Solidariteit het bevestig dat sy lede ten spyte van onstuimigheid voortgaan om vir werk by die Suid Afrikaanse Lugdiens (SAL) aan te meld.
Waterkrisis: Geen hoeveelheid reën sal SA red
Die land se waterkrisis kan nié bloot voor die deur van die voortslepende droogte gelê word soos talle dink nie, sê kenners.
Wêreldrekordpoging: Bo in ʼn vaatjie vir liefdadigheid
Vernon Kruger het as 29-jarige in 1997 altesaam 67 dae lank in ʼn 500 liter-wynvaatjie deurgebring wat op ʼn paal vasgemaak is in Dullstroom, Mpumalanga. Hy gaan nou poog om sy eie rekord te verbeter.
SAL-staking: Droomvakansie word ʼn nagmerrie
Dit was veronderstel om ʼn lekker vakansie te wees vir ʼn ma van Mauritius, maar nou het sy al meer geld spandeer as wat sy wou en sy het baie emosionele druk beleef weens die staking by die SAL.
Miljoene vir Cullinan-diamant betaal
ʼn Seldsame blou diamant van 20.08 karaat wat by Petra Diamonds Cullinan-myn in die ooste van Pretoria gevind is, is vir miljoene verkoop.
Geen beurtkrag oor die naweek verwag nie, sê Eskom
Alhoewel die kragnetwerk onder druk bly, sal daar na verwagting geen beurtkrag oor die naweek ingestel word nie, het Eskom gesê.
Noordwes-daggaboer weer terug in die hof
Russel de Beer (48), ʼn daggaboer wat daarvan beskuldig word dat hy handel gedryf het met dagga ter waarde van meer as R3 miljoen, het Vrydag in die Brits-landdroshof verskyn.
Platinumvervaardigers, vakbonde teken driejaarooreenkoms
Platinumvervaardigers het Vrydag gesê ʼn driejaarloonooreenkoms is met die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) in die platinumbedryf onderteken.
Byna geen ANC-kaders nog oor VBS-debakel afgedank nie
ANC-beheerde munisipaliteite wat groot bedrae geld verloor het deur die ineenstorting van die VBS Bank het nog byna niemand aan die pen laat ry vir die reuseverliese wat in Gauteng, Limpopo en Noordwes gely is nie.
Bek-en-klouseer: Saai gaan app met naspeurbaarheidsfunksie toerus
Die landbounetwerk vir familieboere, Saai, het Vrydag aangekondig dat hy sy veediefstaltoep, STIC, eersdaags sal uitbrei om naspeurbaarheid van vee se bewegings te prioritiseer.
Vakbonde gaan weer in Marikana opruk
Lidmaatskap van enige vakbond of party moet nie ʼn doodsvonnis wees in ʼn demokratiese land nie, het Cosatu Vrydag gesê voor sy byeenkoms in Marikana.
Vlugtelinge van VN-kantoor in Pretoria verwyder
Polisiebeamptes het Vrydag, ná talle waarskuwings, vlugtelinge verwyder wat onwettig die perseel van die Verenigde Nasies se hoëkommissariaat vir vlugtelinge (VNHKV) in Brooklyn, Pretoria, beset het.
Steenhuisen, Meyer voor in DA-leierswedlope
Die DA se parlementêre leier, John Steenhuisen, sal na verwagting Sondag deur die party se federale raad tot instaanleier verkies word en die Wes-Kaapse minister van landbou, dr. Ivan Meyer, tot tydelike federale voorsitter.
Bathabile Dlamini wéér in beheer van armes se lot
Die DA sê dit is heeltemal onlogies dat enigiemand sou dink Bathabile Dlamini is geskik vir enige openbare amp.
AA voorspel slegte nuus vir vakansiegangers
Lees hier wat jy in Desember vir petrol gaan opdok.
Tiener vas vir moord op tante
’n Tienerseun word aangekla van moord nadat sy tannie in ’n bedenklike toestand langs die pad aangetref is.
Kapers vermoor vrou vroegoggend by oorgang
Beeldmateriaal van ‘n kapingslagoffer wat in Johannesburg doodgeskiet word, is met afgryse bejeën.
SAL ‘kan nié gered word’
Kenners waarsku die staking kan SAL miljoene rande kos.
Uyinene Mrwetyana se moordenaar gevonnis
Die man wat Uyinene Mrwetyana vroeër vanjaar in ʼn poskantoor vermoor het, is Vrydag swaar gestraf.
Coligny-twee hoor oor borgtog
Dit kom nadat die mans wat in Maart vanjaar aan die moord op die tiener Matlhomola Moshoeu skuldig bevind is.