BMW se 128ti is ʼn welkome mededinger in dié segment.
Alles vir Vrydag 26 Februarie 2021
Onderwysbegroting beteken minder onnies, groter klasse
“Dit lyk vir ons asof die onderwys nou die prys van die bankrot openbare ondernemings moet betaal.”
Ja vir Olimpiese vlam, maar nee vir vurige ondersteuning
Volgens regulasies mag ondersteuners hande klap, maar ’n vrolike gejuig is streng verbode.
Daar moet oor skrums en skoppe besin word
Rugby kan ʼn wonderlike spel vir spelers en toeskouers wees. Maar dan sal daar dringende aandag aan ʼn paar reëls en hul toepassings, en ook aan ander aspekte, gegee moet word, skryf Wim van der Berg.
Video: Só help AVBOB kliënte in pandemietyd
Die begrafnisondernemersgroep AVBOB het op nasionale vlak 145% meer begrafnisse in Januarie uitgevoer tydens die piek van die tweede golf van die Covid-19-pandemie in vergelyking met Januarie verlede jaar.
Borderkollie nou ʼn miljoenêr
ʼn Agtjarige hond is nou ʼn miljoenêr ná haar eienaar haar in sy testament benoem het.
Transnet-werkers in hof oor koperdiefstal
Die gesteelde koper het ʼn geraamde waarde van R1,9 miljoen.
Sakeman trek ontvoeringsklag terug
Schalk van der Merwe is ’n week gelede voor sy werkswinkel in Butterworth deur ʼn groep gewapende mans in sy motor gedwing.
Hondekinders steeds soek
Luiperdspore is intussen opgemerk naby waar Panga vermis geraak het.
Resep-video: Dubbellaag-sjokoladekoek
ʼn Sagte, klam sjokoladekoek met ʼn versiersel wat skrik vir niks!
Lesufi ‘misken’ Afrikaanse skole se prestasie
Die Gautengse LUR vir onderwys sprak gʼn sprook oor Afrikaanse skole wat die meeste onderskeidings in die provinsie ingepalm het nie.
Foto’s: Mannekyne jaag kopers skrik op die lyf
ʼn Gewone huis wat te koop aangebied word, jaag voornemende kopers skrik op die lyf weens mannekyne wat oral in die huis te sien is.
Polisie in KZN onder ‘beleg’
Niemand is nog in verband met enige van die vier moorde aangekeer nie.
#JongStemme: Matriekpunte is nie alles nie
Van kleins af is ek, en omtrent almal wie ek ken, vertel van die belang wat punte dra en dat ons lewe sonder goeie punte niks anders as onsuksesvol kan wees nie, skryf Nicolas Rust.
Dis lekker om plaaslik rond te rits
My en manlief se voete jeuk om weer te kan reis en wat is dan nou beter om daardie lus te blus as om ons eie deeltjie van die land, wat naby ons is, weer te herontdek?
Verbruikersake: As die aanlynprys verkeerd is
Wat is jou se regte dan wanneer jy iets bestel en die aanlyn winkel laat weet die prys is eintlik twee keer soveel? Ina Opperman het gaan kyk wat sê die Ombudsman vir Verbruikersgoedere en -dienste hieroor.
Hollywood: ‘Frasier’ herleef; Harry en Meghan maak oop teenoor Oprah
“Daar is baie spanning tussen hulle [Harry en Meghan] en die koninklike familie. Die onderhoud gaan lig werp op wat hulle tot dusver deurgemaak het.”
Vryspraak: Saam in Afrika, waar lê die sleutel tot ’n modus vivendi?
“Nou, ‘n kwarteeu later bevind ons ons onder ‘n heel nuwe stel omstandighede, en nou ontstaan die vraag hoe om onder hierdie omstandighede ons verhoudings in te rig.”
Afrikaner-groepe, Mbeki-stigting praat vandag oor dié SA kwessies
Belangwekkende gesprekke tussen die Thabo Mbeki-stigting, sommige van die instellings van die Solidariteit Beweging asook ander belangegroepe oor ’n verskeidenheid onderwerpe van belang vir Afrikaners, die Afrikaanse gemeenskap en die breër Suid-Afrikaanse toekoms vind Vrydag en Saterdag in Kaapstad plaas.
Verslag oor OB gou bekend
Mkhwebane, wat tans met sabbatsverlof is, moet intussen ook weer volgende maand in die hof verskyn.