Ramaphosa het ook beloof om sertifikate van uitnemendheid aan elk van die hotel se werkers vir hul onbaatsugtige diens te onderteken.
Alles vir die sleutelwoord "Cyril Ramaphosa"
Foto’s: Ramaphosa spreek groep uit Wuhan toe
“Ek het trane in my oë gehad toe julle in Suid-Afrika van die vliegtuig afklim.”
Ramaphosa sien groep SA-ners by oord af
The Ranch Hotel is nou as ’n groen sone verklaar.
MRK gaan staat tydens afsondering fyn dophou
Die MRK sê hy gaan tydens die afsonderingstydperk ʼn klein groep van sy werkers en kommissarisse afvaardig om die situasie te monitor en indien nodig in te gryp.
Ramaphosa aan weermag: ‘Gaan red lewens’
Ramaphosa het in weermaguniform, as opperbevelvoerder van die SANW, soldate by die Doornkop-weermagbasis in Soweto toegespreek en uitgestuur op die vooraand van die staat van afsondering.
21 vrae oor landwye afsondering beantwoord
Dit is die heel eerste keer in Suid-Afrika se demokrasie dat ’n algehele landwye afsondering in die land ingestel word.
Landwye afsondering ‘regte ding om te doen’
“As ons nie nóú hierdie opoffering maak nie, sal ons op die lange duur ʼn baie groter prys betaal.”
Ramaphosa spreek SA eers later toe
Ramaphosa sou aanvanklik Sondagaand die jongste verwikkelinge rakende Suid-Afrika se pogings om Covid-19 te bekamp bekendgemaak het.
Covid-19: SAners gee gehoor aan regulasies, sê Ramaphosa
Die president van Botswana is intussen in afsondering geplaas nadat hy Namibië onlangs besoek het.
Covid-19: ‘Geen rede tot kommer’ oor Ramaphosa se gesondheid
Ramaphosa bly by die voorgekrewe bepalings om die verspreiding van Covid-19 te beperk terwyl hy steeds sy pligte nakom.
President gaan nie nasie vanaand toespreek
Pres. Cyril Ramaphosa gaan nie meer vanaand die nasie oor die jongste stand van sake rakende Covid-19 toespreek nie.
Ramaphosa spreek nasie later vandag toe
Die president se toespraak sal regstreeks op talle radiostasies, televisiekanale en aanlyn uitgesaai word.
Hoe verskil ʼn noodtoestand van ʼn ramptoestand?
Sedert die vergadering tussen pres. Cyril Ramaphosa en opposisieleiers Woensdagoggend toe die moontlikheid van ʼn noodtoestand genoem is, het vrae ontstaan oor die verskil tussen ʼn ramptoestand en ʼn noodtoestand.
Gerugte van Ramaphosa-aankondiging is fopnuus
“Hou op fopnuus versprei,” het Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, in reaksie op die gerugte gesê.
Politieke partye steun regering se Covid-plan
“Die siekte is besig om te versprei; dit is nodig dat almal saamwerk.”
Cyril se omwenteling oor Eskom en die DA oor SEB
Twee berigte van die afgelope paar dae het my aandag nogal getrek en albei kom op ’n taamlike omwenteling neer, skryf Leopold Scholtz.
Suid-Afrikaners in Wuhan Vrydag terug in SA
In dié stadium is daar nog geen aanduiding van wáár die groot groep drie weke lank in kwarantyn gehou gaan word nie.
OB ‘verleentheid’ vir SA
Die jongste hofbevinding teen die beleërde Openbare Beskermer het tot hernieude oproepe vir haar bedanking gelei.
Ramaphosa vs. Mkhwebane: OB kry opstopper
Die hof het bevind die OB se bevindings was nie net irrasioneel nie, maar ook roekeloos.
Covid-19 in SA: ‘Onnodig vir paniek’
“Die land is nou op gereedheidsgrondslag. Ons sal wag vir die besonderhede van die situasie namate dit ontvou.”