Veiligheidsgewys bied die Sonet twee lugsakke, sluitweerremme met elektroniese remkragverspreiding en vastrapbeheer. Dit is lekker sterk vir ʼn voertuig wat minder as R300 000 kos.
BMW R 1250 RT –’n moeitelose toerfiets
Vir die 190 km-rit was die RT waarlik ’n fees om mee te ry.
Porsche se Macan – ’n pragtige, kompakte sportnuts
Die Macan, Macan S en Macan GTS. Dit is Porsche se nuwe Macan III-reeks.
Wiele2Wiele ry met nuwe Alfa Romeo’s
Wiele2Wiele gaan ry met Alfa Romeo se opgeknapte Giulia en Stelvio. Hulle raak ook opgewonde oor Audi se vyfsilinder RS Q3, gesels veldren-aksie, turbo-enjins en ook oor al die jongste motorfietsnuus.
Nie nét mooi
Alfa Romeo se opgeknapte Giulia Velocé is so te sê perfek.
Mini knap sy reeks op
Die Mini is sinoniem met pret – ʼn stylvolle klein blitsbuksie met hope karakter. In die laaste weergawe het die ontwerp van die driedeur, vyfdeur en afslaandak effens fiemiesrig geraak. Met die jongste opknapping het Mini ʼn plan met daai fiemies gesien.
VW het diep wortels in SA geskiedenis
Die oorspronklike aanleg is in 1946 op 20,2 ha gebou wat vir R2 500 op die buitewyke van Uitenhage gekoop is.
Groot geld vir klein 007-wiele
Slegs ’n beperkte aantal van dié motortjies, wat nie ’n afslaankap soos in die rolprent het nie, word vervaardig.
Wiele2Wiele ry met die Fiat 500
Hierdie week in Wiele2Wiele gesels die span oor die nuwe Toyota Gazooo Racing Hilux-bakkie vir die 2022 Dakar-ren. Hulle gaan ry met ‘n klein maar stylvolle tweesilinder-karretjie, die Fiat 500, en ervaar ook een van die kompakte sportnutsleiers, die Kia Sonet.
Mitsubishi se Eclipse Cross rol die grondpaaie op
Met sy 18 duim-allooiwiele en ʼn grondvryhoogte van 180 mm het die Eclipse maklik oor die klippe, spoelwalle en ongelyktes beweeg sonder om te ploeg of te skraap.
Ford se nuwe Ranger Stormtrak is hier
Dit is maklik om die Stormtrak op te som. Dit is inderdaad duur, ja – maar dis ʼn lieflike ryding.
Suzuki se GSX-S1000GT beloof pure ryplesier
Die Suzuki GSX-S1000GT sal later vanjaar beskikbaar wees en pryse sal dan bekend gemaak word.
ʼn Voorvereiste vir ʼn epiese reistog?
“Ses provinsies, 36 dorpe, 5 000 km, 73 uur oor 15 dae saam met my man, ʼn tiener, ʼn amper-tiener en ʼn koffiefles. Dis die wye draaie wat ek en my gesin met die Ford Thunder gery het.”
Wiele2Wiele ry met die Ranger Stormtrak
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die langverwagte Toyota Land Cruiser 300 en verken die Oos-Kaap met Ford se nuwe Ranger Stormtrak.
Nuwe baas van die Toyota-plaas
Die splinternuwe Land Cruiser 300 is onlangs bekendgestel.
Ses maande met ’n Ford Ranger
Ford het ons ʼn wyle terug genader om ʼn Ford Ranger oor ʼn langer tydperk op die proef te stel.
Suzuki Hayabusa – ’n Toetsrit word ’n toer!
Ek het nooit verstaan hoekom die Hayabusa soveel aanhang geniet nie. Ek verstaan nou.
Video: Vroue vat voor in dié fabriek
“Ons begin ’n rewolusie. Dié keer ’n rewolusie wat ons van petrol bevry. Die motorfietse wat tans op die mark is, is vervelig, vaal, bonkig en stadig. Ons produk spog met ’n moderne ontwerp, puik werkverrigting en die nuutste tegnologie.”
Lexus se luuksste
Die materiale, bougehalte en die aandag wat aan die kleinste detail gegee is laat mens verstom.
Wiele2Wiele liries oor BMW se M3 Competition
Hierdie week raak die Wiele2Wiele-span liries oor BMW se M3 Competition-sedan en hulle gaan ry in stilte met Volkswagen se elektriese e-Golf. Daar is ook ‘n nuwe kompakte sportnuts om van te kies – Renault se Kiger.