Melk, eiers en kaas het in Oktober vanjaar die grootste prysstyging sedert Februarie 2017 beleef.
Verbruikersake: Oppas vir identiteitsdiewe
“Dink aan jou persoonlike inligting asof dit kontant is. Hou dit veilig te alle tye, want as dit eers uitlek, kan enigiemand dit enige tyd gebruik om te maak asof hulle jy is.”
Interdik oor plantgebaseerde vleis verleng
Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling word nou nog langer verbied om op plantgebaseerde proteïene beslag te lê.
Kleinhandelaars bloei miljarde weens beurtkrag
Die ekonomie is reeds taai, maar kleinhandelaars verloor boonop miljarde rande weens Eskom se onvermoë om die ligte deurlopend aan te hou.
Verbruikersake: Uiteindelik is daar beskerming teen kripto-skelmstreke
Plaaslike verbruikers het oor die afgelope paar jaar al miljarde rande verloor in die kripto-geldeenheidbedryf, wat tot nou toe nie gereguleer is nie.
Talle SA’ners sien ‘geen probleem’ om banke te bedrieg
Meer as 40% van Suid-Afrikaanse verbruikers dink dis “oukei” om versekeringseise op te blaas of hul inkomste op aansoeke vir lenings te oordryf, het ʼn onlangse meningspeiling bevind.
Basta met katterigheid! Hier ondersteun sakevroue mekaar
“Daar word gesê dat krag in getalle lê en ek hoop ons is kragtige bewyse daarvan dat vroue nie teen mekaar hoef mee te ding om suksesvol te wees nie.”
SA se naam op gryslys kan hom duur kos
Suid-Afrika is die afgelope paar jaar toenemend gebruik vir geldwassery en die finansiering van terreurbedrywighede weens ongebreidelde korrupsie en skuiwergate in die strafregstelsel.
Wie sal die skoolgelde betaal as jy tot sterwe kom?
“Ons beskou die beveiliging van jou kind se onderrigtoekoms nie as ’n luukse nie, maar as ’n noodsaaklikheid.”
Verbruikersake: Só raak beurtwater jou huisversekering
Verbruikers in Gauteng moes onlangs ook dié struikelblok oorkom terwyl beurtkrag steeds sy eie probleme oplewer. Ina Opperman verduidelik wat jy kan doen en wat jy nie moet doen nie.
Verbruikersake: Begroot is al wat gaan help
Dit is belangrik om te onthou dat begrotings op balans berus. Wanneer jy daarin slaag om jou besteding in een kategorie te verminder, het jy dus meer om uit te gee op ʼn ander kategorie. Ina Opperman verduidelik hoe om ʼn begroting op te stel.
Toe erf ons Eskom se skuld!
Waar dit tot nou toe betaal sou word deur hoër elektrisiteitspryse en reddingsboeie, gaan dit voortaan deur die belastingbetalers van die toekoms gedra word.
Kosmandjie: Groente baie duurder, olie en brood goedkoper
Die prys van tamaties, kookolie en sekere vleissoorte het in Oktober gedaal, terwyl talle groentesoorte soos uie se prys aansienlik gestyg het.
Jy kan nou met bitcoin by Pick n Pay betaal
Die kleinhandelaar het die stelsel aanvanklik in tien winkels ingestel en nou al uitgebrei na ’n verdere 29 winkels.
Begroting: Regering se idees (en geld) is op – DA
Die DA het die mediumtermynbegrotingsrede as dié van ʼn “gebroke” regering bestempel en sê die minister kon veel meer gedoen het om gewone Suid-Afrikaners se lot te verbeter.
Miljarde vir Sanral om skuld te betaal
Die minister het egter gewaarsku dat ʼn oplossing vir die voortslepende e-tolsaga gevind moet word.
Laat jou geld vir jou werk – met die regte adviseur
Jou makelaar speel ’n rol in jou finansiële welstand. Hoe kies jy iemand? Leon-Ben Lamprecht skei koring en kaf.
Mini-begroting gaan fyn balansering verg
E-tol en hulp aan die landbousektor is van die kwessies wat in Woensdag se mini-begroting fyn dopgehou gaan word en is volgens kenners ʼn kans vir die regering om te wys hy luister na die mense wat hy moet dien.
ʼn Huisie by die see – én ʼn plasie op die platteland
Die koronaviruspandemie het ekstra woema aan leefstyl- en stokperdjieplase gegee nadat baie mense hul omstandighede die afgelope paar jaar heroorweeg en na die platteland ontvlug het.
Verbruikersake: Is jy verseker teen beurtkrag se skade?
Ons gaan nou die hoeveelste week van beurtkrag binne en daar is steeds geen lig aan die einde van die Eskom-tonnel nie. Mense begin nou erg kla omdat die baie aan- en afskakel hul toestelle breek en die kos in hulle vrieskaste begin ontdooi. Kan ʼn mens jou teen hierdie soort risiko verseker? Ina Opperman het gaan uitvind.