Die groeikoers van Januarie tot September is ook kommerwekkend.
Alles vir die sleutelwoord "Sakeliga"
‘Moenie SAL-kaartjies koop nie’
“Die SAL het die afgelope jare miljarde rande se belastingbetalersgeld ontvang. Hervormings is keer op keer belowe, maar skulde neem eenvoudig toe. Daar is geen vooruitsig dat die SAL winsgewend sal word nie.”
Luister in 3 minute: IMF maan SA regering
Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek die kommentaartydperk op die NGV wat binnekort sluit. Hy kyk ook na die IMF wat die Suid-Afrikaanse regering weer oor sy finansies vermaan het en gee ook ʼn nabetragting van SAL se staking.
Bedryfshandelstoestande swakste sedert die 2008-’09-resessie
Prakties gesproke het SA jare gelede reeds ‘rommelstatus’ bereik
Luister in 3 minute: SAL, eiendomspraktisyns onder die loep
Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder by Sakeliga, bespreek in vandeesweek se aflewering van 3 Minute, 3 Sake die staking by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL).
Grafieke: Voertuigverkope wys verbruikers bly onder druk
Verkoopsvolumes staan steeds naby aan ’n 10 jaar-laagtepunt en ’n dui op ’n langer 15 jaar-stagnasie in voertuigverkope.
SEB eersdaags ook vir eiendomsbedryf verpligtend
Swart ekonomiese bemagtiging (SEB)-deelname is ingevolge ʼn nuwe wet eersdaags verpligtend in die eiendomsbedryf.
Luister in 3 minute: Onteiening, waterregte en die toedeling van dataspektrum
Okasa se nuwe reëls kan selfoonmaatskappye kniehalter.
Sakeliga wil nuwe lewe in plaaslike, internasionale sakekamers blaas
Die organisasie sal ook Suid-Afrikaanse sakelui in ander lande nader.
Luister in 3 minute: Regering se betaalstaat neem toe
Gerhard van Onselen, ʼn senior ontleder by Sakeliga, neem hierdie week se sakekwessies onder die loep.
Grafiek: Fiskale stres in Suid-Afrika groei
Die fiskale tekorte veroorsaak ’n ongunstige toename in die staatskuld.
Hofoorwinning vir inwoners oor munisipaliteit se onwettige invorderings
Die munisipaliteit het vroeër besluit dat inwoners hul uitstaande skuld in die bankrekening van ʼn eksterne diensverskaffer moet inbetaal, eerder as in die munisipaliteit se amptelike bankrekening.
Interdik teen invordering van onwettige heffings, belastings
Die interdik verbied die verdere onwettige invordering van munisipale heffings, belastings en gelde vir riool- en vullisverwydering.
Beoogde wetsontwerpe bedreig handel met VSA – Sakeliga
Sou die wette van toepassing word, gaan die belastingvrystelling opgeskort word en sal plaaslike vervaardigers hul pryse moet opstoot, wat uitvoere sal laat daal.
Grafiek: Verbruikersprysinflasie vir September 2019
Statistieke Suid-Afrika het vandeesweek die jongste verbruikersprysinflasiesyfers bekendgemaak. Verbruikerspryse het met 4,1% in September 2019 gestyg. Dit is laer as die styging van 4,3% in Augustus.
Luister in 3 minute: Waar lê Suid-Afrika op die Wêreld-Ekonomiese Forum se ranglys?
Hoewel Suid-Afrika met ses plekke op die ranglys versterk het, dra ‘n onbuigsame arbeidsmark toe tot sake wat onderdruk bly.
Belasting: Invordering onder druk
Die regering is tans onder groot druk om sy belastingsteikens vir die lopende belastingjaar te bereik.
Luister in 3 minute: Ramaphosa beoog ‘goedkoper’ sake in SA
In die jongste 3 Minute, 3 Sake kyk Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, na Eskom wat onlangs die howe genader het vir bystand teen Nersa se prysbesluite; strenger regstelaksie-wette wat beoog word en pres. Cyril Ramaphosa se onlangse sprake oor sake wat vir klein en groot ondernemings makliker gemaak moet word.
Sakeliga: Aptekersraad moet opdrag aan aptekers terugtrek
Die sakeorganisasie Sakeliga het Dinsdag daarop aangedring dat die Suid-Afrikaanse Aptekersraad ’n opdrag aan sy lede dat hulle steun vir die Nasionale Gesondheidsversekering moet belowe, terugtrek.
Grafiek: Stygende arbeidskoste in die openbare sektor
Met die oog op die Oktober se mediumtermyn-begroting is verskeie ontleders weer besig om na die regering se besteding op arbeid te verwys.