Buthelezi het namens die koninklike familie gesê hoewel almal in rou gedompel is, daar geen “leierskapsvakuum” sal wees nie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Goodwill Zwelithini"
Zoeloekoningin as tussentydse leier aangewys
Koningin Mantfombi MaDlamini Zulu is Sondag as die tussentydse opvolger van die Zoeloevolk aangewys.
Die dag toe ek ‘n koning ontmoet het
Selfs as ek net weer hieraan terugdink, kry ek hoendervleis. Om te kan beleef hoe kultuur en tradisie – onder baie moeilike omstandighede – oor eeue heen bewaar is, is besonders.
Beurtkrag Donderdag (tydelik) opgeskort
Die kragvoorsiener sê hy gaan beurtkrag opskort om mense toe te laat om te rou oor koning Goodwill Zwelithini.
Spesiale begrafnis vir Zoeloekoning aangekondig
Die landsvlag sal vanaf Saterdag ook landswyd halfstok hang tot met die aand van die begrafnisdiens.
Zoeloekoning se dood laat groot politieke magsvakuum
Met koning Goodwill se afsterwe is die tafel gedek vir ‘n groot politieke herskikking in veral KwaZulu-Natal.
Zoeloekoning sterf
Leiers van ʼn groot verskeidenheid instansies het Vrydag hul medelye ná die koning se dood betoon.
Deurbraak in moord op Zoeloeprins
Die moontlikheid word ondersoek dat die prins en sy sakevennoot bedwelm was ten tyde van sy moord.
Moordondersoek kom ná dood van Zoeloeprins
Lethukuthula Zulu (50) se liggaam is Vrydag in ʼn woonstel in Randburg aangetref.
Hofsaak teen Zoeloe-koning kan nog langer sloer
Die saak oor die Ingonyama Trust se huurinkomste moet nou voor ʼn volle regspaneel aangehoor word.
Grondverslag: Buthelezi bevraagteken regering se vermoë om grond te bestuur
“Om die koninklike nasie se grond te vat, sal wees soos om sy siel te vat,” het Buthelezi gesê.
Partye haaks oor begroting vir Zoeloe-koning
Die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, het die regering se besluit om voort te gaan met finansiële ondersteuning vir Goodwill Zwelithini, koning van die Zoeloes, verdedig ondanks die bedenkinge van sommige politieke partye.
Provinsiale wetgewerlede moet taak ‘ernstig opneem’
Zwelithini het gewaarsku teen openbare verteenwoordigers wat uit voeling is met die mense wat hulle veronderstel is om te verteenwoordig.
Zoeloe-koning kondig vennootskap met AfriForum aan
“Dit is vir ons belangrik om samewerkingsvennote oor ʼn wye front te kry en so ’n breë koalisie te vorm teen onteiening sonder vergoeding.”
Koning Goodwill Zwelithini se seun sterf
Prins Butho, koning Goodwill Zwelithini se seun, is Donderdag in die ouderdom van 40 jaar oorlede ná ʼn lang siekte.
AfriForum/Zoeloe-bondgenoodskap ’n teenvoeter vir isolasie
AfriForum is vasberade om te verhoed dat Suid-Afrika dieselfde pad as Venezuela en Zimbabwe loop en sal daarom sy veldtog teen onteiening sonder vergoeding – plaaslik en internasionaal – verder verskerp. Die organisasies sal terselfdertyd voorgaan om gesonde verhoudings en wedersydse erkenning en respek tussen kultuurgemeenskappe in Suid-Afrika te bevorder.
AfriForum, Zoeloe-koning vat hande
AfriForum en die Solidariteit Beweging het Donderdag met Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini vergader en besluit om oor sake van gemeenskaplike belang saam te werk.
Podlitiek: Zoeloes, SAL en Suid-Afrika se korrupsie-glipsie
In hierdie episode beredeneer Hermann Pretorius, Daniël Eloff, en Paul Maritz die Zoeloekoning se reaksie op die voorgestelde grondhervorming-sonder-vergoeding-wetgewing, die Suid-Afrikaanse Lugdiens se voorgenome gedeeltelike privatisering, en die korrupsieprobleem waaronder die openbare sektor tans gebuk gaan.
’n Onwaarskynlike held in die gronddebat
Die koning van die Zoeloes, Goodwill Zwelethini, het na vore getree as ʼn absoluut onwaarskynlike sleutelspeler in die stryd teen die onteiening van grond sonder vergoeding. Jan-Jan Joubert waarsku oor die aard van die vennoot wat nou in die stryd teen onteiening sonder vergoeding in die kryt geklim het.
Gryp van Zoeloegrond kan lei tot ’n tweede Shell House
Die spanning tussen die regering en die Zoeloe-bevolking is nou van só aard dat president Cyril Ramaphosa aangedui het dat hy en ’n hoëvlak afvaardiging graag met die koning wil vergader.