Daar is stadige maar besliste vordering met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se optrede teen staatskapers, het die nasionale direkteur van openbare vervolging, adv. Shamila Batohi, Dinsdag in die parlement gesê.
Minstens 42 skote op polisiekonstabels gevuur
Twee polisiebeamptes van die Wierdabrug-polisie in Centurion, Gauteng is Dinsdag beseer toe minstens 42 skote op hulle gevuur is.
Solidariteit voeg sy steun tot Etzebeth-saak
Solidariteit het Dinsdag bekend gemaak dat hy sy veldtog teen rassisme en dubbel-standaarde verskerp, deur aansoek te doen in die gelykheidshof om as ʼn ‘vriend van die hof’ in die Eben Etzebeth-saak gevoeg te word, wanneer die saak aangehoor word.
Aptekersraad probeer lede ‘boelie’ om NGV te steun
Die Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidpraktisyns het Dinsdag die Suid-Afrikaanse Aptekersraad se skynbare verskuilde dreigement in verband met die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) ten sterkste veroordeel.
Krane droog dalk op in Rustenburg
Die plaaslike munisipaliteit in Rustenburg in Noordwes het streng waterbeperkings ingestel.
Verpleegstersopleiding in gedrang weens minister se gesloer
Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, sal Woensdagoggend in ‘n leeukuil instap wanneer hy die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid sal toespreek en vrae beantwoord rakende die opleiding van verpleegsters.
R5 miljard reeds op NGV ‘verkwis, maar geen lesse geleer’
Die ANC wil deurdruk met die inwerkingstelling van die “rampspoedige” Nasionale Gesondheidsversekering. Dít al hét die loodsprojekte daarvoor reeds misluk en belastinggeld van miljarde rande in ʼn “swart gat” verdwyn.
Bejaarde huurders moet verhuis weens veiligheidsrisiko
Bejaarde huurders van die Welverdiend-woonkompleks in Rondebosch in die Wes-Kaap is versoek om te verhuis omdat dié gebou gesloop gaan word.
Geen plek vir Afrikaans by universiteite – Nzimande
“Ons kan nie toelaat dat Afrikaans as ’n middel van uitsluiting en verdrukking gebruik word nie,” sê dr. Blade Nzimande.
Sakeliga: Aptekersraad moet opdrag aan aptekers terugtrek
Die sakeorganisasie Sakeliga het Dinsdag daarop aangedring dat die Suid-Afrikaanse Aptekersraad ’n opdrag aan sy lede dat hulle steun vir die Nasionale Gesondheidsversekering moet belowe, terugtrek.
Parys-boere: Uitspraak weer uitgestel
“Die saak is uitdagend om die minste te sê.”
Gemengde vooruitsig vir brandstofpryse vandeesmaand
Die prys van sommige soorte brandstof gaan na verwagting in November daal, terwyl ander in die teenoorgestelde rigting beweeg.
Talle vrae ná peperduur kontrak vir tenderpreneur met ‘EFF-bande’
Die Tshwane-metroraad het vandeesweek erken hy het BBT en twee ander verskaffers aansienlik meer betaal as wat hy moes, maar ontken dat hy met die verskaffers saamgespan het. Die stad het ook gesê daar was tot dusver geen bewyse dat die toekenning van die tender aan BBT onregmatig was nie.
Mees gesoekte misdadiger vir 93 jaar gevonnis danksy fyn speurwerk
ʼn Uitgeslape misdadiger is ná fyn speurwerk in sy weelderige huis aangekeer.
Strand steeds gesluit ná walvis uitspoel
Die walvis was reeds dood toe dit op die strand uitgespoel het.
Saak teen Zuma wéér uitgestel
Die aanvanklike klag teen hom is reeds sowat 14 jaar gelede aanhangig gemaak.
Pa van Bishops-onderwyser stort hart uit
Die pa van die onderwyseres van ʼn spogskool in Kaapstad wat daarvan beskuldig word dat sy ‘n verhouding met ‘n leerder gehad het, het sy hart teenoor ouers uitgestort.
Só lyk NVG se sukseskoers afgelope jaar
Adv. Shamila Batohi, die nasionale direkteur van openbare vervolging, het die parlement Dinsdagoggend op hoogte gebring van die stand van sake by die NVG.
Swart Vrydag: Verkope kan met 30% toeneem
Navorsing deur Black Friday Global toon dat belangstellings in aanbiedings op dié dag oor die laaste vyf jaar met 9 900% in die land gegroei het.
Joernalis wat Malema glo beledig só gestraf
Barry Bateman het Dinsdag ʼn verklaring op sy Twitter-profiel gepubliseer waarin hy om verskoning vra en ook die straf wat hy opgelê is bekend maak.