Jesus het gesê dat ons, as burgers van die koninkryk, aan die regeerder (keiser) moet betaal wat hom toekom en aan God wat Hom toekom. Dit gaan sit egter swaar in die krop van vuisvoos burgers van ʼn land wat met ʼn onbevoegde ‘koning’ opgeskeep sit.
Alles deur die skrywer Ander skrywers
Corrie Sanders bly ’n kampioen vir sy geliefdes
Vir die wêreld was hy ʼn bokskampioen; ʼn man bekend vir sy uitklophoue. Vir sy geliefdes was hy ʼn seun, broer, pa en vriend. Op 23 September sal dit tien jaar wees nadat Corrie gesterf het weens ʼn koeëlwond uit ʼn rower se wapen.
Vyf dood toe boot walvis tref
Die Nieu-Seelandse polisie het gesê die see was heeltemal kalm tydens die voorval en hulle vermoed die walvis het van onder die boot na die seeoppervlak gekom.
Sal banke, besigheid opstaan vir eiendomsreg?
Is iemand bereid om die Onteieningswetsontwerp se aanslag teen voedselsekerheid, eiendomsreg en vooruitsigte vir volhoubare groei te opponeer?
Kalifornië kry dalk ook beurtkrag
ʼn Erge hittegolf die afgelope week het kragverbruik tot ongekende vlakke gestoot.
Podlitiek: Haatspraak-uitspraak grof, NVG begin lêers afstof en vaarwel Gorbatsjof
In hierdie episode van Podlitiek word die “Kill the Boer”-uitspraak, verwikkelinge by die NVG en die dood van Mikhail Gorbatsjof onder die loep geneem.
Koorsang in Oos-Kaap gedy
Hy vind dit opvallend dat koorsangers meesal ook merkwaardig sterk betrokke op verskeie ander vlakke in hul gemeenskappe is.
’n Voltooide sirkel in Distrik Ses
Sy haal diep asem en kyk hulle vas in die oë. Sy is geslaan, verkoop, verkrag en vir dood agtergelaat, maar sy is terug vir goed. Sy is Grizelda Grootboom van Distrik Ses.
#JongStemme: Studente en die kerk
Wat volg is ʼn eenvoudige poging om die verhouding tussen studente en kerke, soos sake tans daar uitsien, te karakteriseer en om dan ʼn paar beskeie voorstelle te maak hoe die status quo verbeter kan word.
‘Spoorloos’: ‘Verstaan waar Cobie vandaan kom’
“Sy het ʼn weerloosheid aan haar wat sy nie graag wys nie, want sy dink dit sal haar laat swak lyk.”
Geliefde skrywer se stem leef voort in laaste boek
“So is onse mense” se bekendstelling volg nagenoeg ʼn jaar ná Steyn se onverwagse afsterwe in September 2021.
Slagoffer se klere verbind man met 1986-moord
Nuwe bewyse wat aan die klere van ʼn moordslagoffer in Massachusetts, VSA, gevind is, het daartoe gelei dat ʼn man 36 jaar later van haar moord aangekla is.
Oom Arend (95) se visie gee toekoms aan vele jongmense
ʼn Toonbeeld van ʼn man van woord en daad is Arend Josias de Kock, wie se visie daarin geslaag het om te sorg dat minstens 83 Afrikaanse studente, tot dusver, in staat gestel is om te kon studeer.
Van die Flughafen na die Altstadt – ’n blitsbesoek aan Zürich
Die vliegtuig land vyf uur die middag op die Flughafen Zürich. Dit is ʼn spoglughawe met genoeg winkels en lughawe-sitkamers om jou ʼn paar ure besig te hou. Maar ons het besluit om ons sesuur-lange tussenstop beter te gebruik en die ou stad van Zürich te verken. Hier is hoe ons dit gedoen het!
Nasa-tuig gereed vir tog na maan
Die massiewe vuurpyl het Sondag reeds op die platform gereedgestaan vir lansering en mense van so ver as Engeland het oor die naweek na Florida gestroom om die lansering dop te hou.
Beperk ʼnuwe’ betredingswet burgers se regte?
Die mees onlangse konsepwet, te wete die sogenaamde Unlawful Entering on Premises Bill, het tot gevolg gehad dat burgers, soms onnodig, met afgryse gevul is en die harnas ingejaag is.
Nisboere: Ek is ’n boer langs beton
Jaco Erasmus het sy droom om te boer na die mense geneem en baie ander se droom ʼn moontlikheid gemaak.
Kleinsakeminister se meestersplan stel onnodige aandagafleiers voor
Nog ʼn voorstel in die meestersplan, wat nie van wesenlike belang is vir die deregulering van wette wat kleinsakeondernemings aan bande lê nie, is die voorstel om wette te identifiseer wat vir hervorming voorkeur moet kry.
#JongStemme: ʼn Legkaartstuk in die verkeerde boks
Ons is grootgemaak vir ʼn wêreld wat nie meer bestaan nie. Ons het nie eintlik ʼn idee wat ons hier doen nie!
Ontmoet die man wat elke oggend in Wellingtonstraat waai
Om te waai, of nie te waai nie – daarin lê die vraagstuk. Sedert ʼn 38-jarige man van George in die Wes-Kaap besluit het om ure lank vriendelikheid en oggendgroete met sy arms uit te swaai, glo hy dat hy daarmee sy roeping gevind het. En dit is meer as wat baie mense van hul eie lewens kan sê, glo Sarie Marais-Nell.