Sommige leerders se eindjaarpunt het met 30 persentasiepunte gedaal en onderwysers meen die probleem lê by die memorandum.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Span besluit nou oor saamgegroeide tweeling in Limpopo
Die ma het tot en met hul geboorte nie geweet die tweeling is saamgegroei nie.
België sluit Kinder-fabriek oor salmonella
Die aanleg se vervaardiging van Kinder Surprise, Kinder Mini Eggs, Kinder Surprise Maxi 100 g en Kinder Schoko-Bons word “met onmiddellike effek” opgeskort.
MRK veroordeel boendoegeregtigheid in Diepsloot
Die Menseregtekommissie (MRK) is besorg oor die voortgesette spanning in Diepsloot, Gauteng.
Ramaphosa, Biden gesels oor Rusland
Die twee leiers het onder andere saamgestem oor die behoefte aan ʼn skietstilstand in Oekraïne.
Tyd dat Potch, Ventersdorp se munisipale paaie weer skei
Die dorpe is in 2016 onder die JB Marks-munisipaliteit geamalgameer, maar die DA vra nou die munisipale afbakeningsraad om dit weer te skei om ʼn verbetering in bestuur by albei dorpe te bewerkstellig.
Nóg swaar reën, hael in Gauteng verwag
Die verwagte reën sal met donderbuie, rukwinde en moontlike hael gepaardgaan.
Wit duiwe vir De Villiers se vrou
“God het Theresa vir ons gegee om ons te wys hoe goed Hy is. Dank die Here as familie vir haar lewe. Dank Theresa ook vir als. Ons weet sy luister vandag.”
Vyf in hof vir moord op Fochville-ma
Natasha Wheeler Barnard is na bewering op 3 Maart in ʼn plaaslike kroeg op die dorp aangerand en voor haar ma se huis afgelaai, waar sy later dood verklaar is.
Bernice West se voete ferm in geloof geplant
“Ek is nie ʼn eiland nie, ek kan niks sonder die Here doen nie.”
Polisie ontplooi bykomende hulpbronne in Diepsloot
“Die polisie het Woensdagaand die gebied gepatrolleer toe hulle op die toneel afgekom het waar die verdagtes die oorledene aangeval en aan die brand gesteek het.”
SA buite stemming toe Rusland uit VN-Menseregteraad geskors word
Die Verenigde Nasies (VN) se Algemene Vergadering het Rusland uit die wêreldliggaam se Menseregteraad geskors as straf vir sy inval in Oekraïne.
‘BSV’: Verliefde boere hou Kaapse reünie
Hoewel vier van die topvyf-boere saam met die pasmaats wat hulle tydens die seisoen gekies het, vir die reünie opgedaag het, het die liefde nie vir almal geseëvier nie.
Hof genader om advies, besluite oor pandemie openbaar te maak
“Die publiek het die reg om te weet of die aanbevelings van enige of al die deskundige advieskomitees oorweeg en gevolg is.”
Vloede bo-op koue, sneeu verwag
Ligte sneeuval kan Saterdagaand en Sondagaand oor die oostelike en suidelike dele van Lesotho en die omliggende Drakensberg verwag word.
Man sterf tydens betogings teen moorde
Die moord het plaasgevind slegs ure nadat die minister van polisie, Bheki Cele, dié nedersetting besoek het om die woedende skare toe te spreek.
Tesourie se direkteur-generaal bedank
Dondo Mogajane was 23 jaar lank by die nasionale tesourie werksaam, waarvan hy die laaste vyf jaar as direkteur-generaal van die tesourie gedien het.
Kommer oor waarskuwingslig op FlySafair-vlugte
’n Tegniese fout het twee keer in een week veroorsaak dat ’n vlug tussen Oos-Londen en Kaapstad na Gqeberha (Port Elizabeth) herlei moes word.
Man in hof oor dood van oudspeurder se pa
Die boosdoeners het glo eintlik ten doel gehad om die betrokke speurder, eerder as sy pa, dood te maak.
Pro-lewe-dokter kan uiteindelik praktiseer
“Dr. De Vos is wesenlik gestraf vir sy wetenskaplik verantwoorde houding, deurdat hy vir byna vyf jaar sonder verhoor verbied is om medisyne te beoefen.”