Jan Stephanus van der Westhuizen het Maandag skuld beken op ʼn klag van aanranding en ook die tienerseuns en familie om verskoning gevra.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
‘Aksie! Aksie! Aksie!’ beloof Cele tydens polisie se begrotingsrede
Opposisie-LP’s het Cele tydens die debat oor die polisie se begrotingsrede gekap oor die land se stygende misdaadvlakke en die verhoogde besteding op BBP-beskerming.
Phala Phala: UDM eis dat NVG Ramaphosa aankla
Die UDM het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) tot 1 Junie gegee om pres. Cyril Ramaphosa aan te kla in verband met die Phala Phala-sage of regsaksie te verwag.
Algehele ineenstorting van kragnetwerk? Boere berei lankal voor
Die waarskynlikheid van ʼn ganse netwerkineenstorting is net so groot met fase 0- as fase 10-beurtkrag – maar kenners sê ook dat planne nietemin beraam moet word vir ʼn “situasie waarvoor die waarskynlikheid klein, maar die impak groot” is.
Mbalula meen SA kán ‘mislukte staat’ word
Mbalula hou egter vol die land “herstel goed” en hy het die ANC se ekonomiese rekord verdedig.
Vaalharts-moordsaak vertraag ná verdagte eers bank besoek
’n Selfoonanalis het Vrydag en Maandag in die hof getuig dat twee foto’s van een van die beskuldigdes op Elzabie Brand se selfoon gevind is. Dié foto’s is volgens getuienis die dag ná die Brand-gesin se verdwyning geneem.
Cholera: Waterprobleme in Hammanskraal kom al jare
Verskeie politieke partye pak die skuld van die uitbreking op die DA-geleide koalisie in die metro en sê sy versuim om basiese dienste te lewer het nou menselewens gekos.
Só lyk jongste beurtkragskedule
“Hierdie skedule sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing.”
Affie sterf kort ná orkes se roerende optrede
Enkele dae nadat die Afrikaanse Hoër Meisieskool se jeugsimfonieorkes hul gehoor in Bloemfontein in trane gehad het, moes hulle hul geliefde fluitspeler aan die dood afstaan. Annerien Mills is in haar slaap oorlede.
Ligte mistykie op WhatsApp? Jy kan dit nou wysig
Die gewilde sosialemediaplatform het eindelik gehoor gegee aan gebruikers se behoefte aan ʼn redigeerfunksie vir boodskappe wat reeds gestuur is.
Nog ʼn rentekoersskok wag waarskynlik dié week
“Selfs al verhoog die monetêre beleidskomitee Donderdag die repokoers met 50 basispunte, is dit nou baie minder duidelik of dit die einde van die verhogings gaan wees.”
Madeleine McCann: Polisie deursoek Portugese reservoir
Die reservoir is is byna 50 km van waar klein Madeleine destyds by die Algarve-toeristeoord Praia da Luz vermis geraak het.
Fase 4-beurtkrag geld Dinsdag
Eskom het Maandagaand bevestig fase 4-beurtkrag sal Dinsdag van 05:00 – 16:00 toegepas word.
Geliefde wynmaker oorlede
Martin Moore, keldermeester van Durbanville Hills, was bekend vir sy charismatiese persoonlikheid en storievertellery.
Ramaphosa gaan nie (nou) Phala Phala-verslag betwis nie
“Die president is dus aangeraai om – in hierdie stadium – nie regsprosedures voor die Hoë Hof in te stel vir die hersiening en tersydestelling van die paneelverslag nie.”
Cholera: Dodetal styg tot 15
Die Tshwane-metro sê nou dat toetse op alle water, selfs dié wat uit brandkrane getap word, gedoen sal word. Daar sal ook verseker word dat watertenkwaens behoorlik ontsmet word.
77 plaasaanvalle in 90 dae
Luidens die verslag het die meeste aanvalle in Gauteng plaasgevind (19 aanvalle), gevolg deur Noordwes (tien aanvalle), KwaZulu-Natal (tien aanvalle) en die Wes-Kaap (nege aanvalle).
Dr. Nandi se deportasie wás wettig – minister
Die departement van binnelandse sake het intussen besluit om Magudumana se paspoort terug te trek. “Sy verdien nie om dit langer te hê nie,” sê minister Aaron Motsoaledi.
Ramaphosa in sy noppies oor toerismesyfers
Suid-Afrika het in die eerste kwartaal van 2023 meer as twee miljoen toeriste verwelkom; dit is meer as twee keer soveel in vergelyking met dieselfde tydperk in 2022.
Twee Unisa-raadslede bedank glo oor verdoemende verslag
Die bedankings kom glo nadat lede in ʼn raadsvergadering verdeeld was oor of prof. Puleng LenkaBula, visekanselier, geskors moet word.