Dié app sal toesien dat allerlei probleme op Gautengse paaie dringend die nodige aandag geniet.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Pleidooi ná Texas-skoolskietery: ‘Doen iets!’
Skrikwekkende verhale van oorlewendes se beproewings het nou boonop aan die lig gekom en die optrede van die polisie word al hoe meer bevraagteken.
Nóg ʼn staatshospitaal brand
Dit is die tweede brand in die afgelope 24 uur wat in ʼn staatshospitaal uitgebreek het.
Pasiënte veilig ná Vredendal-hospitaal brand
Niemand is in die voorval beseer nie, danksy die brandweer wat glo binne enkele minute op die toneel was.
Vloedrampkomitee in ongeluk ná oorsigbesoek aan KZN
Die komiteelede se voertuig het glo teen ʼn dier gebots wat die pad onverwags oorgesteek het.
Verwoestende wind vir KZN voorspel
ʼn Windspoed van tussen 70 en 80 km/h Maandag kan moontlik verdere verwoesting aan die vloedgeteisterde kus saai.
Strande, seelewe veilig ná oliestorting by Algoabaai
“Die meeste van die olie is reeds opgeruim en daar is geen sigbare olielagie wat op die water glinster nie.”
Regsgeding teen Musk oor Twitter-transaksie
In die regsgeding word beweer dat die miljardêr Twitter-aandele doelbewus afgejaag het sodat hy nie met sy bod om die platform te koop hoef voort te gaan nie, of vir ʼn laer prys kon beding.
Polisielede in sop oor beweerde dronkbestuur
Daar word beweer dat die beamptes versuim het om by ʼn stopstraat te stop en gevolglik byna twee vrouepadwerkers omgery het.
Beurtkrag: Amal se ligte Sondag aan
Eskom het Sondag aangekondig dat hy ʼn marginale verbetering in sy opwekkingskapasiteit ervaar.
Tien uit tien vir Tinarie
Die bekroonde aktrise Tinarie van Wyk Loots is vanaf 2 Junie te sien in die nuwe M-Net drama, Desert Rose. Haar rol as Rosie is nie net dié van suster of dogter nie, maar van planmaker en stukke-optel-en-weer-bymekaarsit, skryf Maryke Roberts.
Nog drie in N3-busongeluk dood
Altesame nege mense is al dood nadat ʼn bus van ʼn brug op die N3 naby Heidelberg afgetuimel het.
DA-Jeug: ‘Los die Taalmonument uit’
“Vandag kom hulle vir Afrikaans, môre kom hulle vir Xhosa en Zulu.”
Organisasies wil saamspan teen Shell
Die aansoek om Shell te verhoed om seismiese opnames aan die Wildekus te doen, word Maandag in die hof aangehoor.
SA’ner se Oekraïense gesin by lughawe weggewys
Die 27-jarige vrou en haar kleuter moes noodgedwonge alleen na hul oorloggeteisterde tuisland terugkeer.
Afrikaanses sê aikôna vir Mthethwa
“Ek is dankbaar hier was vandag soveel mense en ek hoop dat die Raad van die ATM die boodskap sal kry van ‘nee, nee, nee’.”
16 sterf toe taxi brand; kind oorleef
’n Sewejarige seuntjie is die enigste oorlewende insittende van die taxi nadat sy ma hom deur ’n venster na buite gedruk het.
Wes-Kaapse speaker geskors
“Masizole Mnqasela is die geleentheid gebied om redes te verskaf waarom hy nie geskors moet word nie, wat hy gedoen het.”
Kleuter op minder suurstof ná ongeluk by skool
“Marno se ma het vanoggend weer verskriklik gehuil. Sy eet nie. Sy slaap nie.”
Verlos van haar verkragter ná skuldigbevinding
“Dit was die dag waarvoor ek my lewe lank gewag het. Dit was ook die dag waarop ek besef het dat ek my ma finaal verloor het,” vertel ’n verkragtingslagoffer van Pretoria.