Teatergangers kan solank kaartjies vir die eerste vertonings op 6 en 7 Maart koop.
11de Fiëstas beloof glansryke inspirasie
Dit is vanjaar die 11de keer dat die Fiësta-pryse uitgedeel word en hoewel dit anders as gewoonlik gedoen word, beloof dit om steeds glansryk en inspirerend te wees.
Teatermakers, dansers neem STANDpunt in
Die Take-a-STAND-gesprekreeks bied ’n platform aan diverse stemme uit die dans- en teaterbedryf om verskeie uitdagings en sosiale kwessies in die uitvoerende kunste te bespreek.
Fiësta-benoemings bekend
“Dit is belangrik om erkenning te gee vir die manjifieke werk wat op innoverende maniere steeds op verhoë en aanlyn aangebied is.”
Die Boer-teater sluit weens Covid-regulasies
Die Boer-teater in Durbanville, Kaapstad, het aangekondig dat dit na 15 jaar sy deure gaan sluit omdat dit nie meer die groot las veroorsaak deur die Covid-19-regulasies kan dra nie.
Dawn Lindberg oorlede
Huldeblyke stroom in na die dood van Dawn Lindberg, ’n legende in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.
Kunstekaap se deure weer oop
Die teaterkompleks het sy deure vir die publiek heropen met die bekendstelling van ʼn buitengewone kunswerk.
Hannes se ‘Sê groete vir ma’ eersdaags aanlyn te sien
Dit is ʼn drama waar die lag en die traan baie na aan mekaar loop: Die band tussen ʼn ma en haar kind, hulle lewensreis saam en die pyn en onvermydelikheid van oudword.
Wen: Mzansi Ballet se ‘Queen’ in Pretoria
Twee gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na ‘The Queen Show’ by Monte de Dios in Pretoria.
ATKV-Tienertoneel 2020: Wenners aangewys
Deelnemers is vanjaar meer as ooit tevore uitgedaag om die liefde vir toneel te bevorder deur slegs nuutgeskrewe monoloë binne ’n voorgeskrewe tema-wolk (huis, isolasie, ingeperk, staties, alleen) in te skryf.
Jannie Moolman gesels oor passie vir digkuns, Afrikaans
”Daar is baie kunstenaars wat op hulle eie manier probeer veg vir ons mense en ons taal.”
Gerrit Schoonhoven sterf
Schoonhoven was betrokke by die regie van “Binnelanders”, “Hartland”, “Orion” en “Plek van die Vleisvreters”.
ATKV-Tienertoneel: Kom stem vir jou gunsteling uit die top-12
Die publiek kan ook vanjaar vir die eerste keer vir ’n gunsteling-deelnemer stem.
Frank Opperman sit avonture voort in ‘Steeds Donkie’
Frank Opperman, wat die rol van mnr. Barry Swart in die eenmanstuk ‘Donkie’ speel, is op 25 Oktober by die Atterbury-teater te sien in ‘Steeds Donkie’.
Liewe Heksie se laaste avonture aanlyn te sien
Liewe Heksie en die tuindwergie’ is die laaste ‘Liewe Heksie-storie wat ‘Verna Vels geskryf het.
Brooklyn-teater begroet bittersoet seisoen weens Covid-19-pandemie
Die Brooklyn-teater het onlangs aangekondig dat hy die gebou in Menlopark gaan ontruim. Konserte sal vir eers aanlyn beskikbaar wees.
ATKV-Tienertoneel maak Top-20 bekend
As jy gewonder het of die Covid-19-pandemie vanjaar se ATKV-Tienertoneel sou kelder, dink weer! Hier is die 20 finaliste wat pas aangekondig is.
SA gebore draaiboekskrywer sterf
Ronald Harwood was veral bekend vir sy Oscar-bekroonde draaiboek vir The Pianist.
Watwou inryteater, Atterbury bied instapteater
Al ooit gehoor van ʼn instapteater? Atterbury-teater en Optog! nooi teatergangers om op 12 en 13 September dié unieke ervaring te beleef.
Luister: Dowwe Dolla hou eerste en enigste aanlyn vertoning
“Vergeet van die politiek en die geld wat knyp, om nie te praat van die korona-rolletjies wat knyp nie! Gun jouself net ʼn blaaskans.”