Knoetze was die gelukkigste op sy Vespa-bromponie. Dit is met dié einste ryding waarmee hy verongeluk het.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Nooddienswerker ‘teregstellingswyse’ langs pad geskiet
Die man het vyf koeëlwonde in die agterkop gehad, terwyl die voertuig se sleutel steeds in die aansitter was.
‘Onbevoegde regering’ wil radikale wetgewing instel – VL
“Gegewe bestaande korrupsie en onbekwaamheid in die bestuur van staatsgrond, wat is die implikasies sodra onteiening sonder vergoeding in beweging gesit word?”
Lewenslank vir ‘werksoekers’ wat bejaarde vermoor
Die twee het die 79-jarige Johnie William Marx in sy huis op Jeffreysbaai oorval, aangerand en met ʼn sak oor sy kop vir dood agtergelaat.
Covid-19-statistieke: 73 nuwe sterftes
Hier is die jongste syfers.
‘Boer soek ʼn vrou’: Só gaan dit nou met TV-boere
Sedert die reünieprogram op 16 Desember verlede jaar geskiet is, het ʼn paar verwikkelinge in die boere se liefdeslewe plaasgevind. Vermy hierdie berig as jy nog nie Donderdagaand se episode gekyk het en geen verrassings wil bederf nie.
‘Dit is wat ek noem Boer soek ʼn vrou-magic’
“Hy het my hand gevat en gevra of ek sy meisie sal wees, maar ook of ek sy braaibroodjies sal maak.” Vermy hierdie berig as jy nog nie die episode gekyk het en geen verrassings wil bederf nie.
Danie Langner: Voortrekker, voorloper en vader van vele
Dr. Danie Langner is onlangs aangewys as die nuwe uitvoerende hoof van die Voortrekkermonument. In ‘n onderhoud met Maroela Media brei hy uit oor die monument se oorlewing as baken van hoop, sy rol as hoofleier van die Voortrekkers, die ander leierskapstoele waarop hy sit en dit waarop hy die trotste is – om ’n pa van ses te wees.
Akademici vir lewensbydrae tot Afrikaans vereer
Albei wenners geniet wye aansien as literatuurwetenskaplikes van internasionale formaat.
Egpaar, oorsese gas in plaashuis oorval
“Ek het net gebid: Here, asseblief laat dit nie ons laaste dag op aarde wees nie.”
Zuma: ‘Ek is ʼn gevangene van die Konstitusionele Hof’
Die oudpresident herhaal weereens dat hy gereed is om tronk toe te gaan, maar maak uiteindelik geen aanbeveling oor ʼn gepaste straf soos wat hoofregter Mogoeng Mogoeng versoek het nie.
Nuwe leierskap vir weermag
Ramaphosa het Woensdagaand onder meer die nuwe hoof van die weermag aangekondig.
Covid-19-statistieke: Byna 1 600 nuwe gevalle
Byna 35 000 toetse is wel sedert die vorige verslag uitgevoer.
Skietery op Piet Retief: Dís glo hoe gebeure verloop
Volgens inwoners op die dorp het boere uit noodweer begin skiet om hulself teen die moeilikheidmakers te beskerm, terwyl hulle vergeefs op die polisie gewag het.
Ponzi-bedrieër Bernie Madoff oorlede
Bernie Madoff, wat die grootste Ponzi-skema nóg bedryf het, is Woensdag in die ouderdom van 82 oorlede.
Wenners van 2021-Andrew Murray-pryse bekend
Die Andrew Murray-prysfonds bevorder uitnemendheid in die Christelike media deur die bekroning van werke van hoogstaande gehalte in Afrikaans en ander tale van Suid-Afrika.
Skoolmeisie vas ná video van boeliery versprei
Die gr. 10-leerder wat aangerand is, het glo ná die voorval haar eie lewe geneem.
Vermiste man se branderplank gekry
Dit lyk of die branderplank bytmerke het van wat moontlik ʼn haai kan wees.
Só lyk vooruitsigte vir beurtkrag
Eskom moes noodgedwonge beurtkrag tot Woensdag 05:00 instel.
Foto’s: Groot likkewaan in Pretoria gered
“Ek het geweet ons moet die outjie vang, want anders gaan iemand hom doodmaak óf hy gaan deur ’n motor in die besige straat getrap word.”