Met tussen vyf en agt miljoen onversekerdes in die formele ekonomie wat toegang tot private gesondheidsorg begeer, is dit vanselfsprekend dat die mark nuwe toetreders gaan lok.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "medies"
Mediese trust geskep vir uitvoerende kunstenaars
“Die doel van die trust is om kunstenaars in enige soort mediese krisis by te staan.”
Solidariteit beskerm verpleegkundiges
Verpleegpersoneel word daagliks aan Covid-19-pasiënte blootgestel en hul heldedade behels meer as net die behandeling van Covid-19-pasiënte, want in sommige gevalle lewer hulle hierdie diens sonder die nodige persoonlike beskerming.
Mediese student kan studies voltooi danksy donasies
Nóg duisende rande is ingesamel vir ʼn mediese student se klasgeld.
Top mediese student het ʼn hart vir kinders
Dié mediese student het al 29 haar teoriemodules met lof geslaag.
Bykans 4 000 sterf in Gauteng-staatshospitale weens ‘nalatigheid’
Die syfers is uiters onrusbarend. Dit beklemtoon die ernstige bestuursprobleme in staatshospitale en die gebrek aan gevolge vir mediese foute wat lei tot hofsake en skadevergoedingseise wat die departement se begroting uitput.
#JongStemme: Wat beplan jy vir jou gemeenskapsdiensjaar vir 2020?
Vir die studente wat nou sit waar ek ’n jaar terug gesit het, doen jul navorsing goed. Maak seker julle weet wat julle op jul lys het en begin solank voorberei vir ’n jaar wat dalk die beste jaar van jou loopbaan gaan wees.
Unie dreig met hofstappe as weermag nie studente heraanstel
Die SA Nasionale Weermagunie (Sanwu) het die weermag tot Maandag gegee om ʼn groep studente wat hy ontslaan het, weer aan te stel, of Sanwu gaan hom tot die hof wend.
Eerste dubbele handoorplanting vir kind ’n sukses
“Daar was ʼn deel van my wat vermis was. Noudat ek weer hande het, is my lewe volmaak.”
Regulering – vergete aandrywer van stygende gesondheidsorgkoste
Op die keper beskou moet die invloed van regulering en regeringsinmenging op koste in die gesondheidsorgsektor darem ten minste erken en nie net gelate aanvaar word nie.
Mediese sorg in die ruimte
Mediese sorg vir ruimtereisigers het onlangs aan die beurt gekom in ’n werksessie wat deur die Europese Ruimte-agentskap aangebied is.
Poging om mediese hervorming te herroep, rampspoedig vir Republikeine
Die vraag is: Gaan Trump van benadering verander of gaan hy sy party verder in die wildernis in saamsleep?
Etiek: Genetiese manipulasie vir ‘ontwerperskind’
Die potensiaal om “ontwerperskinders” die lewe in te bring deur genetiese veranderings in die fetus aan te bring, het ’n stap nader aan die werklikheid gekom.
Mediese studie is nie perde koop nie
Menige leser ken ’n gr. 11- of 12-leerder met ’n gemiddeld van 88% – in sommige gevalle selfs hoër – wat sukkel om keuring vir medies te kry.
Hoekom het jy ʼn dokter geword?
Daar is regtig goeie dokters en hulle weet wie hulle is, maar vir daardie dokters wat nie tyd het vir die sorg van hulle pasiënte nie, wat ons mensies so behandel – ek weet nie hoekom het julle al daardie jare aan die universiteit deurgebring nie.
Oom Herrie se kerrie: Nou kan hy skop
Klein Willem Venter is as’t ware met die rugbybal onder die arm gebore. Sy rugbybal was van kleins af sy min of meer permanente metgesel.
KZN ontken voorbehoedmiddel is verpligtend vir beursstudente
Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid het ontken dat Suid-Afrikaanse studente wat medies-verwante kursusse in Indië gaan studeer, gedwing is om ‘n voorbehoedmiddel, wat onder die vel ingeplant word, te gebruik.
Video: Dowe vrou hoor vir die eerste keer
Joanne Milne (39) van Gateshead in Engeland kon vandeesweek vir die eerste keer in haar lewe hoor nadat haar kogleêre inplantings aangeskakel is.
Regering ondersoek moontlikheid om mediese marijuana te wettig
Pres. Jacob Zuma het Donderdag in die parlement gesê die departement van gesondheid sal die moontlikheid ondersoek om die mediese gebruik van dagga in die land te wettig.
Video: LP se pleidooi oor mediese gebruik van dagga
Mario Oriani-Ambrosini, LP van die IVP wat aan kanker ly, het Woensdag ʼn pleidooi aan president Jacob Zuma in die parlement gelewer dat die regering die mediese gebruik van dagga wettig maak, het die Sowetan Donderdag berig.