Kom wees deel van hierdie uitsonderlike hoopsaai-geleentheid!
Kobus Olivier vlug met honde, Hauser se musiek uit Oekraïne
Kobus Olivier het met ʼn rugsak en sy vier honde uit Kiëf in Oekraïne gevlug, maar langs die pad was daar ook wonderwerke.
Hupse susters vier saam 100 jaar – al is dit oor WhatsApp
“Die twee susters is albei nog jonk van gees. Annie, nou 100, is baie meer uitgaande as Mara, nou 102, en is lief daarvoor om koffie in die winkelsentrum te gaan drink.”
Niks stuit vir Minke wat swemrekords inryg
“Smiddae na skool wil sy reguit swembad toe, al is dit nog nie haar oefentyd nie.”
Knysna se oesterfees is 40 jaar jonk
Dié fees word in die wintervakansie gehou, sodat jy heeldag kan kuier sonder om bekommerd te wees oor skooltye, sportsmiddae of ander verpligtinge, skryf Maryke Roberts.
Studente leer by ‘Katbosbult’-span meer oor radio
Dié studente het die afgelope week eerstehands ervaar hoe ʼn radioteks lewe agter die mikrofoon kry.
Dokter deurkruis SA op trekker vir liefdadigheid, teen plaasmoorde
Die “On-Trac-Tor”-liefdadigheidsrit skop op 2 Julie vanjaar in Witrivier af en sal oor 2 500 kilometer en vyf provinsies strek.
Stem en wen: Help kies Maroela se Herfsbruid
Stem vir jou gunsteling uit ons top-10 finaliste vir Maroela se Herfsbruid en staan die kans om een van tien botteltjies parfuumolie te wen!
Vang storie in jou hart op papier vas
Broei daar al vir jare ʼn storie in jou hart wat jy graag op papier wil vasvang? Dan is Skryfnet se inleidende skryfkursus, Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns, net die oplossing waarna jy soek. Hierdie praktiese, inleidende aanlyn kursus (wat vanaf 24 Julie vanjaar vir die sewende keer aangebied word) is ontwikkel deur die bekroonde Afrikaanse skrywer prof. Hans du Plessis en word deur Charlene Hougaard aangebied.
Kapenaars help om winterkoue hok te slaan
“Dié winter wil ons alles in ons vermoë doen om mense wat in nood verkeer se omstandighede ten goede te verander.”
Foto’s: Barmhartige samaritane red plaaswerkers uit vloedwater
“Die meeste werkers het net met die klere aan hul lywe en ʼn kombers of ʼn kussing in die boot geklim.”
Omgee help leemte van afwesige pa’s vul
Die hartseer van die situasie is dat navorsing toon dat meer as 60% van kinders in Suid-Afrika die lewenspad sonder ʼn pa aan hul sy moet stap.
‘Binnelanders’ se Clint en Bradley geniet die rol van pa-wees
Maroela Media het met Clint Brink en Bradley Olivier, akteurs van die sepie “Binnelanders”, gesels oor pa-wees en Vadersdag.
Video: Willie Spies, skoolhoofde agter tralies vir ʼn dag
ʼn Omroeper, ʼn prokureur en verskeie skoolhoofde het Donderdag agter tralies deurgebring, maar om ál die regte redes.
Kliniek help SA pikkies van uitwissing red
“Ons probeer om van die skade wat mense deur die jare heen aan hierdie voëls aangerig het om te keer.”
Video: Aspirant-liedjieskrywers geslyp tydens Skryfnet-kursus
Die kursus is aangebied onder leiding van die sanger, musikant en liedjieskrywer, Deon Meiring. Die musikant Jako Meyer het ook as mentor opgetree.
Foto’s: ‘Hartverskeurend’ toe hond, eienaar ná ongeluk herenig word
“Bulletjie se stertjie het onmiddellik gewaai toe hy sy eienaar sien. Hy het haar in die gesig gelek en gesoen.”
Afrikaanse jeugroman, digbundel word internasionaal vertaal
Dié twee Afrikaanse boeke gaan binnekort met behulp van die PEN Afrikaans Vertaalfonds in Albanies en Frans vertaal word.
Poskantoor sál aflewer (al is dit ook 13 jaar later)
Dit het dalk 13 jaar geduur, maar dié pakkie wat in New York na Durban gepos is, het nou uiteindelik (en boonop sonder enige skade) sy eindbestemming in Suid-Afrika bereik.
Fakkels bring hulde aan mense met gestremdhede by LIG-konsert
Studente met gestremdhede is gewone studente met groot drome in hul harte, op soek na ‘n regverdige kans vir hul toekoms. Daarom is die LIG-studiefonds geskep om behoeftige, gestremde Afrikaanse studente te finansier met rentevrye studielenings.