Terwyl die aantal nuwe infeksies steeds daal, wys internasionale data die koers waarteen Suid-Afrikaners teen Covid-19 ingeënt word, is van die laagste ter wêreld.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Petrus Sitho en kie stap teen plaasmoorde
“Dit is nie maklik nie, maar ek kan nie kla nie. Ek móét iets doen. Ek moet ʼn verskil maak.”
Rugbyspeler van SA deur Hawaii-polisie doodgeskiet
Videomateriaal van die voorval wys hoe Myeni die polisie se opdrag om op die grond te lê, verontagsaam en handgemeen raak met een van die beamptes.
Swaar pad na herstel ná meisie in motorwrak vassit
“Elke oproep wat ons in dié tyd ontvang het, was angswekkend. Jy weet nie of hulle jou kind lewend of dood gaan kry nie.”
Foto’s: Pta-dieretuin hoort steeds op jou besoeklysie
Maroela Media het ondersoek ingestel nadat klagtes oor die “swak toestand” van die dieretuin op sosiale media versprei is.
ʼn Ma se stryd: ‘Ek sal baklei tot op die einde’
Daar is tans vir klein MJ geen ander behandeling as om hom gemaklik te hou nie. In ʼn stadium gaan hy bloot ophou asemhaal.
Nuwe Covid-19-gevalle bly laag
“Dit beteken dat daar geen aanduiding is van ʼn skerp styging in gevalle ná Paasnaweek óf enige tekens van ʼn derde golf nie.”
Man oorleef ‘wonderbaarlik’ toe bakkie meters ver val
Omdat die gebied so afgeleë is, het verbygangers die jong man eers etlike ure later om hulp hoor roep.
Gastehuiseienaar in rolstoel toe hy vermoor is
Die 69-jarige Greg May, wat Donderdag in ʼn gastehuis in die Vrystaat vermoor is, sou Saterdag sy verjaarsdag vier.
Vrou wat baba steel, lank tronk toe
Nadat haar baba ontvoer is, het die ma dae lank gehuil en kon sy nie eet of slaap nie.
Pta-skoolhoof in hospitaal met Covid-19
Talle leerders en onderwysers van dié spogskool is tans in isolasie.
Video: Wetstoepassers deur perlemoenstropers verjaag
Hulle was met klippe, stokke en pangas gewapen en het die wetstoepassers verhinder om teen die stropers op te tree.
Hier registreer SA’ners bó 60 vir entstof
Suid-Afrikaners ouer as 60 jaar kan van Vrydagmiddag registreer om die entstof teen Covid-19 te ontvang.
Oudbokser roerend gegroet
Knoetze was die gelukkigste op sy Vespa-bromponie. Dit is met dié einste ryding waarmee hy verongeluk het.
Nooddienswerker ‘teregstellingswyse’ langs pad geskiet
Die man het vyf koeëlwonde in die agterkop gehad, terwyl die voertuig se sleutel steeds in die aansitter was.
‘Onbevoegde regering’ wil radikale wetgewing instel – VL
“Gegewe bestaande korrupsie en onbekwaamheid in die bestuur van staatsgrond, wat is die implikasies sodra onteiening sonder vergoeding in beweging gesit word?”
Lewenslank vir ‘werksoekers’ wat bejaarde vermoor
Die twee het die 79-jarige Johnie William Marx in sy huis op Jeffreysbaai oorval, aangerand en met ʼn sak oor sy kop vir dood agtergelaat.
Covid-19-statistieke: 73 nuwe sterftes
Hier is die jongste syfers.
‘Boer soek ʼn vrou’: Só gaan dit nou met TV-boere
Sedert die reünieprogram op 16 Desember verlede jaar geskiet is, het ʼn paar verwikkelinge in die boere se liefdeslewe plaasgevind. Vermy hierdie berig as jy nog nie Donderdagaand se episode gekyk het en geen verrassings wil bederf nie.
‘Dit is wat ek noem Boer soek ʼn vrou-magic’
“Hy het my hand gevat en gevra of ek sy meisie sal wees, maar ook of ek sy braaibroodjies sal maak.” Vermy hierdie berig as jy nog nie die episode gekyk het en geen verrassings wil bederf nie.