Terwyl die wêreld angstig na die oorloë in Israel en Oekraïne kyk, word daar dalk binnekort ʼn nuwe oorlogsfront geopen, op ʼn heel onwaarskynlike plek, tussen Venezuela en Guyana.
Soekresultate vir: Oekraïne
Landbouminister gemaan om Botswana-krisis op te los
Die DA is uiters besorg oor die onlangse aankondiging van Botswana se verlenging van invoerbeperkings op varsprodukte van Suid-Afrika.
Poetin stel homself weer verkiesbaar vir 2024
Die Russiese leier Wladimir Poetin het besluit om volgende jaar Maart weer aan die presidensiële verkiesing deel te neem.
SA regering kap na Strafhof oor Gaza
“Daar behoort geen onduidelikheid te wees nie – die tragiese optrede deur die staat Israel wat ons in Gaza sien, voldoen aan die definisie van oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom, en selfs die misdaad van volksmoord.”
Russiese tiener skiet klasmaats, toe haarself
Die 14-jarige meisie het vanoggend ʼn pompaksie-haelgeweer skool toe geneem waarmee sy later losgebrand het.
Rekordoes vir kanola; vooruitsigte opwindend
Tans is Suid-Afrika ʼn netto invoerder van hierdie belangrike voedselkomponent en al die kanola-olie wat dus plaaslik geproduseer word, in plaas van ingevoer word, help tot die uitbou van Suid-Afrika se landboubedryf.
Bevolkingsafname reuse-uitdaging vir ryker lande
Die vraag oor of immigrasie van mense uit arm lande die antwoord op hierdie probleem is, word tans in baie ryker lande gedebatteer.
Staatsmanne soos Kissinger is yl gesaai
Die vraag ontstaan hoe anders die wêreld sou lyk as sy opvolgers sy strategiese insig sou hê.
Klimaatberaad: ‘Kernkrag het rol om te speel’
Ondersteuners van kernkrag sê dit is ʼn noodsaaklike bron van betroubare emissievrye energie, terwyl teenstanders die risiko’s en hoë koste uitwys.
Luxon as Nieu-Seelandse premier beëdig
Christopher Luxon se administrasie beoog om die teen-rookwetgewing wat verlede jaar in Nieu-Seeland aanvaar is, te skrap voordat dit in werking tree.
Maroela Media se joernaliste beloon vir puik werk
“Vir my is die heel belangrikste vrug op die werk van die afgelope jaar wanneer ek met mense buite Maroela gesels en hoor dat hulle Maroela sien as ʼn mediahuis wat optree met integriteit en etiek; ʼn mediahuis wat werklik ons Christelike fondamente uitleef.”
Die SA-keiser is kaal in Katar
Ramaphosa se besoek aan Katar het ongelukkig ʼn hele aantal draadjies, die draadjies van Suid-Afrika se buitelandse beleid in 2023 en hierna, in die oë van die Weste aan mekaar verbind. Die keiser is kaal.
Inflasie en skuld ons grootste kopsere
Samevattend is dit duidelik dat die land in ʼn baie problematiese situasie verkeer. Dit kom oor baie jare wat geleidelik opgebou het tot ʼn punt waar, figuurlik gesproke, die wiele nou afkom.
SA moet diplomatieke bande met Israel én Palestina behou
“Wanneer die ANC en hul gevolmagtigdes na Gaza kyk, sien hulle nie menslike tragedie nie, hulle sien ʼn politieke geleentheid,” sê Powell.
Verkiesing in Nederland mag nuwe era vir dié land inlei
Terwyl die oorlog in Oekraïne voortwoed en die konflik tussen Israel en Hamas harde verdelingslyne in Westerse lande herbevestig het, is baie Nederlanders onseker oor die toekoms van hulle eie land.
Israel-Hamas: die senupunt in ʼn herskikkende orde
“Die nadraai hiervan is ʼn onvoorspelbare, multipolêre wêreldorde met baie verskillende en teenstrydige belange met as enigste gemene deler die weersin in Westerse oorheersing.”
Die tesourie se balanseertoertjie
In ʼn toespraak gekenmerk deur terme soos herprioritisering, aanpassing, identifisering van ondoeltreffendheid en vermorsing, en prioritisering van hervormings, het die ernstige erkenning van die land se fiskale verknorsing soos ʼn paal bo water gestaan.
Boer winsgewend en volhoubaar
Landbouers sukkel ook om binne hul inkomste te leef. Dis onwaarskynlik dat negatiewe ekonomiese omstandighede binnekort gaan verbeter, maar ʼn boer moet ʼn plan maak.
’n Parkie van hoop
Die woorde van ʼn jong klein dogtertjie met die opening van die nuutgeskepte parkie is kosbaar en hoopgewend: “Ons speel hier, ons mag en ons kan. Dit is lekker en dit is vry.”
‘Nou nie tyd vir verkiesing in Oekraïne’
Die wêreld se aandag het sedert die dodelike Hamas-aanval op Israel op 7 Oktober egter grootliks op die Midde-Ooste geval – en daar is toenemende druk op Zelenski oor die voortgesette konflik.