Een van die vier pasiënte wat vir ingewandskoors in Johannesburg behandel is, is Maandag uit die Edenvale-streekshospitaal ontslaan.
Alles vir die maand Januarie 2016
De Lille weer DA se Kaapstad-burgemeesterskandidaat
Die Demokratiese Alliansie (DA) het Maandag aangekondig dat Patricia de Lille in 2016 weer die party se burgemeesterskandidaat in Kaapstad tydens die plaaslike verkiesings sal wees.
Boek: Ons eie Kleuterbybel
Ons eie Kleuterbybel is ’n onontbeerlike toevoeging tot jou kind se geloofsvorming.
[Foto’s]: SA’ners jubel oor riviere wat weer vloei
Foto’s van die broodnodige reën wat oor die hele Suid-Afrika geval het, het baie positiewe reaksie op sosiale media uitgelok.
Nuuskommentaar: Oom Paul en die kriminalisering van Afrikanergeskiedenis
In ’n poging om veral die DA as faktor in die komende munisipale verkiesing te erodeer, skroom die ANC nie om genadeloos ’n verbale rasse-oorlog te stook nie. Maar gaan so ’n stokery noodwendig verbaal bly, veral as die Afrikaner en sy helde gekriminaliseer word?
NWU-studenteraad verwerp ‘onwettige’ verkiesing van registrasiepersoneel
Die studenteraad van die Noordwes Universiteit (NWU) se Mafikeng-kampus het Maandag sy misnoeë teenoor die bestuur van dié kampus uitgespreek rakende die “onwettige aanstelling” van 31 mense om die registrasie- en oriëntasieproses te lei
Jong man verongeluk op motorfiets
ʼn Jong man is dood toe hy Dinsdagoggend tydens ʼn botsing in Roodepoort, Johannesburg, van sy motorfiets afgeslinger is.
Poetin se einde moontlik nie vreeslik ver weg nie
Pres. Wladimir Poetin is waarskynlik verantwoordelik vir die gifmoord op die Russiese dissident Alexander Litwinenko in 2006, het ’n afgetrede regter van die Britse hooggeregshof, sir Robert Owen, in ’n verslag einde verlede week bevind.
Man kom op vrou se liggaam aan dakbalk af
Die Vrystaatse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn vrou van Botshabelo, oos van Bloemfontein, wreed in haar huis vermoor en opgehang is.
Polisielede vas oor omkoopgeld
Die polisie in Brits, Noordwes, het twee beamptes in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld aanvaar het vir beweerde afpersing.
Man gee hom oor ná moord
Die man wat na bewering Pietermaritzburg se hoofverkeersbeampte doodgeskiet het, het hom Maandag aan die polisie oorgegee.
OPRU herskik klubligas om te besnoei
Die Oostelike Provinsie-rugbyunie (OPRU) het sy ligastruktuur wesenlik herskik en vaartbelyner saamgestel in `n ernstige poging om op reiskoste te besnoei.
Pta-leerder kritiek beseer in voorval by skoolkamp
Carmen Botha, ʼn gr. 8-leerder van Centurion, veg om haar lewe in die waakeenheid van ʼn Johannesburgse hospitaal nadat sy kritiek beseer is tydens ‘n skoolkamp.
Gedagte vir die dag: Soekers na geluk
Wie elke dag reg wil leef, is baie gelukkig. Wie elke dag probeer om die regte dinge te doen en te sê se vreugde ken geen perke nie. Wie die wysheid sy eie maak, het die lewe gevind. Die Here is lief vir hom. Wie die rug vir die wysheid draai, vernietig homself. (Spreuke 8:34-36, Die Boodskap )
Vaal Reefs, Klerksdorp soek ander weiveld
Die twee Luiperdsklubs wat verlede jaar in die Valke se Peregrine-liga meegeding het, het ander weiveld gaan soek.
Video: Luiperd lê langs die (rooibok)lam
Beeldmateriaal van ʼn luiperd wat vir ʼn verdwaalde rooiboklammetjie “sorg” het nog steeds natuurliefhebbers gaande.
Nóg ʼn FlySafair-vlug verloor lugdruk
ʼn Tweede vlug van FlySafair moes oor die naweek omdraai, kort nadat dit by OR Tambo Internasionale Lughawe opgestyg het, toe die lugdruk in die kajuit skielik begin verminder het.
44 jaar tronkstraf ná kind se dood
Die waarheid het eers aan die lig gekom toe die sussie, wat in daardie stadium 12 jaar oud was, uiteindelik as 19-jarige in 2014 vertel het van die tragedie wat sy as kind beleef het.
St. Francisbaai-brand word ondersoek
Die polisie in St. Francisbaai het ʼn “kwaadwillige berig” in die media, dat ʼn fakkel glo die oorsaak is van ʼn brand St. Francisbaai en Kaap St. Francis in die Oos-Kaap, veroordeel.
R12 miljoen-dwelmvonds by OR Tambo
ʼn Reisiger van Tanzanië is Sondag met dwelmmiddels ter waarde van meer as R12 miljoen by OR Tambo Internasionale Lughawe betrap.