Onder ramptoestandwetgewing kon die regering ʼn wettige diktatuur bedryf deurdat hulle eensydig ingrypende regulasies kon uitvaardig soos dit hulle behaag – sonder enige daadwerklike insette of oorsig.
Nuuskommentaar: Groeiende federalisme in WK onder Kaapse Forum
Die stigting van die Kaapse Forum is absoluut ʼn voortvloeisel van die sterk burgerlike kragdadigheid, betrokkenheid en vooruitstrewendheid wat al meer die Suid-Afrikaanse politiek definieer.
Nuuskommentaar: ʼn Goeie week vir burgerlike teenstand – ʼn slegte week vir die regering
Die ANC ervaar om verskeie redes vandeesweek ʼn slegter week as gewoonlik.
Nuuskommentaar: ANC oorsaak van protesgeweld in Suid-Afrika
Die enkele kwessie wat die sterkste verwantskap met “diensleweringsbetogings” toon, is die ANC se interne politieke stryd. Elite magsbedinging, eerder as polities ekonomiese omstandighede, is die grootste bydraende faktor tot diensleweringsbetogings in Suid-Afrika.
Nuuskommentaar: Wie verloor almal in Rusland-Oekraïne-oorlog?
Hoewel die oorlog tussen Rusland en Oekraïne woed, is soveel meer as net Oekraïne se heil op die spel.
Nuuskommentaar: Vier Internasionale Moedertaaldag in Afrikaans
Ons eietydse vraag is dan wat die stand en toekomsvooruitsig van Afrikaans tans is.
Nuuskommentaar: Openbare skole is nie staatskole!
Wat die wysigings aan die Skolewet in wese sal doen, is om openbare skole uit ouers (soos verteenwoordig deur beheerliggame) se hande te neem en in die greep van die staat te plaas.
Nuuskommentaar: Staatsrede – ANC wil als buiten fundamentele probleme hervorm
Omdat die ANC volkome onwillig is om hul magtentakels uit die staat los te maak, word die staat al groter en ook al swakker.
Nuuskommentaar: Eilande van veiligheid met onveilige tussenruimtes?
Die afgelope naweek is ʼn bekende Suid-Afrikaans driekampatleet, André Piehl, dood toe ʼn vermeende dronkbestuurder hom getref het. Suid-Afrikaanse paaie is veilig vir feitlik niemand nie. Nie net het dit verval as openbare ruimte nie, maar het dit tot die punt verval dat dit aktief gevaarlik is vir diegene wat dit wel benut.
Nuuskommentaar: Polisie kruip in donker weg vir kriminele
Die afgelope Sondag se Rapport doen skokkend verslag oor hoe ’n egpaar van Noordwes vir twee ure deur rowers aangehou is terwyl die polisie na bewering letterlik gesit en slaap het!
Nuuskommentaar: Die mense sê hulle kies Joe Rogan
Hierdie hele sage met Young het op die ou einde ʼn baie ironiese en toevallige stukkie sosiale en politieke kommentaar geword.
Nuuskommentaar: ANC verklaar morele bankrotskap weens Covid-korrupsie
Gewone mense het tydens die Covid-19-pandemie ongelooflike swaarkry deurgegaan met baie mense wat net-net die somtotaal van die pandemie oorleef het. In dieselfde tyd het die regering egter sy “regmatige tenderproses” gebruik om nog ʼn miljard hier en daar te steel – net vir die kaders en tenderpreneurs was dié kool die soustrein werd.
Nuuskommentaar: Onderwys in SA ʼn slagoffer van regering se onwilligheid
Die slaagsyfer en basiese vereistes om te matrikuleer is in wêreldstandaarde werklik skokkend laag, ten spyte van die hoë slaagsyfers waarmee die departement jaarliks spog. Tog bestee ons regering in wêreldterme groot hoeveelhede geld op basiese onderwys.
Nuuskommentaar: Australië 1 – Djokovic 0?
Hierdie saak met Djokovic is daarom ʼn interessante aanduider van hoe die Covid-pandemie nie noodwendig regerings verander het nie, maar eerder bevestig het wie hulle is.
Nuuskommentaar: Omikron as dominante variant en Covid-19-politiek
Die gesondheidstryd teen Covid-19 gaan tot ʼn einde kom. Dit beteken hoegenaamd nie dat regerings hierdie normaliteit gaan volg nie – politieke vergrype is die volgende stryd wat al meer na vore gaan kom en ook hand en tand beveg moet word.
Nuuskommentaar: Is verpligte inentings op die horison?
Die vraag is hoe hierdie openbare belang – in die lig van entstowwe, individuele vryhede en persoonlike voorkeure – die beste beskerm en bevorder kan word.
Nuuskommentaar: Wat gaan aan in die koalisiepolitiek?
Hoeveel partye gaan tussen nou en die volgende munisipale verkiesing die harde les leer dat “mag bekom” nie noodwendig “mag behoue” is nie?
Nuuskommentaar: Is ontvoering Suid-Afrika se misdaadvoorland?
Ontvoering is dus in Suid-Afrika ʼn groterwordende en kommerwekkende probleem.
Nuuskommentaar: Israel en Palestina – ’n hedendaagse apartheidstaat?
Die Israel-Palestina-konflik hang nie net van die Jode en die Palestyne af nie, maar ook van die rigting waarin die internasionale debat deur betrokke rolspelers gestuur word.
Nuuskommentaar: Gaan VF+ sy sukses van 2019-verkiesing herhaal?
Een van die partye wat werklik goed presteer het in die 2019- nasionale verkiesing is die VF Plus.