Tedros Adhanom Ghebreyesus het Suid-Afrika aangeprys vir sy hantering van die koronavirus.
Alles deur die skrywer African News Agency
VBS-skandaal: Munisipaliteite soek R1,5 miljard terug
Die verlies wat munisipaliteite gely het, beslaan die grootste gedeelte van die geld wat weens bedrieglike optrede uit VBS se koffers getap is.
Metrorail bied beperkte treindiens in Tshwane
“Weens veiligheidsredes en die ernstige gevolge van diefstal en vandalisme, sal treine nie by alle stasies kan stilhou nie.”
Taxidrywers vas wat glo metrobeampte aanrand
“Die taxibestuurders het uiters aggressief geraak, gevloek en gedreig om die beamptes te skiet.”
Twee brigadiers vas in ondersoek wat Kinnear gelei het
Die twee offisiere wat in Gauteng in hegtenis geneem is, bring die getal beweerde korrupte polisiebeamptes betrokke by die bedrogspul op 18 te staan.
Terugslag vir NVG in Regiments-ondersoek
Regiments het glo sowat R1 miljard danksy onregmatige kontrakte van Transnet bekom.
Agrizzi hoor dan oor borgtog-appèl
Die staat meen Agrizzi is ’n vlugrisiko en dat hy moontlik landuit kan vlug om vervolging te ontduik.
Dertien dood in twee ongelukke in Noordwes, KZN
Drie vroue het onherkenbaar verkool toe hul motors kort ná die ongeluk in vlamme opgegaan het.
Drie ‘rowers’ in skietery gewond; nog vyf agter tralies
Die bende was glo vroeër dieselfde dag betrokke by ʼn rooftog waar bokse drank gesteel is.
Nuwe Prasa-voorsitter aangewys
Ramatlakane is ’n voormalige LUR vir vervoer, openbare werke en gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap en ’n voormalige hoofsweep van die ANC in die parlement.
Skoolhoof, skoolbusbestuurder ondersoek oor ernstige bewerings
Daar kan in ’n video gesien word hoe die bestuurder van ’n skoolbus alkohol drink terwyl ’n leerling in skoolklere die bus bestuur.
Tsakani Maluleke as nuwe OG voorgestel
Haar voorganger, Kimi Makwetu, is wyd gerespekteer.
Covid-19: Twee derdes van staat se besteding dalk korrup
Wetstoepassingsagentskappe se terugvoer oor ondersoeke na besteding van die staat se Covid-19-noodfondse skets ʼn donker prentjie van korrupsie.
Tronk toe naweke; werk deur week om Jan Taks te betaal
“Hy het belastinggeld gebruik om sy sakeonderneming en luukse leefstyl te finansier.”
Afsondering knou PnP met miljarde
Handelsbeperkings, verkorte handelsure, ʼn beperking op die aantal klante wat in winkels toegelaat is en die tydelike sluiting van winkels het tot die daling in inkomste bygedra.
Ma vertel van laaste oomblikke voor verkeersbeampte sterf
Hy sê hy kon reeds op die toneel, terwyl paramedici verbete probeer het om Willis by te bring, gesien het sy seun gaan nie die ongeluk oorleef nie. Heeltemal te veel bloed het uit die jong beampte se kop gestroom.
Twee vas oor handeldryf met beskermde plante
Knopies is dwergvetplantjies wat soos balletjies lyk wat tussen die klippe lê.
Tieners verdrink in Kaapstad; liggaam van nog ʼn drenkeling gevind
Een tiener het verdrink en ʼn ander tiener word vermis ná hulle vermoedelik in systrome beland het toe hulle by twee verskillende strande in Kaapstad geswem het.
Afrika se ekonomiese herstel ‘lê in landbou’ – Didiza
Didiza het gesê dat plattelandse vroue ten spyte van die Covid-19-pandemie steeds veerkragtig is en kos op hul gesinne se tafel sit.
Navalny-vergiftiging: Sanksies teen Russiese hooggeplaastes
Die hooggeplaastes word onder meer nou verbied om na die EU te reis.