Die een goeie ding wat Covid-19 veroorsaak is dat dit ons dwing om nuut te dink, weer te waardeer wat ons het, en ons aanspoor om anders op te tree: óns het die vermoë om deur ons dade ware gemeenskapslewe weer terug te bring.
Boere en moeilike besluite
Elize Perrin skryf oor hoe die boerderygemeenskap van Graaff-Reinet en die Groot-Karoo die droogte en Covid-19 beveg.
Voldoende graan vir die jaar – minister
Vanjaar se graanoes is die tweede grootste oes in die land se geskiedenis.
‘Onbeholpe regering’ bedreig voedselsekerheid
Die regering wil hê boere moet help om vars produkte aan behoeftige gemeenskappe te voorsien, maar wil nie help om voedselproduksie te beskerm nie.
‘Dit was ’n gebedsversoek, nou is dit ’n Koninkryksboerdery’
Grové sê: “Ons probeer leef op ’n manier wat effektief is en wins maak, maar vir ’n ander rede. Ons het ’n ander dryfveer”.
’n Klein kudde, maar ’n groot droom: Nick Serfontein deel sy suksesverhaal
“Al wat ek wou doen, is om met rooibeeste te boer.”
Grafiek: ʼn Vinnige oorsig van die BBP-groei
Die jaar-tot-jaar-groeikoerse dui steeds daarop dat die ekonomie geensins uit die moeilikheid is nie. Dié koerse projekteer tans ver onder 1% vir 2019 in geheel.
Boer in harmonie met buffels, seekoeie ís moontlik
ʼn Groepie toegewyde boere van die Overberg het ʼn streep in die sand getrek en gesê: “Ons kán in harmonie met die natuur boer.”
Foto’s: ’n Grondpadreis deur die landbougeskiedenis
Die toestand en onderhoud van museums in Suid-Afrika skets nie altyd ’n rooskleurige prentjie nie en verskeie museums het deur die jare erg agteruitgegaan. Maar ’n besoek aan die Willem Prinsloo-landboumuseum is niks minder as ’n verrykende en genotvolle kulturele ervaring nie. En dan is jy weer hoopvol.
Ou vriendskap wek kommer
Die samewerking van die ou vriende Ramaphosa en Meyer, spel dus nie noodgedwonge iets goeds uit nie, want Meyer gaan uiteindelik maar weer die ANC se beleid vir hulle uitvoer, tot nadeel van landbou en die land.
Lesersbrief: Saam kan ons plaasaanvalle oorwin
Net so moet elkeen van ons die boere steun waar ons kan en wys dat hulle nie alleen staan in hierdie stryd nie. Saam is ons sterker!
Natuurlike voedselpreserveermiddel in die vooruitsig
“Ons navorsing toon dat die gebruik van byprodukte van sitrus en wyn wat ryk is aan bioaktiewe komponente ’n doeltreffende, goedkoop, maklik beskikbare en omgewingsvriendelike platform vir die produksie van natuurlike en volhoubare voedselpreserveermiddels kan bied.”
Landbou-organisasie benadruk sy koers
Die TLU SA het Maandag opnuut standpunt ingeneem oor private eiendomsbesit en die vrymarkstelsel se waarde vir die plaaslike landboubedryf tydens die bekendstelling van dié landbou-organisasie se opgedateerde handelsmerk en nuwe sosialemediaplatforms.
Antibiotika in diereproduksie: Oorregulering kan armoede vererger
Afrivet, ’n lid van die Suid-Afrikaanse Dieregesondheidsvereniging (SAAHA) en ’n korporatiewe lid van Agri SA, doen ’n beroep op Senzeni Zokwana, minister van die DLBV, om in die belang van voedselsekerheid en die volhoubaarheid van Suid-Afrikaanse vee-eienaars op te tree.
Beleidsekerheid kan werksgeleenthede in landbou skep
Landbou kan ʼn groot hou teen werkloosheid slaan, maar boere en landbou-ondernemings kort dringend die beleidsekerheid om so te maak.
Grondhervorming: ‘Boere gaan self moet inspring’
Grondhervorming en ʼn verskuiwing na ʼn meer inklusiewe ekonomie is onvermydelik – dit gaan op die een of ander manier moet gebeur. Dit is hóé dit gedoen word wat uiteindelik die bepalende faktor sal wees of die landbousektor gaan floreer of sink.
Waarom elke boer en sy span vir die DA moet stem
Ek het navorsing gedoen, spesifikasies, werksverrigting en dieselverbruik vergelyk voordat ek rasioneel besluit het watter vervaardiger my besigheid gaan kry. En ek gaan dieselfde proses volg met my stem in hierdie jaar se verkiesing.
Theo Venter: Dít kan dalk op 8 Mei by stembusse gebeur
Ondanks die onsekerheid het Venter wel gewaag om ʼn voorspelling te maak oor die verkiesing.
Lesersbrief: Berader-leraar praat oor Bultfontein se boere
“Weet jy,” vra ’n boer, “weet jy hoe dit voel wanneer ’n plaas wat al ses geslagte in die familie is, by jóú eindig?”
Seil-Safari wil oplossings vir landboubedryf bring
Theo Vorster, aanbieder van die reeks Sakegesprek, sal brandende kwessies aanroer met die fokus op grondonteiening en magspolitiek, terwyl Christo Briedenhann en genl.maj. Roland de Vries, sekuriteitstegnologiespesialiste, hul kennis oor die gebruik tegnologie vir landelike veiligheid en die voorkoming van vee- en gewasdiefstal sal deel.