Die Noordwes-Universiteit (NWU) het kontakklasse op sy Potchefstroomkampus vir minstens die volgende week opgeskort weens die waterprobleme wat in die dorp en omliggende gebiede ervaar word.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "NWU"
Shaun Christie nie weens geloof geskors, sê rektor
“Die universiteit respekteer verder ons trotse godsdienstige erfenis solank hierdie respek nie die idee skep dat ons ʼn openbare hoëronderwysinstelling slegs vir Christene is nie.”
NWU-student ‘gekasty oor hy opstaan vir wat hy glo’
“Ons vertrou egter dat die onafhanklike voorsitter van die dissiplinêre verhoor objektief na elke faset van Christie se saak sal kyk en ook Christie se grondwetlike reg tot vryheid van uitdrukking sal oorweeg.”
NWU-student se verhoor uitgestel
Dié senior student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is vroeër vandeesmaand tydelik geskors na aanleiding van sy openbare beswaar oor die inhoud van ʼn sessie by ’n oriënteringsgeleentheid.
Vyf klagte teen NWU-student wat ‘LGBTQIAP+-sessie ontwrig’
“Die poging om ʼn aanklag van wangedrag nou selfs tot die veel ernstiger klag van haatspraak uit te brei, is onaanvaarbaar.”
NWU-student geskors wat ‘LGBTIQA+-sessie ontwrig’
“Die student se optrede het ontwrigting en verwarring onder die studente veroorsaak en ʼn groot deel van die gehoor het die verrigtinge verlaat.”
NWU gemaan oor beloning van diskriminasie teen wit werknemers
“Jy kom slegs in aanmerking vir ʼn bonus indien jou afdeling streng aan die onbuigsame voorgeskrewe rassedemografiese kwotas voldoen.”
Hiperteks-digkunsprojek opgeneem in internasionale uitstalling
Die Byderhand Karootuinverse-installasie is deel van die brailleroete wat in September 2022 in dié botaniese tuin in Worcester bekendgestel is.
Hardloop is Adele Broodryk se energie-inspuiting
“Moet nooit opgee op jou drome nie; al raak jy beseer, al klim jy nie in posisie soos jy graag sou wou nie. Hou vas aan jou drome.”
Gemeenskapsbetrokkenheid nodig om kubermisdaad te knak
“Eens op ʼn tyd was dit makliker om misdadigers uit te ken, maar nou kan dit enigiemand wees omdat skelms agter skerms skuil.”
‘Ek is nou net ʼn gewone student’
“As ek die tyd kon terugdraai, sou ek presies dieselfde gedoen het,” vertel Beàtha Groenewald ʼn week nadat sy as sekretaresse van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampusstudenteraad (KSR) bedank het.
SR-lid bedank kort ná NWU skorsing ophef
Beàtha Groenewald voer aan dat sy kort ná haar heraanstelling in kennis gestel is dat ʼn tweede mosie van wantroue teen haar ingestel word.
NWU maak U-draai oor SR-lid se skorsing
Beàtha Groenewald is weer terug in haar posisie as studenteraad-sekretaris van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus.
Regstappe dreig ná SR-lid se skorsing
“Die waarheid moet uitkom sodat haar reputasie in ere herstel kan word.”
Stemboodskap oor Christene by NWU ‘nonsens’
Talle mense was Donderdag warm onder die kraag ná bewerings dat studente nie hul Christenskap op die NWU se Potchefstroom-kampus mag uitoefen nie.
SR-lid geskors ná sy glo ‘te wit’ koshuise verdedig
Beàtha Groenewald voer aan dorpskoshuise is verlede week tydens ʼn vergadering van die kampusstudenteraad daarvan beskuldig dat hulle nie “divers genoeg” is nie.
‘Dorpskoshuise nie weens ras uitgesluit’ – NWU
Die Noordwes-Universiteit het kort ná die voorval met die studenteraad (SR), die betrokke koshuisouers en huiskomiteelede (HK) geskakel om agter die kap van die byl te kom.
Gereformeerde Kerke verbreek bande met NWU
Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika en die Noordwes-Universiteit is al lank in onderhandelinge gewikkel oor die formele verhouding tussen die partye.
Hulle wil nie minder Afrikaans hoor, hulle wil minder Afrikaans sien
Dit is baie belangrik om die gebeure wat vandeesweek ná die Karlien-dinee afgespeel het in ʼn groter konteks te plaas.
NWU moet primaria se ‘skorsing’ verduidelik
Die gewese primaria se regspan voer egter aan sy is nie geskors nie en sê haar termyn het bloot in die normale loop tot ’n einde gekom.