Die Franse is die enigste onoorwonne span in vanjaar se Sesnasies-reeks nadat die Hane Wallis Saterdag in Cardiff met 27-23 geklop het.
Lees meerAlles vir Sondag 23 Februarie 2020
Proteas wen rillerstryd!
Sofa-ondersteuners het waarskynlik hul slapende bure wakker geskree ná die Aussies skielik die chokers-etiket begin dra het.
Bekende Vrystaatse boer met mes op plaas aangeval
Mimie Jacobs is in 2016 as die Vrystaat se Vroueboer van die Jaar aangewys.
EFF misbruik spraakvryheid om demokratiese vryhede te vernietig
Geen land kan toelaat dat demokratiese vryhede soos spraakvryheid misbruik word, om presies daardie vryhede te vernietig nie, skryf dr. Pieter Mulder.
9 dood in Turkye ná aardbewing
Die aardbewing se episentrum was in buurland Iran geleë.
Meubels van miljoene rande kry glo voete by erfenisterrein
Die DA sê hy het briewe wat duidelik toon dat die erfenisterrein nie vir R19 838 303,05 van sy meubels verantwoording kan doen nie.
Lesersbrief: Wie is die eienaars van dié pensioenfonds?
Ongelukkig is die honderdduisende pensioenarisse oor die hele land versprei en het nie die geld om byeen te kom nie, want anders kon ons voor die kantoor van die uitvoerende hoof van die PFSA gaan plak het totdat daar op ons pleidooie ag geslaan is.
Sardynblikkies aan mark onttrek
Verbruikers word gemaan om dus nie blikkies sardyne in tamatiesous met dié spesifieke kodes te eet nie.
Man dood ná hy tuisgemaakte vuurpyl lanseer
Die Amerikaanse waaghals het geglo dat die aarde plat is en gehoop om dié aanname te bewys deur na die ruimte te reis.
ANC-LP gekaap, gyselaar geneem
Judith Shabalala is veilig tuis nadat haar voertuig Saterdagaand gekaap is.
Gestremdes se Spele-droom aan skerwe weens geldprobleme
Sasa-II het ʼn stokkie voor ál die atlete se oorsese reis gesteek, al het die ouers van sommige van die atlete aangebied om self die koste te dra.
Koronavirus: ‘Rooi waarskuwing’ geld nou vir Suid-Korea
’n Waarskynlike “superverspreider” het ’n diens by ’n plaaslike kerk bygewoon. Meer as 9 000 kerklede is nou onder selfkwarantyn.
Daar bestaan g’n werksessie oor die belas van kerke – komitee
Die komitee sê hy het ʼn stortvloed versoeke ontvang van mense wat so ʼn werksessie wil bywoon.
#JongStemme: Moedertaalonderrig moet bevorder word
Suid-Afrika is uniek in die opsig dat dit een van baie min lande ter wêreld is waar daar van kinders verwag word om weg te doen met hul moedertaal as onderrigtaal.
Stilte en bewustheid, ʼn teenvoeter vir lewe se rotteresies
“Die lewe beweeg al hoe vinniger en ons koppe raas al hoe meer,” meen Johannes de Villiers, skrywer van Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe.
Wag by fotografiewinkel doodgeskiet
“Die beampte het sy lewe in gevaar geplaas om ons te beskerm.”
Geen beurtkrag Sondag verwag, maar …
Nog twee eenhede sal na verwagting later vandag in werking tree.
EFF dien klagte in ná vuisgeveg by provinsiale rede
“Lede van die EFF is aangerand en in die hospitaal opgeneem.”
De Aar: Betaal R81 m.-skuld of sit sonder krag
Die Emthanjeni-munisipaliteit in die Noord-Kaap het minder as tien dae oor om sy uitstaande skuld van meer as R81 miljoen aan Eskom te betaal.
Skool in rou ná geliefde onnie by skool inmekaarsak
Ollie Ollewagen het meer as 40 jaar lank skoolgegee en was die hoof van rugby en hokkie by die skool.