam 63 mense word vermis, onder wie 10 lede van twee families wie se huise weggespoel het.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
170 beseer in Jerusalem oor Paasfees
Volgens die Israelse polisie het hulle ingegryp toe Israelse burgers met klippe bestook is en 18 Palestyne is in hegtenis geneem.
Paashaas spring toe nié beurtkrag vry
Dié maatreël is noodgedwonge ingestel nadat bykomende kragopwekkers die gees gegee het.
Nóg ’n rekord vir manjifieke Gerda
“Toe ek na die horlosie kyk en 3:29 op die skerm sien, het ek geweet die oomblik waaroor ek die afgelope paar jaar gedroom het, kan vandag ’n werklikheid word.”
KZN-vloede: Meer verwoesting verwag
Nooddienste het nou begin met opruimingswerk en die soektog na vermiste inwoners.
Frank Opperman op ʼn missie om meer voete in teaters te kry
“Die afgelope twee jaar was rof vir die feeste, maar ek is doelgerig om hierdie jaar meer voete by verhoogproduksies kry.”
Huldeblyke stroom in vir Rhoda Kadalie
“Rhoda het met leeuemoed geveg vir dit waarin sy glo. Dit het die respek van baie mense afgedwing, al het ons soms nie met haar saamgestem nie.”
SA se Omikron-vlaag dalk nié so ‘lig’
Dit wil voorkom of Eerstewêreldlande veel meer sterftes as Suid-Afrika weens die Omikron-variant aangeteken het, maar kenners meen dié syfers moet in konteks gesien word.
Rhoda Kadalie sterf
“Wat my die meeste van Rhoda opgeval het, is hoeveel lewens sy in haar leeftyd aangeraak het.”
Miljarde nodig vir paaie in KZN
Pres. Cyril Ramaphosa het die versekering gegee dat geld “nie ʼn probleem sal wees nie” om gemeenskappe in vloedgeteisterde gebiede by te staan.
Siviele eis oorweeg ná Fochville-ma se dood
Die trane sit nog vlak in hul oë wanneer Natasha Barnard se ouers oor hul geliefde “blondekopdogter” praat. Hulle onthou elke klein detail van die aand van Barnard se moord.
KZN-vloede: Kommer oor werksverlies in motorbedryf
Die owerhede het intussen aangekondig dat meer as 40 000 mense in KwaZulu-Natal deur die vloedramp geraak is.
Dodetal in KZN nader 400; dood van skoolleerders betreur
Minstens 18 leerders het tot dusver hul lewe verloor.
Brand by substasie laat talle mense sonder krag
Dit is nie duidelik wanneer inwoners wat deur die Eldoradopark-substasie van elektrisiteit voorsien word weer kragtoevoer sal hê nie.
Nóg reën kan herstelpogings in KZN hinder
Reën sal na verwagting Woensdag begin opklaar.
Saamgroeiende tweeling van Limpopo sterf
Die tweeling was maar net ʼn week oud ten tyde van hul dood.
Elon Musk wil Twitter alleen besit
Die miljardêr dring daarop aan dat hy die enigste persoon is wat die volle potensiaal van die platform kan ontsluit.
Lewenslank vir man wat bejaarde buurvrou verkrag
Die hof het gehoor dat die verkragter saam met die slagoffer se kleinkinders grootgeword het en haar dus voor die aanval vir ʼn geruime tyd persoonlik geken het.
‘Alles is vernietig,’ sê KZN-vloedslagoffers
ʼn 21-jarige Durbanse ma is verpletter ná die dood van haar babadogter toe hul huis ineengestort het tydens die afgelope week se oorstromings.
Meer vrae as antwoorde oor gesondheidsregulasies
Die periode vir die indiening van kommentaar op die wysigings is intussen verleng.