Danksy ʼn bewaringsinisiatief wat bewusmaking oor die beskerming van een van die land se laaste troppe vrylopende Afrika-wildehonde kweek, is daar deesdae baie meer begrip vir dié bedreigde spesie.
SA weer gesogte reisbestemming
Buitelandse besoekers val omtrent oor hul voete om reise na Suid-Afrika te bespreek, met Suid-Afrikaners wat deesdae self graag weer ʼn tas pak en in die pad val.
Franschhoek een van wêreld se beste bestemmings
“Dit is uitstekende nuus wat weereens ’n Wes-Kaapse bestemming op die wêreldkaart plaas.”
Mango’s, die fynproewer se droomhappie
As pryse toegeken moet word vir die interessantste vrug wat plaaslik gekweek word, is die kanse goed dat mango’s, of veselperskes, met die goue medalje sal wegstap. Besoekers aan die Laeveld en ook die Wildtuin (Orpen-hek) kan gerus by Mohlatsi inloer vir dié lekkernye.
Fietsry in die Wildekus
Met soveel verskillende bergfietsbyeenkomste op die kalender deesdae is dit moeilik om te kies – veral as jy tyd én geld in ag moet neem.
Foto’s: Winter in Paternoster selfs beter as somer
Winterkuiers in tradisionele somer-vakansieplekke het sy eie bekoring, skryf Maryke Roberts ná drie salige dae in Paternoster teen die Weskus.
FAK skep herinneringe in ‘Ouma se huis’
“Ons moet bakens oprig,” het hy verder op dié teks uitgebrei. “Ons moet weet van waar ons kom en waarheen ons op pad is.”
Kyk, daar is ʼn pikkewyn in my tuin!
Voorheen was Bettysbaai net ʼn naam op die kaart. ʼn Plek waar vriende verloof geraak het, ʼn bordjie langs die pad. Toe ek terugdraai in Clarence-rylaan op pad huis toe, is Bettysbaai ʼn uitsonderlike herinnering in my hart.
Video: Dis net vet pret by kykNET Buite Ekspo in Sondela
Hier is hope pret vir die hele gesin en daar is beslis iets te vinde vir elke sak en smaak, maar dit is veral die kamp- en natuurliefhebbers en avontuurlustiges wat op hulle gelukkigste hier gaan wees.
Foto’s: Allemapstieks, dit is mos Mazeppabaai
Winter is altyd warmer teen die Wildekus, ou maat, en dit geld vir die weer én die water. So kom kuier met die kinders hierdie komende skoolvakansie en onthou om al julle visstokke in te pak.
Foto’s: Bewandel die berg van die draak
“Ukhahlamba”, noem die Zoeloes dit: Die muur van omgekeerde spiese. Ons ken dit as die Drakensberg – ʼn plek waar mites groei soos gras. Die Berg, soos die plaaslike mense dit liefderik noem, is fabelagtig mooi, gevaarlik, en ewig onherbergsaam.
Kaapstad-lughawe weer Afrika se beste
Dit is die sewende agtereenvolgende keer dat die lughawe in die Skytrax-toekennings as die beste in Afrika aangewys word.
Foto’s: Sielerus in Ramsgate se stokou seehuis
Op pad soontoe staan ek eers stil by die ʼn bordjie wat verklaar dat dié huis, genaamd Whaleback Cottage, die oudste vakansiehuis in Ramsgate is. Die huis kry sy naam van die reuserots wat reg voor die eiendom staan en soos die rug van ʼn walvis lyk wat in die water dobber.
Foto’s: Karoo pronk op sy mooiste
ʼn Paar dae in die Groot Karoo op ʼn privaat wildreservaat voed nie net jou siel onder oneindigende blou hemele nie, dit bring jou nader aan die natuur en die aardse mense wat daaroor waak.
Likwidasie wink nou vir Comair
“Dit is ʼn uiters hartseer dag vir die maatskappy, sy werknemers, sy kliënte en die Suid-Afrikaanse lugvaartbedryf.”
kykNET Buite Ekspo op pad binneland toe
Ná ʼn uiters suksesvolle Wes-Kaapse uitstalling word die kykNET Buite Ekspo vandeesmaand ook in Limpopo aangebied.
Comair se situasie ‘beroerd’
Daar is groot kommer dat meer as 1 000 werksgeleenthede in die slag kan bly as Comair finaal sy deure moet sluit.
Video: Die mooi en eensaamheid van die Moordenaarskaroo
Die Moordenaarskaroo is bepaald een van die mees interessante hoekies van hierdie uitgestrekte, verlate, soms genadelose, maar altyd gasvrye landstreek.
Foto’s: Kaapstad deel oorsese skatte
ʼn Mens se hart swel as jou stad as een van die 50 mooiste plekke aangewys word en daar net twee ander Afrika-lande ingesluit word, want kom ons wees eerlik, daar is móói plekke op aarde en ook op ons vasteland.
Luister: Reis veilig met jou vuurwapen
In hierdie laaste aflewering van Maroela Media se gesprekreeks oor vuurwapenveiligheid word daar gekyk hoe vuurwapeneienaars veilig met hul vuurwapens kan reis.