“Ek sou daarvan hou om Engeland se afrigter te wees. Trouens, ek glo dat ek my goed van my taak sal kwyt.”
Toetssege wink vir Proteas
Sedert Dean Elgar die kapteinskapleisels vasgevat het, is daar skielik weer ’n bietjie murg in die Suid-Afrikaners se pype.
Boulers sal wedstryd vir Proteas moet wen
Die hoogtepunt van die dag uit ʼn plaaslike ondersteuner se oogpunt was Colin de Grandhomme se 120 onoorwonne lopies.
Proteas (uiteindelik) op die voorvoet teen Kiwi’s
Ná die fiasko van die eerste toets kan ondersteuners trots wees op die Proteas se terugvegpoging. Hulle was ’n paar dae gelede teen die planke; vandag het hulle darem ’n hele paar houe ook ingekry.
Mooi so, Sarel!
Ná die eerste dag se spel het die Proteas meer lopies op die telbord as wat hulle in die hele vorige wedstryd kon aanteken. Boonop het Sarel Erwee ook sy eerste toetshonderdtal geslaan.
Proteas sal hul sokkies moet optrek
Kaptein Dean Elgar sê dat hy ’n paar ernstige gesprekke met Aiden Markram gehad het.
Van Hansie tot AB in dié span
Die gesaghebbende krieketpublikasie het ’n sterk Protea-eendagelftal gekies waar statistieke en ranglysposisie die hoofkeurders was.
Faf nog so gewild soos altyd
Faf du Plessis is deesdae ’n eindstrydveteraan nadat hy saam met die Comilla Victorians-span die Bangladesj Premierliga gewen het.
Kiwi-breier meen Proteas sal terugveg
Nieu-Seeland se sterspeler Matt Henry is weer gereed om Suid-Afrikaners op ’n groen blad aan te vat.
Krieketskande in Christchurch
“Ons is hier om ons land op die krieketveld te verteenwoordig en ons moet vir enigiets gereed wees; ons kan nie agter flou verskonings soos kwarantyn wegkruip nie.”
Wat ’n verlepte vertoning in Christchurch
Ná die tweede dag van spel is die Proteas nie net met hul rûe teen die muur nie, hulle strompel sonder ’n kompas op moedverloor se vlakte rond.
‘Môre is nog ’n dag,’ sê Duanne
Die Suid-Afrikaanse krieketspan is met sy rug teen die muur nadat hy vir 95 lopies in Christchurch uitgeboender is.
Bomskok: Proteas almal uit vir 95!
Matt Henry se sewe paaltjies laat die Proteas in Christchurch steier.
Hoe vaar Proteas op wêreldranglys?
Dean Elgar en Kagiso Rabada is (ranglysgewys) Suid-Afrika se voorste toetskrieketspelers.
Dit is tyd dat Markram vlamvat
Aiden Markram kon in drie toetse teen Indië net 76 lopies aanteken, terwyl hy in sy laaste 19 toetse ’n eina-kolfgemiddeld van 26,47 handhaaf.
Proteas glo die gunstelinge teen NZ
Volgens Brendon McCullum is die Proteas onder Dean Elgar se leierskap ’n perd van ’n ander kleur – rateltaai en gereed vir enige tweestryd.
Proteas se Keegan internasionaal vereer
Die Internasionale Krieketraad het vandag aangekondig dat Keegan Petersen die speler van die maand-toekenning vir Januarie ontvang het.
Openingskolwer kry vir die 11de keer harsingskudding
“Will Pucovski kan die volgende Ricky Ponting wees, maar om so baie kere harsingskudding op te doen? Dit is beslis kommerwekkend.”
Groot geld vir krieketsterre betaal
Die Suid-Afrikaner Chris Morris is die duurste speler ooit nadat hy verlede jaar vir byna R34 miljoen gekoop is.
Quinny lewer kragvertoning in plaaslike reeks
Die oud-Protea Richard Levi is ook aan die brand vir die Westelike Provinsie.