Die Kearneys sê hulle voel geëerd om op dié geskiedkundige plek hul restaurant te hê, maar soms is hulle nog verstom oor die sukses van die projek.
Geen diensfooi hiér geduld
Selfs jou ouma sal sukkel om by dié padstal se disse kers vas te hou. En dít boonop teen ʼn baie billike prys.
Agt plekke in Amsterdam vir die emmerskoplysie
Dié stad het ook ʼn paar geheime plekke wat vir toeriste die volle ervaring en betowering van Amsterdam kan bied.
SA vrou, gesin vertel van ondervinding op oop see
Wat op aarde het hulle besiel om die verraderlike Atlantiese Oseaan oor te steek? So het Danielle Tietze de Hoogh, vroeër van Hartbeespoort, gewroeg toe sy, haar Nederlandse man Sander, hul kinders Ava (6), Will (4) en hul kat Nova in Susie Jane hul seilboot van 13 meter lank, op die oop see in ʼn vreesaanjaende storm beland het.
Hou bene hou: te voet deur die VSA
Al ooit gehoor van die voetpad tussen Meksiko en Kanada? Die Pacific Crest-roete is langer as 4 000 km. ʼn Suid-Afrikaner, Arno Pouwels, het vyf maande geneem om dié roete te voltooi deur sneeu en woestyn, vier pare skoene en verby bere en muskiete.
New Orleans skop goed nes in jou hart
Twee rolprente het ʼn vonkie in my hart afgevuur om die strate van New Orleans en sy omliggende moerasse te gaan ontdek, skryf Maryke Roberts.
Riga in Letland en Tallinn in Estland
Buite die ou stad is daar ook ʼn heel interessante kwartier uit die laat 19de en vroeë 20ste eeu, met woonstelgeboue in die historistiese en Art Noveau-styl.
Foto’s: Trap-trap deur De Hoop
Klim op jou fiets en verloor jou hart in De Hoop, want hierdie is sekerlik een van ons land se mees unieke marienebewaringsgebiede.
Stormsrivierkloof: kajak deur die waterwildernis
Om in die Stormsrivierkloof op te roei, is om ʼn geheim te ontdek. Hoe dieper jy die waterwildernis in vaar, hoe meer voel dit of jy terugbeweeg in tyd.
Kom kuier op die strande van die Overberg-streek
Wat het ware noord, een van die langste strande in die suide en ʼn nasionale monument met mekaar te doen? Dit is waar die Overberg-distrik se strande bymekaar kom.
Kom vier lente in die Franse Alpe
Wanneer Suid-Afrikaners dus met vakansie gaan, selfs in die Franse Alpe, is hul dikwels nog steeds opsoek na sonskyn. Die goeie nuus is dat vakansiegangers tydens Maart en April, soos wat die Europese winter oorgaan in lentetyd, beide sneeu en son kan ervaar.
Krone-konsert ʼn saamsing-jol soos min
Vanjaar se Krone-konsert vind by Loftus in Pretoria plaas met meer as 20 van die land se grootste kunstenaars wat op een verhoog te sien sal wees.
Vriende vir die langpad
Om so iets te gereël het en te geslaag het in die uitvoer daarvan, is iets wat beslis nie per ongeluk plaasgevind het nie – dit is ʼn seën van bo.
Grootbos: Unieke kunsruimte in ’n botaniese galery
Ek dink nog steeds die eienaar, Michael Lutzeyer, en sy gesin het ʼn visie gehad, wat moontlik glad nie duidelik vir ander was, toe hulle meer as drie dekades gelede besluit het om ʼn stuk aarde, wat vir ander net grond naby De Kelders was, se potensiaal raak gesien het.
Kom vergeet van jou motor in die Kagga Kamma-reservaat
Die meeste mense ken Kagga Kamma as een van Suid-Afrika se mees bekroonde buitelug-bestemmings, maar net ʼn handjievol besef jy kan lekker kamp hier ook.
Landelike sjarme op ’n wynplaas buite Plettenbergbaai
My eerste ervaring van Newstead is soos dié van vele ander besoekers: saam met my gesin in die restaurant langs die wingerd, sandale uitgeskop op die grasperk nes die ander gaste, aan’t smul aan lamsvleis, falafels, tzatziki, naanbrood en stadig-geroosterde knoffelhoender.
Rus en vrede op Van Reenen
In Desember roep die Drakensberge ons. Halfpad op die pad see toe, steek ons vas tussen die rustige groen van oeroue reuse. Ons swenk van die N3 af terwyl vragmotors en vakansiegangers by ons verbysnel, vind ʼn grondpaadjie, ry oor ʼn ou treinspoor en stop voor ʼn bord: Welkom by Van Reenen.
Om jou voorwete te laat prut
Want koffie kom met kultuur, dit is tradisie, dis net soos vleisbraai en potmaak. Daarom hanteer ʼn mens koffie met respek.
Foto’s: Die bootvaart van ’n leeftyd
Clifford Roberts het onlangs op een van Norwegian Cruise Lines se nuutste skepe ʼn onvergeetlike vaart vanaf Ysland meegemaak.
Harties-dam se storie op RSG vertel
Vandag kronkel ʼn tonnel deur die Magaliesberg en lei na ʼn majestueuse damwal in eg neoklassieke styl.