Kroasië is lank reeds ʼn gewilde vakansieplek en bied eintlik alles waarna ʼn mens opsoek is: son, see, talle eilande en ʼn mooi Mediterreense landskap met die kenmerkende plantegroei en bome.
Paaie herstel, maar Umdloti se riool pla steeds
Die gewilde vakansiebestemming het erg deurgeloop onder die vloede vroeër vanjaar, maar het sedertdien skouer aan die wiel gesit om te verseker hy kan weer in Desember duisende besoekers verwelkom.
Son, swem en SA supersterre by Sun City
“Dit is heerlik om kykNET aan boord te hê. Sun City is ook so ʼn ikoniese venue – in die Afrikaanse volksmond is daar mos die sêding ‘Was jy al by Sun City?,” lag Kurt Darren.
Video: Voortrekkermonument is gasheer vir 4×4-buitelugfees
Dié 4×4-buitelugskou was nog maar net een dag aan die gang en duisende mense het reeds op die Voortrekkermonumentterrein toegesak op soek na die nuutste kamp- en buitelewe-tegnologie.
Luukse wegbreek ook werkskepping en ontwikkeling
Mdluli Safari Lodge in die suidelike Krugerwildtuin, is nie net ʼn luukse wegbreek nie, maar ook die visie om te sien dat die Mdluli-gemeenskap baat vind deur werk, onderwys en gemeenskaplike ontwikkeling skryf Maryke Roberts.
Bloutrein se wiele rol gou weer
Die wêreldbekende en luukse Bloutrein se diens is in Februarie vanjaar onbepaald opgeskort weens veiligheidskommer.
Van die Flughafen na die Altstadt – ’n blitsbesoek aan Zürich
Die vliegtuig land vyf uur die middag op die Flughafen Zürich. Dit is ʼn spoglughawe met genoeg winkels en lughawe-sitkamers om jou ʼn paar ure besig te hou. Maar ons het besluit om ons sesuur-lange tussenstop beter te gebruik en die ou stad van Zürich te verken. Hier is hoe ons dit gedoen het!
Kaapstad 11de beste stad ter wêreld – ranglys
Johannesburg het die lys ook net-net gehaal.
Padlangs met die Jimny: Botswana se bosveld-bekoring
Die middag gaan drink ons ʼn paar biere en kyk die sonsondergang langs die rivier. Man, dis nog ʼn rowwe dag in Afrika.
Besoek aan die Duits-Poolse grensgebied
ʼn Gebied met sy eie karakter, wat selfs in Duitsland skaars bekend is, is die Lausitz, die grensgebied van Duitsland en Pole langs die Neisserivier.
Foto’s: Oor Outeniqua se berge en dale
Die bergreeks self is so ongerep en beeldskoon as wat ʼn mens enige plek in Suid-Afrika gaan kry, en dit is dan ook juis waarom die #MUT sedert sy oorsprong in 2017 gegroei het tot een van Suid-Afrika se top berg-draf byeenkomste.
Kirstenbosch kry verdiende eer
Dié gewilde Kaapse toeristebestemming tel nou onder die wêreld se 1% topbesienswaardighede.
Stellenbosse hotel ideaal vir sakereisigers
“Die personeel se hartlike verwelkoming in Afrikaans het my dadelik laat tuis voel.”
Video: Bonné de Bod se ‘Bewonder en bewaar’-hoogtepunte
In die video’s gesels Bonné de Bod, aanbieder van ‘Bewonder en bewaar’, onder meer oor ʼn benoude oomblik tydens verfilming van die reeks.
Foto’s: Stanford se betowering
Saans omvou die sterre jou huisie as die nagkore op die plaas by Stanford net buite Hermanus by die dag se klanke oorneem, skryf Maryke Roberts.
BorderX-karavane: Jou volgende avontuur begin hier
Die woonwa moes moeilike terrein oorleef, maar nog steeds luuksheid bied. En dit is presies wat jy kry as jy deesdae een van dié karavane koop.
Gamkaskloof: Die hemel in die Hel
As daar al ooit ʼn onverdiende pleknaam was. Hierdie is ʼn mooi vallei. Paradys-mooi.
Dink ‘buite die boks’ om toeriste terug na SA te lok – Fedhasa
Suid-Afrika moet wegdoen met burokratiese rompslomp en sy visumstelsel opknap om dit makliker te maak vir reisigers om die land te besoek.
Noord-Kapenaar wen Mongoolse Derby
Willemien Jooste het die langste en taaiste perde-uithourit ter wêreld in agt dae voltooi en ʼn gesamentlike eerste plek behaal. Maar, skerts dié ma, sy beoog nie om dit sommer weer aan te pak nie.
Luister: Reis saam met Bonné de Bod in ‘Bewonder en bewaar’
Deur die oë van mense soos navorsers, wetenskaplikes en veeartse kom kykers meer te wete oor verskeie ikoniese wilde diere en ongerepte wildernisse.