“Die Jongboer-konferensie dien as ʼn platform vir opkomende landbouleiers om idees uit te ruil, waardevolle insigte te verkry, en om te mik na ʼn meer volhoubare en voorspoedige toekoms.”
El Niño plaas verdere druk op voedselsekerheid
Graanproduksie in suider-Afrika sal na verwagting vanjaar afneem.
Veelsydige spekboom help dorre aarde herleef
Die plant het eens die droë landskap van die Klein-Karoo in die Wes-Kaap oorheers waar dit die grond teen die skroeiende son help beskerm het. Jare lange oorbeweiding en wanbestuur het egter sy tol op spekbome geëis.
Nuwe stelsel moet vee help naspoor
Lede van Vrystaat Landbou (VL) het ʼn projek van stapel gestuur om dit makliker te maak om bek-en-klouseer in diere op te spoor.
‘Landboudepartement mors geld’
“Die belastingbetaler kan nie langer ʼn regering ondersteun wat geen verantwoordelikheid vir die bestuur van fondse aan die dag lê nie. Dit terwyl daar mense is wat nie kos het om te eet nie.”
Brandstofprysverhoging bedreig voedselsekerheid
Stygings in petrolpryse benadeel nie net motoriste wat hul voertuie moet volmaak nie, dit het ʼn vernietigende uitwerking op die land se voedselvoorraad, sê ʼn kenner.
KragDag: Alternatiewe vir beurtkrag, waterprobleme en onderwys
“Die antwoorde op die vraagstukke in ons land is beslis nie eenvoudig nie, maar dit begin sonder twyfel by selfstandigheid en individuele verantwoordelikheid.”
Voormalige Vrystaatse premier op plaas aangeval
Sisi Ntombela en haar man het Maandag in die vroeë oggendure wakker geskrik toe ’n groep onbekende verdagtes die deur van hul slaapkamer probeer oopdwing het.
Oudtshoorn se volstruisvere goud werd
Sedert die dorp se begindae was modebykomstighede die hoofmark vir plaaslike boere; die swierige pluime word gebruik om alles van weelderige hoede tot uitsonderlike rokke op te dollie.
Byeboer desperaat om gesteelde byekorwe op te spoor
Kobus Schmidt het ʼn verlies van minstens R300 000 gely. Sy byekorwe was boonop gereed vir bestuiwing op saadsonneblomme.
Polisie moet sê oor betredings – Saai
Die organisasie wil die polisie met die Paia-aansoek dwing om verslae en statistieke oor die aantal aangemelde voorvalle van betreding te verskaf.
SA landbou-uitvoere behaal nuwe rekord
Sitrus, mielies, appels en pere, neute, wyn, sojabone, suiker, wol, druiwe, bessies, avokado’s en vrugtesap het die uitvoerlys verreweg oorheers, ondanks talle logistieke uitdagings wat die landboubedryf bly teister.
Bullet-die-bul nou wingerdbewoner
Nguni-beeste het geweldige estetiese, kulturele en geestelike betekenis, is gehard en vereis min onderhoud.
Impak van voëlgriep nog maande gevoel
Die maatskappy se eiervoorraad was die afgelope paar maande 60% minder en eierpryse het terselfdertyd ook met meer as 60% gestyg.
SA beesvleis nou op winkelrakke in Saoedi-Arabië
Die Beefmaster-groep sê ʼn verhoging in beesvleisuitvoere sal baie voordelig vir die landboubedryf in Suid-Afrika wees.
Grondboontjiebotter: Ondersoek ook na ander produkte uitgebrei
Die verbruikerskommissie is bekommerd oor die hoeveelheid grondboontjieprodukte wat die afgelope ruk noodgedwonge onttrek moes word.
Trekkers terug in Brussel terwyl samesprekings voortduur
Benewens uitdagings wat boere in Brussel ondervind, kom al hoe meer Europese boere in opstand oor laer voedselpryse, stygende heffings vir boere, hoër brandstofpryse en ander omgewingsbeskermingsreëls wat volgens hulle onaanvaarbaar is.
Landbou-ontwikkelingsprojek bly groei (en oeste ook)
Die volgende fase van die projek behels die uitbreiding van die sonaangedrewe drupbesproeiingstelsel om die skaal van die projek te vergroot. Dit sal verder bydra tot die volhoubaarheid en winsgewendheid van die projek.
Oplossings vir platteland moontlik danksy gewone SA’ners
“Wat egter tekenend van die platteland is, is dat gemeenskappe hier mekaar ken, saamwerk en net doodeenvoudig weier om te gaan lê. Dit is ʼn nasionale bate.”
Boere vra oor begroting: Waar is ons ondersteuning?
“Jaar na jaar word daar van Jan Alleman verwag om al hoe meer te betaal sonder dat hul enigsins daarby baat. Vir belanghebbendes in die landbousektor, skep die 2024-begrotinsrede net ʼn teelaarde vir verdere mislukking.”