“Die gevoel van die reeks gaan dieselfde bly: lag met ’n traan …”
Alles vir die sleutelwoord "kykNET"
Sepiegids: Karla kry nagmerries in ‘Diepe waters’
Die vonke spat tussen Rachel en Des Galant in ‘Arendsvlei’ en in ‘Binnelanders’ vind Steve uit wie sy idee gesteel het.
Geen tyd vir stilsit vir onblusbare rissiepit Rika Sennett
Die veteraanaktrise Rika Sennett gesels oor haar jongste sepierolle, haar debuut in Snip en Rissiepit en haar reuse- groen tuin waar sy kan asemhaal.
‘BSV’: Boer Francois se besluit wéér vir hom gemaak
“Ek wou nie verneder voel as hy iets sê wat ons altwee eintlik klaar weet nie.”
‘Dit voel soos familie’, sê Anel oor terugkeer na ‘Binnelanders’
“Nina se rooi kapsel gaan dalk binnekort ʼn gedaanteverwisseling moet ondergaan om plek te maak vir nóg een van my vorige karakters,” het die aktrise knipoog oor ‘Semi Soet 2’ bygevoeg.
Eric Nobbs se kykNET-karakter leef voort
Chris vertolk die rol van Frans, ’n geliefde karakter in die reeks wat voorheen deur Eric vertolk is.
Sepiegids: Desmond Galant is terug in ‘Arendsvlei’
In ‘Binnelanders’ word Annelize se hart twee keer gebreek en Conrad is geskok oor die verlowing, en in ‘Diepe waters’ lewer Sanet se AA-vergadering ‘n verrassing op.
Luister: ‘Mooiweer en warm’-rol Liam se gunsteling tot dusver
Liam Bosman is bekend as die ywerige swemmer, Johan Swarts, in die kykNET-reeks “Diepe waters”, maar dié jong akteur geniet dit om nou kykers se lagspiere bietjie te laat oefen as Dirkie in “Mooiweer en warm”.
‘BSV’: Deelnemers maak van naderby ogies
“Ek is 23. Ek het nie ingeskryf vir klein geskenkies en TV time nie, want ek hou van standvastigheid. Ek hou van ʼn verhouding. Ek wil trou, ek wil kinders hê. Dis my doel in die lewe.”
Marisa, Geon leer by nuwelinge in ‘Mooiweer en warm’
“ʼn Mens sê altyd jy leer by die ouer garde en ek leer elke keer by hulle, maar dan leer ʼn mens net so veel by die jonger spelers.”
Sepiegids: Angie worstel met Lillian se skokonthulling in ‘Suidooster’
In ‘Binnelanders’ word ‘n verloofring aangeskaf en in ‘Diepe waters’ sukkel Anja met haar gewete.
Propvol program wag op kykNET Buite Ekspo-besoekers
Vier gelukkige Maroela Media-lesers staan ʼn kans om elk twee dagbesoekerkaartjies na dié ekspo te wen. Skryf nou in!
‘BSV’: Boere nog geheimsinnig oor hul keuses tydens familiekuier
“Om nie te weet waar ek staan nie, is irriterend.”
Jong akteurspaar steel harte in ‘Mooiweer en warm’
“Jy hoop altyd dat dit werk wanneer jy teenoor iemand speel, en hier het dit beslis gewerk.”
Vyandige familiedrama te sien in nuwe telenovela
Dié nuwe program is van Maandag 20 Maart af op die kassie te sien en dien as plaasvervanger vir die gewilde ‘Kind van die Noodlot’, wat ná 148 episodes op 16 Maart tot ʼn einde kom.
Sepiegids: Groenoog-monster steek kop uit in ‘Binnelanders’
In “Diepe Waters” word ʼn groot geheim onthul en in “Suidooster” bereik Bianca breekpunt, al hou sy vol dat sy oukei is.
Deon Lotz, Ira Blanckenberg vir tweede keer kassie-egpaar
“Daar kom nog heelwat drama, lag en trane – moet beslis nie ophou kyk nie.”
Sepiegids: Asems opgehou oor vaderskapstoets in ‘Diepe waters’
In ‘Binnelanders’ speel Tracy nie oop kaarte met Tertius nie, en in ‘Suidooster’ vind Bianca uit dat Carmen kraam en wonder hoe dit Kaashifa gaan beïnvloed.
SA se eie Tarzan laat nie sy Hollywood-drome ontspoor
DeWet du Toit, oftewel Suid-Afrika se eie Tarzan, gesels oor sy grootwordjare saam met sy tweelingbroer op plase in Afrika, en hoe sy liefde vir diere en fiksheid saamgesmelt het om uiteindelik Tarzan te word.
‘BSV’: Boere, vroue flankeer, leer mekaar ken
“As jy maatjies maak is dit ʼn bonus, maar dit is nie waarvoor ons hier is nie. Ons is nie hier om maatjies te maak nie.”