Moroadi Cholota sou na verwagting Maandag daar in die hof verskyn en die staat sal so gou moontlik begin met die uitleweringsproses om haar terug te bring na Suid-Afrika, waar sy sal verskyn vir haar beweerde aandadigheid.
Soekresultate vir: Ace Magashule
Ramkraal-ondersoek verwelkom, maar vrae oor tydsberekening
Die DA het talle lêers wat oor meer as ʼn dekade strek, wat insluit verslae van die tesourie en ander inligting rakende die Ramkraal-projek. Die inligting sal aan die SOE voorgelê word om die ondersoek te steun.
Etniese spanning kan ANC stemme kos
Kenners meen die invloed van etnisiteit moet nie in die komende verkiesing buite rekening gehou word nie.
Nuwe opname wys ‘dramatiese afname’ in ANC-steun
ʼn Nuwe opname wys die ANC se steun kan veral drasties in KwaZulu-Natal, Gauteng en die Vrystaat afneem.
Herhaal die geskiedenis?
Is die ANC op dieselfde pad van vernietiging as die destydse Nasionale Party, met beide partye wat tydens hul hoogtepunt as “magtig” beskryf is.
ANC het sy oog op die verkiesing, sê Ramaphosa
“Die plan is om ʼn beslissende ANC-oorwinning te verseker. Ons werk vir ʼn duidelike oorwinning.”
Bedrywige politieke jaar lê voor
Kenners waag ʼn voorspelling oor wat ons kan verwag van 2024 se politieke landskap, veral wat die nasionale verkiesing betref.
Dissiplinêre stappe kom dalk oor Zuma se verkiesingsuitsprake
ANC-leiers smee volgens Zuma ʼn komplot om die ANC te “vermoor”. Daarom, sê oudpres. Jacob Zuma, het hy geen ander keuse as om “drastiese stappe” te doen om die party te red nie.
Kopgekrap oor Zuma se ‘groot aankondiging’
Die aankondiging beloof dat almal teenwoordig “getuies gaan wees van die begin van ʼn nuwe hoofstuk in die politiek”.
Suid-Afrika voor en na die 2024-verkiesing lll
Suid-Afrika staan op die vooraand van een van die belangrikste verkiesings sedert 1994, met verreikende implikasies vir die regerende ANC se politieke elites.
Onstuimige ampstermyn voor Mkhwebane se doppie geklink word
Binne 100 dae nadat die destydse president Jacob Zuma adv. Thulisile Madonsela in Oktober 2016 met adv. Busisiwe Mkhwebane as Openbare Beskermer (OB) vervang het, het die wiele begin afkom.
Watter koalisie sal koning kraai?
Soos die ANC ook graag sy dominante posisie op nasionale vlak wil handhaaf wil die DA ook hulle dominante posisie binne die “moonshot-ooreenkoms” handhaaf.
Ace sê nuwe ACT-party is ‘alternatiewe politieke tuiste’
By die bekendstelling van die party het Magashule gesê die party sal fokus op Afrika-nasionalisme en pan-Afrikanisme en dat die party ʼn tuiste is vir almal, insluitend vryheidsvegters, werkloses en godsdiensgroepe.
Mashatile: ‘Ek het niks verkeerd gedoen’
Adj.pres. Paul Mashatile erken dat sy paaie al met vermeende staatskapers gekruis het. Hy ontken egter dat hy gereeld by dié sakemanne se herehuise tuisgegaan óf hom aan wangedrag skuldig gemaak het.
‘Staatskaping 2.0’ – Mashatile én Mbalula by OB verkla
Fikile Mbalula is nou saam met Paul Mashatile in die nuus nadat die vrou van die voormalige bedryfshoof van die nasionale loterykommissie, Philemon Letwaba, beweer het dat sy vir hom geld geleen het.
Mashatile by OB verkla
Rise Mzansi sê die adjunkpresident het op sigwaarde hom skuldig gemaak aan ernstige oortredings van ten minste die Grondwet, sy ampseed én die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag.
Mashatile moet ‘dringend aandag gee’ aan staatskaping-bewerings
Mashatile is versoek om dringend aandag te gee aan die ernstige bewerings dat hy verbintenisse en geldelike belange het met diegene wat daarvan beskuldig word dat hulle openbare hulpbronne geplunder het deur staatskaping en korrupsie.
Einde van Ace se ANC-pad
Die eens invloedryke leier is vroeër skuldig bevind dat hy die ANC in oneer gebring het nadat hy, sonder magtiging, probeer het om pres. Cyril Ramaphosa uit die party te skors.
SOE kom vir Vrystaatse premierskantoor oor studiebeurse
Die ondersoek sal fokus op die kantoor se goedkeuring en toekenning van studiebeurse in die 2017-’18-boekjaar aan persone wat nie geregtig was op die beurse nie of op ’n wyse toegeken is wat strydig is met die toepaslike handleidings, beleide, prosedures, voorskrifte, instruksies of praktyke van die kantoor van die premier.
Ace skuldig bevind aan wangedrag
Magashule het hom aan wangedrag skuldig gemaak toe hy daardie skorsingsbrief twee jaar gelede aan pres. Cyril Ramaphosa gestuur het.