“Die ANC-regering is nie ʼn regering vir alle landsburgers nie, maar slegs vir die kaders wat naby julle vuur staan.”
Alles deur die skrywer Anja van der Merwe
Rusty soek nou ʼn liefdevolle huis
“Hy is nou net moeg daarvoor om in ’n hondehok te wees en wag opgewonde om ʼn nuwe huis te kry.”
Portefeuljekomitee oor binnelandse sake gaan grensposte besoek
Altesaam 104 mense het die afgelope week by die Beitbrug-grenspos positief vir Covid-19 getoets.
Swerm bye oorval gesin tydens uitstappie
Die gesin van vyf het vermoedelik oor ʼn byenes gery.
Vlak 3: Dié reservate in Pretoria oop
Terwyl alle ontspanningsoorde in Pretoria tot verdere kennisgewing gesluit sal wees, is sommige natuurreservate steeds tussen 09:00 en 18:00 oop vir die publiek.
Petrolprys: Slegte nuus vir motoriste verwag
Brandstofpryse sal aan die begin van die nuwe jaar aansienlik styg.
TLU SA: Toets veemedisyne vir Covid-19
Die regering moet alternatiewe oplossings in die stryd teen die Covid-19-pandemie ondersoek eerder as om die land eenvoudig na vlak drie van die inperking terug te vat en die ekonomie sodoende verder te skaad.
Bende van 15 slaan op geldwa toe
Die rowers het op die wa toegesak en dit met plofstof oopgeskiet.
Hoofsekretaris van HNP dood weens Covid-19
“ʼn Groot steunpilaar het ontval.”
Covid-19: Groot kommer oor talle onderwysers wat sterf
“Teen hierdie tempo van sterftes gaan ons ʼn groot probleem hê wanneer skole heropen. Skole gaan moontlik weens Covid-19 nie genoeg onderwysers hê nie.”
Eienaar van kuierplek vas weens oortreding van afsonderingregulasies
“Die plek was vol mense met geen inagneming van die Covid-19-gesondheidsprotokolle nie.”
Nat Nuwejaar voorspel
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) voorspel reën en donderbuie vir groot dele van die land vir Oujaar- (Donderdag) en Nuwejaarsdag (Vrydag).
Drie vas wat rooftogte glo versin
“Die werknemer het oënskynlik onder eed verklaar dat die winkel deur ʼn onbekende verdagte met ʼn vuurwapen beroof is.”
Apie gered ná advertensie op Facebook
Die jong man het die apie gevang en eers aan tradisionele genesers vir moetie probeer verkoop.
Wydverspreide reën val in Noord-Kaap
“Die droogte se einde moet tog iewers begin en ons glo dit is nou.”
Boere juig, strate oorstroom ná swaar reën in Vrystaat
“Ons het lanklaas sulke goeie reën hierdie tyd van die jaar gehad.”
Moord op steroïedkoning: Drie dán weer in hof
“Dit is maar net die begin van die polisie se pogings om misdade wat deur lede in die onderwêreld gepleeg word, vas te vat.”
Vrou in bors geskiet op Noordwes-plaas
“Sy het gesien dat daar iemand buite haar dogter se deur staan.”
Video: ‘Partytjie’ in Daspoort-tonnel veroordeel
In die video wat sedert die naweek op sosiale media versprei word, is dit duidelik hoe ’n groot groep jong mense in die Daspoort-tonnel op klipharde musiek dans, alkohol gebruik en partytjie hou.
Hond wat oog verloor in rusie vorder goed
“Hy lyk sommer baie gelukkiger noudat hy veilig is.” Rusty sal egter nog ʼn operasie moet ondergaan.