Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor die nuwe Nissan Magnite, ‘n B-segment-sportnuts. Hulle gee ook raad oor wat om te doen as jou motor se vensters opwasem en gesels oor BMW se nuwe 1250-motorfietsreeks.
Alles vir Dinsdag 8 Junie 2021
Tien vas ure ná Noordwes-transitoroof
Die rowers was glo in die proses om geld uit die transitovoertuig te haal toe een van die veiligheidswagte hulle gekonfronteer het.
Koue knou kragnetwerk
Verskeie opwekkingseenhede is weer buite werking.
FW de Klerk op die been, nie in hospitaal
“Hy en sy vrou, Elita, hoop om vir ʼn vakansie na Griekeland te reis sodra Covid-regulasies dit toelaat.”
Mercedes: ‘Azerbeidjan was pynlik om te aanskou’
“Dit was een van die taaiste oomblikke waarin ek myself in ’n lang tyd bevind het,” het Lewis Hamilton ná die afloop van die wedren gesê.
Nóg bates bevries te midde van skole-ontsmettingskandaal
Dié maatskappye het geld wat hulle van die Gautengse departement van onderwys ontvang het, dadelik begin uitgee op reis, verblyf en die terugbetaal van lenings.
Sojabone breek rekords, soek nuwe uitvoermarkte
Dié kringloop op eie bodem word al hoe groter en sterker en ʼn toename in oliekoek- en olieproduksie vervang invoere geleidelik.
Afrikaners se ligging is ons bestaansuitdaging
[Mening] Die afgelope tyd het twee nuusbrokkies my aan die hart gegryp. Die eerste was die aanval op tannie Nonnie van Rensburg (84) en die tweede Clover wat sy fabriek op Lichtenburg moet sluit omdat die dorp so verval het.
Taalmonument, Suidoosterfees bied Jeugdag-vermaak
Met Jeugdag wat Woensdag 16 Junie gevier word, is daar ʼn verskeidenheid vertonings waarna kykers kan uitsien.
Gesprekke op WhatsApp-groepe kan jou dalk jou werk kos
As jy dink die gesprek wat jy met jou groep kollegas gehad het, is ʼn geheim en kan nie jou werk of goeie naam in gedrang bring nie, dink weer.
7 dood in botsing aan Weskus
Tien ander is na hospitale vervoer, onder wie een in ’n lugambulans.
Danksy hartoperasie kan Amara ‘feetjie word’ wat ander wil help
Die vierjarige Amara is die jongste begunstigde van die Hart-tot-hart-veldtog, ʼn projek wat geld insamel vir kinders wat aan lewensbedreigende harttoestande ly.
Administrateur by Lekwa-munisipaliteit aangestel
Dit volg nadat die hoendervleisprodusent Astral ʼn hofbevel bekom het weens ʼn gebrek aan dienslewering in dié munisipaliteit.
Wenda wil nog vinniger ná derde plek in Nederland
“My oupa het altyd gesê ’n mens moet genoeg petrol in die tenk vir belangrike oomblikke oorhê.”
Clover sluit fabriek in Lichtenburg
Voortdurende swak dienslewering het die grootste kaasfabriek in Suid-Afrika uit Lichtenburg verdryf.
Vyf sterf in skietery buite Ceres
Drie skieters het lukraak losgebrand en vier mense is op die toneel dood terwyl nog ʼn man wat tydens die skietery gewond is later aan sy beserings in ʼn hospitaal beswyk het.
Covid-19 hét dalk uit Chinese laboratorium gelek
Pres. Joe Biden het Amerikaanse intelligensieagentskappe beveel om binne drie maande verslag te doen oor hoe die virus versprei het.
Virtuele kaart vir transaksies op WhatsApp
Hierdie stap sal na verwagting miljoene Suid-Afrikaners, selfs die mense sonder ʼn bankrekening, toegang tot die digitale ekonomie en aanlyn transaksies gee.
Polisieman se vrou lank tronk toe vir sy moord
AO Thulani Ngwabe se liggaam is in 2019 op die spoorlyn digby Port Shepstone se strand gevind. Hy het verskeie meswonde opgedoen.
Springboksterre doen brandwonde op tydens ‘vuurput-ongeluk’
“Hulle het almal behandeling ontvang en daar word goed na hulle omgesien.”