Miljoene goue Sassa-kaarte verval oor die volgende paar maande en lang toue mense wag by poskantore om hul kaarte te hernieu.
Soekresultate vir: Cecil
Boere, Basotho’s en Britte in die Bergkoninkryk
Lesotho maak nou aanspraak op dele van die Oos-Vrystaat en ander gebiede in Suid-Afrika. Hierdie eis het ʼn lang aanloop.
Vergete feite en vervloë voetnote uit ons vergange verlede
Engeland was destyds die grootste imperiale mag op aarde – en die Boerenasie in die twee Republieke – die ZAR en die OVS – die kleinste. Die Boere-poging het die Britse Ryk tot in sy fondamente geskud. Maar dit was nie net die Boere se dapperheid wat die wêreld verstom het nie, maar veral ook hul volharding.
Oudpresidente se haarlokke op pad na die ruimte
George Washington, John F. Kennedy, Dwight D. Eisenhower en Ronald Reagan is op pad na die buitenste ruim.
Dié lesers wen kaartjies na komedie-trio se skreeusnaakse produksie
‘Laerskool Noord’ is tussen 15 tot 19 Februarie by die Atterbury Teater in Pretoria te siene.
Genootskapstatus vir jong beesras
ZZ2 is bekend vir die natuurboerdery-beginsels wat hy op sy groente- en vrugteplase aanwend, wat ook in sy beesboerdery toegepas word.
Stappers van verskeie bergreekse gered
Wildernis-soek-en-redding (WSAR) se spanne het in Januarie reeds op 33 voorvalle gereageer, wat aansienlik meer is as vorige jare.
Meer as 1 000 pienkvoete vir Nuwejaar
Daar heers kommer oor die meer as 100 tieners – vanaf die ouderdom van 13 jaar – onder die ma’s wat geboorte op Kersfees en Nuwejaar gegee het.
Groot netbalaksie wag in Januarie
Die vierhoekige reeks tussen Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Australië en Engeland word vroeg in die nuwe jaar in Kaapstad aangebied.
Luister: Die horlosiemaker
Kom lees en luister saam: Fletcher vertel vandag die storie van Luka. Luka het ʼn horlosie gehad wat hy by sy ouma gekry het. Op ʼn dag wou die horlosie nie meer werk nie en Luka was sommer baie hartseer. Fletcher is geskep deur Cecile Schultz en vir die volgende paar weke gaan daar weekliks ʼn Fletcher-storie wees wat kleingoed op ʼn geestelike vlak gaan verryk.
‘Hoekom het God my ma gevat’
“Hy skryf baie briewe waarin hy vertel dat hy na sy ma verlang. Hy het ook gesê dit is ʼn nagmerrie wat nooit verbygaan nie.”
Niefiksieboeke vir elke leser dié Kersfees
Van ʼn historiese blik op die Dorslandtrekkers en ʼn kleurvolle versameling foto’s uit die Anglo-Boereoorlog, tot ware lewensverhale en ʼn versameling van JC Steyn se laaste werk.
Luister: Dirkie Dassie speel wegkruipertjie
Kom lees en luister saam: Fletcher vertel vandag van Dirkie Dassie. Dirkie se gunsteling speletjie was om wegkruipertjie te speel saam met sy maats. Fletcher is geskep deur Cecile Schultz en vir die volgende paar weke gaan daar weekliks ʼn Fletcher-storie wees wat kleingoed op ʼn geestelike vlak gaan verryk. Gaan luister nou wat met Dirkie Dassie gebeur het toe hy eendag te ver weggedwaal het om ʼn wegkruipplek te soek.
Klagtes teen Fochville-verdagte teruggetrek
Dit het tydens ʼn vorige hofverskyning in November aan die lig gekom dat Cecilia Storbeck as staatsgetuie teen die ander beskuldigdes wil getuig.
Honderde Aussiekaners sing vir honger magies in SA
Vanjaar is ʼn rekordbedrag van R180 000 deur dié konserte ingesamel.
Luister: Uli, die slim uil
Fletcher vertel vandag van Uli Uil. Uli was nie sommer net ʼn uil nie. O nee, Uli was baie slim. Al die diere het altyd vir hom kom raad vra. Kom ontmoet vandag vir Uli Uil. Fletcher is geskep deur Cecile Schultz en vir die volgende paar weke gaan daar weekliks ʼn Fletcher-storie wees wat kleingoed op ʼn geestelike vlak gaan verryk.
Só vergelyk Nienaber met ander Bok-breiers
In sy 26 toetse aan die stuur van die Springbokke staan Jacques Nienaber se wenrekord op 61%. Lees hier hoe dit met ander afrigters soos Peter de Villiers en Rudolph Straeuli s’n vergelyk.
Vul jou kroos se Kerskous met dié storieboeke
Van ʼn versameling kinderryme oor vetplante tot ʼn idiome-inkleurboek en jeugromans wat tieners sal boei – daar is leesstof vir elke jongmens dié Kersfees.
Luister: Jazzie, die staffie-hondjie, en Kietsie
Kom lees en luister saam: Vandag vertel Fletcher ons van Lallie se hond, Jazzie. Jazzie het ʼn baie spesiale maatjie, Kietsie, ʼn straatkatjie. Kom vind uit wat gebeur met Kietsie. Fletcher is geskep deur Cecile Schultz en vir die volgende paar weke gaan daar weekliks ʼn Fletcher-storie wees wat kleingoed op ʼn geestelike vlak gaan verryk.
Luister: Bettie Bloublasie is hartseer
Kom lees en luister saam: Fletcher se maatjie, Bettie Bloublasie, is baie hartseer. Kom vind uit hoekom sy so hartseer is en wat gebeur dat sy sommer weer ʼn vrolike bloublasie is. Fletcher is geskep deur Cecile Schultz en vir die volgende paar weke gaan daar weekliks ʼn Fletcher-storie wees wat kleingoed op ʼn geestelike vlak gaan verryk.