Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Nóg vier mense toets positief vir Covid-19 in SA
Dit bring die getal bevestigde gevalle in Suid-Afrika op sewe te staan.
Video: Taxidrywer vas ná voorval met moersleutel
’n Video van die voorval word sedertdien wyd op sosiale media versprei.
Pongola-skietery: Twee wou glo land verlaat
Twee mense is tydens Vrydagaand se skietery by die rugbyklub dood.
Grootvlei se kragprobleme dalk gou verby
Die Dipaleseng-munisipaliteit in Mpumalanga het aangekondig hy het geld aan Eskom betaal om die kragtoevoer na dorpe in dié munisipaliteit te verhoog.
Só lyk ondersoekproses na Wes-Kaapse regter
Die heen-en-weer-beskuldigings tussen die regters duur nou al ʼn geruime tyd.
Gary Player deur Trump vereer
Suid-Afrika se gholflegende Gary Player gaan deur pres. Donald Trump vereer word.
Koronavirus: Stel jou vrae
Baie mense loop met vrae rond soos: Hoe presies word dit oorgedra? Wat moet ek doen as ek vermoed ek het die virus? Hoe voorkom ek dit? Hoe word die virus behandel, en so meer? Maroela Media gaan ʼn paneelbespreking fasiliteer wat direk uitgesaai word.
Vroue, veral ma’s, steeds minder as mans betaal
Suid-Afrika het die wêreld se grootste salarisongelykheid. Vroue verdien steeds 28% minder as mans in die werkplek en ma’s verdien selfs minder as vroue sonder kinders.
Johannesburgse skool gesluit weens Covid-19
’n Laerskool in Morningside is gesluit weens die gevreesde nuwe koronavirus.
Beweerde molestering: NVG vra geduld
Die NVG sê hy het wel begrip daarvoor dat slagoffers soms gefrustreerd met die regstelsel voel, maar sake van geweld teen vroue en kinders moet as ʼn prioriteit hanteer word.
Man in hof oor bomdreigemente
Dié 47-jarige man is Sondag ná ʼn jaar lange ondersoek in hegtenis geneem.
Talle dood, vermis ná ‘isolasiehotel’ in China ineenstort
Mense is in isolasie in die hotel gehou weens Covid-19.
Onafhanklike ondersoek ná BLO-vliegongeluk
Fikile Mbalula het besluit om gehoor aan die families se versoek te gee.
Geregtelike ondersoek na toeris se dood op gholfbaan
’n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van sy dood bepaal.
Inkomstediens tref voorsorg teen Covid-19 by takke, grensposte
Jan Taks gaan onder meer handreinigers vir besoekers by al sy takke beskikbaar stel.
Eerste Covid-19-sterfte in Afrika
Die siekte versprei in dié stadium vinnig in die Midde-Ooste.
Nuuskommentaar: Word politieke korrektheid ’n groter of kleiner probleem?
’n Breë opvatting bestaan byvoorbeeld dat politieke inkorrektheid deur regses gebruik word om dinge vir die linkerkant van die politieke spektrum moeilik te maak.
Ondersoek na Enock se dood afgehandel
Dít volg dae nadat die forensiese verslag bevind het dat die skool nalatig en roekeloos opgetree het gedurende die skoolkamp waartydens Enock verdrink het.
Reusesoektog ná Kaapstad-skietery 6 eis
Volgens die polisie het die mans net wild begin skiet nadat hulle Sondag in die vroeë oggendure die huis binnegegaan het.