Vrou, jy staan dalk sterk vir jou man of jou kinders of jou ouers of iemand na aan jou se part. Maar vra tog die vrouens wat jou pad kruis, opreg, “Hoe gaan dit met jóú?”
Lesersbrief: Einde van slepende ‘oorlog’ in sig
Die toekoms is dus selde ʼn reglynige projeksie van gebeure tot op hede en alles is beslis nog nie verlore vir Afrikaners aan die suidpunt van Afrika nie. Veral nie vir dié wat glo nie.
Lesersbrief: Om ’n boer te wees
Ek wil op my medeburgers en -geloofsgenote ’n beroep doen: Los kleinlike verskille. Staan saam teen ongeregtigheid. Moenie vra wie dit gaan doen nie. Slaan jou hand aan die ploeg. Staan saam en wees die verskil.
Lesersbrief: Saam kan ons plaasaanvalle oorwin
Net so moet elkeen van ons die boere steun waar ons kan en wys dat hulle nie alleen staan in hierdie stryd nie. Saam is ons sterker!
Lesersbrief: Kommissie van ondersoek was onnodig
As die Openbare Beskermer (OB) haar werk gedoen het, sou die Mpati-kommissie wat ondersoek instel na die optrede van die Openbare Beleggingskorporasie onnodig gewees het.
Lesersbrief: ’n Verklaring aan my kinders op stemdag
Ek verklaar wéér (!): Ek wil nêrens anders saam met julle wees as hier nie.
Lesersbrief: ‘Dit is soms al wat ons oor het’
Ek is g’n profeet nie, maar ek wil graag deel wat die droogte ons tot dusver geleer het. Bly jubel, bly juig, want soms is dit al wat ons oor het.
Lesersbrief: Regering gaan pensioenfondse sink
Later vanjaar gaan ongeveer 30 000 amptenare aftree in die program om die staatsdiens te verklein. Ons vrees is dat hulle hul geld uit die pensioenfonds sal trek.
Lesersbrief: Moedverloor is nie ’n oplossing nie
Ons hoop en gebede vir reën is nog lank nie verby nie, maar ek hoop dat my twee meisiekinders, al verstaan hulle nie nou heeltemal hoekom hulle ma heeldag voor die kospotte staan nie, ‘n waardevolle les sal leer. “Moedverloor is nie ‘n oplossing nie, net ‘n tydelike skop onder om jou in die regte rigting te stuur.”
Lesersbrief: My kind se siel is nogal duur
Indien enige iemand dink ons het die maklike uitweg gekies: ons wag elke dag vir die “maklik” om te begin.
Lesersbrief: Potpourri-winter…
Dus, my liewe vriende, as daar vandag winter in jou hart is, gryp ‘n hand vol potpourri en snuif daaraan.
Lesersbrief: Die ANC se 2019-manifes ‘soek jou pensioen’
Elke pensioenbetaler verdien om te weet sy pensioen is veilig. Ons moet waaksaam wees voor die regering soos ʼn dief in die nag ons hard verdiende gelde verkwis.
Lesersbrief: Die president stel ʼn voorbeeld vir Lesufi
Lesufi moet ook seker maak van sy ongenuanseerde stelling dat daar nie meer Afrikaanse universiteite bestaan nie.
Lesersbrief: Waarom nog veg vir Afrikaans, vra Lesufi
Dit gaan my verstand te bowe dat so ’n uitlating deur Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir Onderwys geuiter is. Is dit uit blote onkunde, of is dit strategies daarop gemik om Afrikaans slegs as onbelangrik af te maak?
Lesersbrief: Moedertaalonderrig is die oplossing, nié die probleem
Mnr. Lesufi, Afrikaans sal nog lank as onderrigtaal bly voortleef en ons as Afrikaanssprekendes sal op ons reg op moedertaalonderrig bly aandring. Dis tyd dat u vorentoe kyk en u deel doen vir ʼn beter toekoms.
Lesersbrief: Die presidensiële inhuldiging en die geval van twee huisgesinne
Die onlangse onthulling dat pres. Cyril Ramaphosa versoek het dat die munisipaliteite van al nege provinsies mense op eie onkoste na die presidensiële inhuldiging by Loftus Versfeld-stadion moet aanry, laat mens opnuut besef dat die regering nie ’n benul het watter uitdagings die gewone mense elke dag in die gesig staar nie.
Lesersbrief: Denel dryf my broer oor die rand
In die laaste paar maande voor my broer se dood, moes sy span ʼn groot projek klaarmaak voor ‘n bepaalde sperdatum. Ná maande se ernstige slaapverlies, kon hy nie die sagteware aan die gang kry nie, en het hy geglo dat sy brein hom in die steek begin laat. En dis wat hom toe ook oor die rand gedryf het.
Lesersbrief: Moenie dat jou omstandighede in jou pad staan nie
Maak ʼn afspraak met God. Hy wag vir jou. En inspireer ander mense, want ons lewe in ʼn gebroke wêreld.
Lesersbrief: Meld hondevergiftiging by polisie aan
Die doel van hierdie skrywe is eerstens om die publiek bedag te maak op die wrede aanslag wat daar nou weer op onskuldige diere gemaak word en ook die prosedure wat gevolg moet word indien daar so ’n voorval is.
Lesersbrief: GEPF: Wie praat die waarheid?
Abel Sithole sê die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) moet ongenoteerde beleggings uitbrei. Dit het glo in die 2018-boekjaar met 37% gegroei tot R50,6 miljard. Dit sal dan beter as die beleggings in aandele en effekte presteer “solank ons dit reg doen”. Wat doen die GEPF om dit “reg te doen”?